Mark Minnie se kinders glo hy het die sneller getrek

Mark Minnie jnr. by sy pa se foto. Foto: Raahil Sain / ANA

Die kinders van die voormalige polisiebeampte en medeskrywer van die omstrede boek Die seuns van Bird Island het Vrydag by hul pa se gedenkdiens gesê hulle glo hul pa het die sneller getrek en sy eie lewe geneem.

Mark Minnie, ʼn oudspeurder van die Port Elizabeth-polisie se dwelmeenheid, het saam met Chris Steyn, ʼn voormalige ondersoekende joernalis, dié boek geskryf wat vroeër vandeesmaand bekendgestel is.

Skaars twee weke later is Minnie dood gevind met ʼn skietwond aan sy kop en ʼn vuurwapen langs hom. ʼn Selfdoodbrief is ook op die toneel gevind.

ʼn Gedenkdiens is Vrydag om 12:00 in die NG Kerk Port Elizabeth-Wes se kerksaal vir Minnie gehou nadat hy verlede week dood aangetref is op ʼn vriend se kleinhoewe in Theesecombe. Minnie is Donderdag tydens ʼn private diens veras.

Sy diens is onder meer deur sy familie, vriende en voormalige kollegas bygewoon.

Minnie se seun, Mark Minnie jnr., het tydens die diens ʼn emosionele huldeblyk gelewer.

“Ek sal jou elke dag mis en ek is lief vir jou met my hele hart. Ek hoop dat jy in jou laaste oomblikke, in jou laaste asem toe jy daar gestaan en die sneller getrek het, geweet het hoeveel ek jou lief het en respekteer. Dis al waarvoor ek kan hoop,” het hy gesê.

Hy het gesê met die verlies van sy pa voel dit of hy “naak, ontbloot en buite gelaat is om dood te gaan” en dat hy nooit in sy lewe so baie pyn ervaar het nie. Hy het sy pa beskryf as sy rots wat baie vir hom opgeoffer het.

Mark het gesê sy pa was nie ʼn lafaard nie.

“Ek sal nooit ten volle verstaan nie, maar ek respekteer pa se besluit. Sommige mense sê dat selfdood die maklike uitweg is vir lafaards, maar ek staan vandag hier en sê dat my pa nie een was nie. Hy was verreweg die sterkste persoon wat ek ooit die eer gehad het om te kon ontmoet. Hy het gelewe vir sy kinders. Daar was niks wat hy nie vir ons sou doen nie. En vir hom om ons soos dit te verlaat, was sekerlik die moeilikste ding wat hy ooit moes doen.”

Hy het gesê toe hy sy pa se liggaam gesien het, het hy geglo sy pa het vrede gehad. “Sy oë was die blouste blou, mooier as die lug of die oseaan,” het hy gesê.

Minnie se dogter, Brooklyn, het ook ʼn huldeblyk gelewer. Sy het haar broer se sentiment herhaal en gesê sy respekteer ook haar pa se besluit.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het vroeër gesê die handgeskrewe selfmoordbrief is deur ʼn handskrifkenner ontleed wat bevestig het dat Minnie dit geskryf het.

In Minnie se laaste brief sê hy dat hy moeg is en uitsien na ewige rus. Die res van die brief is aan sy familie gerig.

Aan Steyn het hy geskryf:

“Die jammerlike krete van die seuns van Bird Island spook die afgelope 31 jaar by my.

Uiteindelik is hulle storie bekend.

Chrissy, moenie nou opgee nie. Jy is amper daar.

Geen staatsamptenare wat jou hierdie keer verhinder om ondersoek in te stel nie.”

Minnie en Steyn beweer in Die seuns van Bird Island dat drie voormalige ministers van die Nasionale Party in die 80’s by pedofilie betrokke was.

“Dit was Minnie se laaste wens dat slagoffers en mense met meer inligting na vore sal kom en dat daar ʼn behoorlike ondersoek sal wees,” het Steyn vroeër die week in ʼn verklaring gesê. “Hy wou hê die stemme van die slagoffers moet gehoor word. Kom ons maak sy laaste wens waar. Enigiemand met inligting oor die seuns van Bird Island kan ʼn e-pos aan ons stuur na [email protected].”

Die polisie het vroeër gesê geen vuilspel word vermoed rakende Minnie se dood nie. Van Minnie se familie en vriende glo egter nie dat hy sy eie lewe sou neem nie. Die polisie is steeds besig met ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

JAN ·

Die mooiste seun !! Ai!
Ons kosbaarste skatte is in Angola ge-offer. Wanneer daar nie meer trane is nie.
Waaroor Joan Sutherland so eksoties weeklaag in Casta Diva (huismoeder) van Bellini. Ń gebed vir seuns wat diensplig moet doen.
Luister gerus .
Die mooiste musiek ooit.

Hennie ·

Mmmm, geen vuilspel, vreemde vuurwapen, Minnie wat Chris Steyn aanraai om aan te hou “want sy is amper daar” en volgens ingeligtes was hyself opgewonde oor nuwe inligting wat hy bekom het maar hy het intussen sy eie lewe geneem? Het die kinders nie dalk gese onder wie se dreigement hulle “glo” hy het sy eie lewe geneem nie?

Daniel ·

Hennie, as jy jouself glo, behoort jy Sneeuwitjie, Die 3 Varkies en Goue Lokkies ook te geniet. Stuur groete vir die paashaas en sinterklaas as jy hulle raakloop

Sommer ·

Ek wil jul aanraai om Chris Steyn se FB blad en van haar plasings en van haar ‘vriende’ se kommentare ook te bekyk… Kyk, toe ek die artikel van Chris op Maroela Media sien het ek net weer besef dat sy uit ‘n ander speelveld speel en leuens vertel, terwyl sy self erken het, asook hul publiseerder, dat Minnie aan haar die boodskap gestuur het wat maar baie steek dui dat hy haar gegroet het. Sy kinders besef dit ook. Dit is ook bekend dat die boek hoofsaaklik bestaan het uit ‘hoorsê’. Hierdie boek word aangevuur deur ‘n Kommunistiese, Liberale agenda. Vergewis julself. En onthou: die Liberale Media speel saam om diesulkes soos Chris te propageer.

Wonder maar net ·

Ek se nie hy is ‘n lafaard nie, maar hoekom so ‘n kan wurms oopmaak en dan nie bereid wees om dit deur te voer nie. So al wat jy wil doen is alles en almal om jou seermaak met jou aantuigings en dan die pad vat. As jy nie bereid was om die gevolge te dra van jou woorde nie, moes hy nooit die boek geskryf het nie.

Alida ·

Ek stem hy moes mans genoeg gewees het om die gevolge van sy onbevestigde twak wat hy kwytgeraak het in die gesig te staar. Die kinders en kleinkinders van die sogenaamde “skuldiges” ly nou daaronder.

Erica ·

Ek het nou gesit en huil soos ‘n Baba. Ek voek die Seer, die fut en moegheid vir “Veg vir die Waarheid & Geregtigheid”. Ek is tans in dieselfde Bootjie. RIV Ou Maat! ! ! God SAL jou vergewe en ek Glo met my Hele Hart dat jy rustig en tevrede is en Weet Die Waarheid Sal Seevier. RiV maak solank my plekkie Reg. Eendag as ek my baklei vir Diere Beskerming en EERLIKHEID & REGVERDIGHEID Klaar baklei het sal ek by Jul aansluit. Ek kan se ek weet hoe Bitter Bitter swaar was om So Ver te kon gaan. Jy was nie ‘n Lafhard nie maar ‘n Aktivis, Vegter, Sterk Ou wat net Moeg Moeg Moeg!!!! Geraak het vir die Nare Wereld met sy nare mense ……….. RiV ++++

JAN ·

Erica is nie alleen nie. Verwoerd se moord was inderdaad die begin van ń staatsgreep. 50 jaar se burgeroorlog lite .
Moet nie verwag dat hierdie bedenklike voorbeeld deur die swartes gevolg sal word nie.

susan ·

Die ou regering was die ” un touched able” generasie. Net vir hulself en hul familie gesorg vir regte poste.

Ben ·

Daar was goeie mense en slegte mense. Onskuldig tot skuldig bewys. Waar is die bewyse – slagoffers en helikopter vlieeniers.. ?

Lerato ·

As ‘n liberalis een is wat opkom vir verkragte kinders, dan is ek met trots
‘n liberalis.

Soveel beweer dat die kinders eerder moes gepraat het. Sommige verkragte kinders praat nooit.

So praat van die vroue wat glo deur ‘ n bekende komediant in 1969 verkrag is, nou eers.

Callie ·

Jy veg nie n geveg en as jy op op drumpel staan om te wen pleeg jy selfmoord nie. Tensy jy agterkom jy het lewens vernietig en die som werk nie meer nie. Sy partner moet nou uithaal en wys of, waar gaan sy heen. Moet nooit op iets anders as feite werk nie

Jax ·

Hier is soveel meer aan die verhaal as wat die oog sien en die oor hoor. Ek het n gevoel dat goed gesê en gedoen word vir redes wat mettertyd bekend sal raak.
Ek hoop meer getuies kom na vore. As iemand wat self deurgeloop het as n jong mens ( genadiglik nie in hierdie bg geval nie), hoop ek die seuns kry geregtigheid.
In my geval, is die te kompliseerd – ek het geen keuse as om dit alleen graf toe te dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.