Mark Fish se uitlatings lei tot herrie op sosiale media

Mark Fish. Foto: Facebook.

Die voormalige Bafana Bafana-verdediger en lid van Neil Tovey se span wat die Afrika-nasiesbeker in 1996 gewen het, Mark Fish, het ’n storm op sosiale media onketen.

Dít volg nadat die 46-jarige van ’n omstrede twiet gehou het wat onder meer aanvoer dat die Springbokkaptein Siya Kolisi ’n BEE-aanstelling is.

Fish is daarna deur ’n sosialemedia-gebruiker uitgedaag om sy mening oor die Black Lives Matter-beweging uit te spreek, waarop hy met ’n eenvoudige “All Lives Matter” geantwoord het.

Hy moes daarna bontstaan om kommentaar op sosiale media te keer.

Die kletsrymer Cassper Nyovest het gesê dat dit ’n dom ding was om te doen en dat Fish sy naam skade aangedoen het.

“Jy is een van die gewildste sokkerlegendes en jy besluit om só onverskillig op te tree,” het Nyovest gesê.

“Hoewel om ‘All Lives Matter’ te sê jou nie noodwendig ’n rassis maak nie, maak dit jou wel onkundig. Gaan lees daaroor en voed jouself op,” het Nyovest voortgegaan.

“Ek is jammer as ek aanstoot gegee het. Ek is beslis nie ’n rassis nie, maar ek glo in alle mense; dus maak alle lewens saak. Maak nie saak wat jou verlede is nie, konsentreer op vandag en op die toekoms,” het Fish op Twitter reageer.

Fish het onder meer sokker vir Orlando Pirates in Suid-Afrika en vir Lazio in Italië gespeel. Dan was hy ook vir ’n paar seisoene in aksie vir Bolton Wanderers en Charlton Athletic in Engeland.

“Ek weet wie ek is en waarvoor ek staan: Ek is nie gelykvormig aan hierdie wêreld nie en ek het al meer dinge as ander gesien. Dit is waarom alle lewens saak maak; ek het nog nooit kleur gesien nie.”

Fish het ’n belangrike doel in die kwarteindstryd van die 1996-toernooi teen Algerië aangeteken. Hy het uiteindelik 62 wedstryde vir Suid-Afrika gespeel.

Hy het gister en vandag op sy amptelike Twitter-rekening gesê dat hy die wêreld deur God se oë sien en slegs voor God sal kniel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Racheltjie Debeer ·

Dankie, Mark Fish, dat jy opstaan vir jou geloof en vir dit waar in jy glo en jou nie laat onderkry deur wat die wêreld van jou mag dink nie.

AmY ·

Baie dankie Mark. Ek het nou baie respek vir jou gekry.
Ek buig ook net voor een Man, en dit is God.
Dankie dat jy opstaan vir ALL LIFES MATTER.

Wielspore ·

Stem so saam met Mark Fish en haal graag se woorde aan:
All lives matter, hy sal net sy knie buig voor sy God en Ek weet wie ek is en waarvoor ek staan.
Well said!

Renee ·

Is die beste artikel in maande en n’ baie positiewe denke .
Vir almal is die blm nie tersprake nie maar wel all lives matter en geloof is al wat ons het om aan vas te klou. Trots op jou

Venter ·

Mark Fish jy is n Man om op te staan vir die Vader jy sal Geseend wees Amen

Amanda ·

Ek het altyd van Mark Fish gehou, omstredenheid en al en nou het my respek vir hom vermenigvuldig!

Scalla ·

Laat n sokker speler met karakter en van aansien dit kan raaksien en dit noem is mos n sprekende voorbeeld van die probleem, dankie Mark vir die waarheid, jy het beslis nie onverskillig opgetree nie, wens meer wil dit doen.

Oudste ·

Ek staan saam met jou Mark. Weet, jy is nie alleen nie, Hy, alleen Hy is waardig om voor te kniel.

'n Simpelman ·

Well done Mark. You not alone.
Terry Cruse, George Barkley and others with you
Do not let lefties high jack your principles.

I bend my knee with you only to our farther in heaven.

Aai ·

Give that man a bells sorry pynappel bier.Goed gese en gedoem Mark trots op jou.

Isabella ·

Mark mag di Here jou seën mut asb nooit afwyk van jou oortuiging in jou God jy ht reg opgetree in jou geloof …dankie dat jy uitgestaan ht All lives matter want ek sien ook ni kleur mar God se skepping in alle mense…ek ht respek vr jou want jy gee ni voor soos meeste hul siele sal verkoop om IN TE WEES mar in hul harte voel hul dieselfde…wees wat jy is en leef dt uit ons is nie hier om mense behaers te wees mar om God te verheerlik dan sal di wereld n HELE ANDER PLEK wees …vrede vreugde liefde

Rudolf ·

Nog nooit werklik `n aanhanger gewees nie, maar groot respek vir sy manhaftige standpunt.

houopkruip ·

Stem 100% saam met Mark.
My vraag is dit : hoekom kan die meeste Afrikaners en veral Afrikaanse pers en TV nie meer ruggraat wys en ERNSTIG standpunt innneem nie ?
Meeste van die Afrikaanse pers, Afrikaanse TV en media en invloedrykes soos Afrikaner biljoeners wat so vrylik geld skenk aan die ANC walg ons met hulle politieke korrektheid.

Jack ·

Die Afrikaanse pers het, met sekere uitsonderings, deel geword van die links-sosialistiese aanslag op westerse judeo-christelike waardes. Dink maar net hoe sekere koerante, bv Rapport, Beeld , die knie gebuig het voor die huidige regering om advertensie inkomste deur kwaad te stook teen blankes.

houopkruip ·

……….. vergelyk nou Mark Fish se standpunt met francois pienaar s”n ………..

Pierreli ·

francois pienaar skryf mens met klein letters. Hy verdien geen respek nie, net soos ons president cyril.

Cornrit ·

Ek stem 100% saam met Mark Fish. All lives matter. Te veel rassiste wêreldwyd, aan alle kante.

Phil ·

VIVA Mark Fish VIVA – Hier is n man wat opstaan vir sy Geloof en nie vir mense nie. #alllivesmatter #bowbeforegodandnotman

JN ·

Ja nes Jesus toe praat jy nou die waarheid en die heiden kruisig jou…Dit is n oorlog..Goed teen sleg..Ek lig my hoed vir jou Mnr Fish..

MakersMark ·

Uitstekend Mark Fish, jy buig NIE jou knie voor swart afgode nie. Slaprug Pienaar, Smith, Smit, de Villiers en Du Plessis bly stil daar gaan ‘n man verby.

Michael ·

Die spreek se Gee die man n bells en stem saam met en is trots dat ons nog mense soos jy het.

JohanR ·

Het ons gekom by ‘n tyd in die wereld waar jy as ‘n individuele nie meer jou eie opinie mag he nie, maar die word vir jou voorgeskryf wat jy moet dink en se? As die ou vir jou se BLM is belangrik, en jy se maar ALM, dan pluk hy ‘n mes of geweer uit en eindig jou lewe. Ek het miskien nie saam met almal oor ‘ heen en weer praatjies” saamgestem nie maar ons het “agree to disagree” maar nooit mekaar aangeval nie. Jy word selfs in SA lelik aangeval as jy nie jou knieg buig nie. Respek Mark Fish…..een van die eerstes wat se van BLM….genoeg is genoeg!

Porseleintjie ·

Maroela stuur die artikel vir ou cyril. Duidelike vb van hoe en waar om die knie te buig.

Cassie ·

Mark fish You are so right, all lives matter . for one if you think only some do then that person is the racist.

Jackie ·

Miskien moet die kletsrymer hom by sy beroep hou eerder as om BLM in iemand wat heelwaarskynlik meer intelligent as hy is se keel probeer af forseer nie

Belinda ·

Vir jou Mark like ek baie……jy het ten minste genoeg guts gehad vir jou opinie…..

Annelize ·

Dankie baie Mark! Ek deel jou sentiment.

Ek was nou die dag ook gebrandmerk as rassis op FB omrede ek staan by “All lives matter” As mense so kortsigtig wil wees, dan is dit nou maar regtig hulle probleem, ek kruip gat by niks en niemand nie, en Politieke korrektheid het my nog nooit aangestaan nie.

marius ·

Waarom braak hierdie mense so gal teen enige iemand wat verwys na “All Lives Matter ” ? Want dit pas hul doelstellings glad nie . Dis die waarheid .

Jack ·

BLM is net die vaandel waaronder die kommuniste en sosialiste onnadenkende mense opsweep om alles wat deur die christelike westerse beskawing oor eeue tot stand gebring het verdag te maak, omver te werp en totaal af te breek. Dit is gebaseer op afguns, ‘n gevoel van minderwaardigheid en onmag.

Hennie ·

Sommer baie respek vir Mark gekry. As hy nou nog vir Bafana Bafana gespeel het sou hy seker iets anders gesê het….

Niklaas ·

Mark, ek ken jou skaars, maar jy het beslis ” guts” en ruggraat en ongelukkig kan ons dit nie meer sê van Pienaar en Kie nie. Ek salueer jou.

Yolandie ·

Good for you Mark Fish. ‘n Man met ruggraat en ‘n identiteit. Hierdie Black Lives Matter storie is nou besig om verband uit te ruk. Finish en klaar!!!!!

Jakes ·

Pragtig Mark. Dis hoogtyd dat prominenete mense ook by hul waardes staan en dit uitbasuin. Die BLM beweging in SA het totaal n politieke geur en min met geregtigheid te doen.

Yolandie ·

Internasionale sportman met ruggraat, wat opstaan vir waarin hy glo. Tien uit tien vir jou Mark! Well said Finish en klaar!!!!

Hoekom ·

Sekerlik, het hierdie ondersteuners van BLM nog nie die berig gelees oor die swart man, ene Isaiah Jackson van ohio amerika, wat sy knieg op ‘n 2 jarige wit seuntjie se keel sit nie, dit terwyl hy BLM loof op kamera vasgevang…

Gemaskerde Sopbeen ·

Eerstens dankie Mark.
Ek kry WhatsApp van kennis na aanleiding van BLM en Siya Kolosi se uitspraak. Kortliks die volgende. Siya is swart, sy vrou is wit. So, kom ons neem aan dat hulle kinders dus kleurlinge sal wees. Wie se lewe maak dan saak?
Kan die Kaptein ons dalk leiding gee?

Gert ·

Mark baie dankie Suid Afrika is trots op jou want ” All lives matter”

Tokkel ·

Dankie Mark Fish dat jy opgestaan het in dit wat saakmaak. Ek haal my hoed vir jou af dat jy nie soos sommige sporthelde as mens hul so kan noem die knie buig voor druk en roem nie. Ons sal saam met jou staan vir jou /ons oortuigens! Prys die Vader dat daar mense soos jy is wat kan sterk staan ingeloof!

Net ek ·

Wow, nou het ek sommer respek vir die man. Buig die knie net voor die Skepper van Hemel en aarde en niemand of niks anders nie. Well done Mark Fish.

Blikkies ·

Ek kan nie meer se wat die ander nie reeds gese het nie, maar ek moet. Dankie Mark Fish. Jy staan op vir iets. Soos Winston Churchill gese het ‘ As jy vyande het, beteken dit jy het vir iets in jou lewe opgestaan” Dankie weer Mark Fish.

Jacobus ·

Jip, keer op keer word die waarheid se mond gesnoer. Wat ‘n patetiese situasie. As ‘n rits sportlui soos opwen morone optree is een glimmer gesonde verstand skielik ‘n probleem. Probleem is eintlik dat daai knieloop die doodsklok lui vir talentvolle jong mense. Hou maar dop – dit gaan die laaste boksie word wat ge-tick word by spankeuse. Wat ‘n volslae skande!

Pierreli ·

Mark Fish. Bly ons dien dieselfde ware God! En nie die een van die wereld nie. Ek haal my hoed vir jou af!

Lorette ·

Mag Vader jou ryklik seën en beskerm teen almal wat jou wil aanval omdat jy Hom kies bo alles.

TO ·

I salute you mark fish to take a stand that all lives matter and that you only have to kneel before a living God.

Venetia ·

Mark, ek het die wêreld se respek vir jou en dat jy by jou standpunt staan, want All Lives Matter!

Manie ·

We Done Mark, Be blessed in GOD for standing strong in your belief!!

Adeline ·

110 uit 100 sommer bree bors trots op jou Mark Fish…. Baie dankie vir jou standpunt wat ook myne is… stunning!!

damdifudodamdifudont ·

Ware respek vir ‘n ikoon in die sportwêreld wat nie beïnvloedbaar is en die politieskorrekte indees van die hedendaagse sportlui kies nie, maar standpunt inneem en sonder steen des aanstoots sy geloofsoortuigings bekendmaak. Hy is sowaar ‘n voorbeeld vir baie wat noodgedwonge teen hul werklike oortuigings besluite neem ter wille van populariteit. God seën him ryklik.

Maroela Burger ·

Mark jy aanvaar sport as ‘n ontspanning medium en nie as ‘n politieke agenda of propoganda platvorm om jou mede burgers te verdeel nie. Dit kos meer persone soos jy en bewys net weereens dat in alle rasse daar tog persone is wat die weklikheid erken. Hou so aan.

Meyndert ·

Pragtige jong man met ruggraat en waardes. Dankie Mark dat jy jouself handhaaf en hou by jou beginsels wat ookal die druk om toe te gee. Die goue reel in die lewe is dat ongeag jou eie gevoel en oortuiging, jy altyd regverdig moet wees en bly. Jy kan haat, jy kan ongelukkig wees oor iemand se optrede en jy kan wens om wraak te neem, maar, jy moet regverdig bly. Mens glo in die lewe en die reg om te lewe van elke skepping van God of jy glo nie daaraan nie, dit is nie iets wat selektief toegepas kan word nie. ALL LIFES MATTER AS MUCH AS BLACK LIFES MATTER.

Maria M S ·

Mark Fish, baie dankie dat jy opstaan vir jou geloof; dit plaas jou in dieselfde liga as Israel Folau, ons gebede vergesel jou en alle openbare figure wat soos jy voel en die ruggraat het om openhartig en in die openbaar daaroor standpunt in te neem en dit teen n groot, liberale oormag!????????????????

Tinus ·

Dankie Mark! Jy is so reg! Mense se opinies tel nie vir Christene nie….

Robert Sydney ·

Mark jy is een van die min sportmanne wat by jou beginsels en geloof gehou het. Dankie daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.