Mark Boucher groet krieket finaal

Boucher net ná sy besering. Foto: @nealcol/Twitter

Mark Boucher, ʼn voormalige paaltjiewagter van die Proteas, het Woensdag gesê hy het die lens, iris en pupil van sy linkeroog verloor.

Boucher het onlangs ʼn besering aan sy linkeroog opgedoen nadat ’n dwarsbalkie hom in die oog getref het.

Hy het vandag tydens ʼn perskonferensie gesê dit is onwaarskynlik dat hy weer aan professionele krieket gaan deelneem.

“Ek het die afgelope drie weke twee groot operasies ondergaan en vier bloeddreineringsoperasies. Fisies, by tye, was ek in baie pyn,” het hy gesê.

Hy sê voorts dit is onwaarskynlik dat hy ook aan plaaslike krieket gaan deelneem. “Die risiko om addisionele skade aan my linkeroog of selfs skade aan my ander oog aan te rig, maak dit net nie die moeite werd nie,” het hy gesê.

–       Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.