Mark Shuttleworth wil appèl aanteken

Mark Shuttleworth

Mark Shuttleworth

Die hoogste hof van appèl sal na verwagting ʼn aansoek deur die miljardêr sakeman, Mark Shuttleworth, aanhoor teen ʼn heffing van R250 miljoen wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank gehef word, het die Sunday Independent berig.

Shuttleworth sal Donderdag appèl aanteken teen regter Francis Legodi se uitspraak in die Pretoriase hooggeregshof in Julie 2013. Legodi het Shuttleworth se aansoek, om die heffing tersyde te stel, van die hand gewys. Die sakeman moes ʼn heffing van 10% op sy oorblywende bates betaal wat hy in 2009 uit die land geneem het nadat hy in 2001 na die eiland Man geëmigreer het.

Jeremy Gauntlett, vir die Reserwebank, het aangevoer die heffing is nie ʼn ongeoorloofde uitoefening van fiskale krag nie, maar is daar om kapitale uitvloei te beheer en makro-ekonomiese groei te bevorder ná finansiële onstabiliteit in 2008.

Shuttleworth het reeds dele van die Wet op Geldregulering en Valutabeheer ongrondwetlik laat verklaar in die Pretoriase hooggeregshof. Sy aansoek om al die maatreëls oor valutabeheer ongrondwetlik te verklaar, was onsuksesvol.

Lees ook:
Shuttleworth wen ‘n bietjie, verloor ‘n bietjie
Video: Shuttleworth sleep regering hof toe
Shuttleworth eis R250 m. van regering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.