Mark Lamberti bedank uit Eskom-raad

Mark Lamberti (Foto: Facebook)

Mark Lamberti, uitvoerende hoof van die Imperial-groep, het Saterdag uit die Eskom-raad bedank.

Khulu Phasiwe, Eskom-woordvoerder, het dié nuus aan Maroela Media bevestig.

Phasiwe het Saterdag aan Maroela Media gesê Pravin Gordhan, die minister van openbare ondernemings, het die Imperial-hoof se bedanking aanvaar. Gordhan het volgens hom gesê Lamberti se bedanking is ʼn bewys dat Lamberti die Eskom-raad, die maatskappy en Suid-Afrika bo alles gestel het.

Lamberti se bedanking kom kort nadat die Noord-Gautengse hooggeregshof hom skuldig bevind het aan diskriminasie nadat hy vroeër na ʼn senior en ervare vrouepersoneellid as “ʼn vroulike gelyke indiensnemingskandidaat” verwys het.

Regter Pieter Meyer het bevind dat Adila Chowan, nou nié meer werksaam by die maatskappy nie, se waardigheid wel aangetas is deur Lamberti se opmerking en dat daar wel teen haar gediskrimineer is op grond van haar ras en geslag.

Die Black Business Council (BBC) en die EFF is enkele van die liggame wat geëis het dat Lamberti se kop moet rol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Avra ·

Goeie genade. Moet ALLES deesdae in die hof draai…. Belaglik

Schalk ·

En erger misdade neem jare om afgehandel te word waar geen eerbaarheid ter sprake is nie. Die stelsel is gister weer bewys bevoordeel net sekere mense

jaco ·

dit was n baie onvanpaste grap wat hy teenoor hierdie vrou gemaak het. dit was ook nie snaaks nie. al weet jy wat die waarheid is, moenie sulke lelike goed vir mense sê nie, VERAL nie as jy wit is nie. wit mense moet NET hulle monde hou, al is die onreg ook hoe erg. daar is die wit boere van Zimbabwe almal weggejaag en hoekom: oor daar bewyse was dat sekeres van hulle, waarskynlik die minderheid, die opposisie MDC gehelp finansier het. vir 20 jaar lank, sedert 1980, het dit egter goed gegaan met hulle, want hulle het by n ongeskrewe ooreenkoms gehou wat Mugabe met hulle gehad het: you stay out of politics and I will take care of you”.
Dis uitsprake en optredes soos dié van Lamberti wat ALLE wit mense later ‘n sleg naam gee. uiteindelik word ons dan almal “gestraf” omdat die minderheid onder ons nie hulle monde kon hou nie.

EE ·

Ja ek verstaan ook nie, daar is dan gepubliseerde indiensnemingteikens vir werkgewers wat hierdie terme bevat?

Jan britz ·

Ek dink hy is gewoon gatvol vir nuwe Suid Afrika! Jammer dat ons iemand met sy kundigheid moet verloor oor sulke snert. Wie kom nou in sy plek? Dalk iemand van die ou bestuur! Behoede ons land.

dejager ·

Die gedagtepolisiestaat het wettig ontslae geraak van die enigste lid van die Eskomraad wat na my mening genoeg kundigheid vir sy pos gehad het.
Ek voorspel nog baie swaar tye vir Eskom.

Eish ·

Die blindesambok slaan diep en wyd.
Langenhoven het gesê leen jou oor uit aan hom wat n mond het, maar moenie jou mond uitleen aan hom wat n oor het nie.
Daar is nie n manier dat die paddapot sonder smart en lyding gaan gaarword nie.

Koos Bronkhorst ·

RSA kort top tegniese mense. Op hierdie manier gaan ons agter uitgaan want mense kan nie altyd korrek praat nie.

Yankee ·

Koos, top tegniese mense verlaat Suid-Afrika in massas !! Wie gaan hulle vervang? Wie in die ganse eerste Wereld gaan pak om soontoe te kom? Niemand!! Julle ouens wat agterbly is op jul eie. Sorry man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.