Mark Zinde ly aan skisofrenie hoor hof

Hope Zinde saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Hope Zinde saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Mark Warona Zinde (23), wat verdink word van die moord op sy ma, Hope Zinde (50), ly aan skisofrenie, het die Brits-streekshof Woensdag gehoor.

Adv. Francois Joubert, Zinde se regsverteenwoordiger, het gesê hulle betwis die uitslag van die ondersoek wat by Weskoppies-psigiatriese hospitaal gedoen is oor sy geestestoestand. Volgens die ondersoek is Zinde geskik om verhoor te word.

Volgens Joubert het die verdediging hul eie psigiater aangestel en hy het bevind Zinde ly aan skisofrenie. Die psigiater het ook voorgestel dat ʼn breinskadering gedoen word. Joubert het versoek dat Zinde weer in Weskoppies opgeneem word en vir ʼn breinskandering verwys word.

Hy word daarvan beskuldig dat hy sy ma by hul huis in die Pecanwood-landgoed by Hartbeespoortdam in Noordwes vermoor het. Hope se liggaam is op 11 Junie in die kattebak van haar motor gevind. Sy is vermoedelik reeds dae tevore vermoor. Sy was ʼn voormalige raadslid van die SAUK en sedert 1991 ʼn joernalis by die openbare uitsaaier.

Zinde is vroeër op borgtog van R10 000 vrygelaat. Sy borgtog is egter teruggetrek nadat hy in November weer in hegtenis geneem is nadat hy glo sy pa, dr. Lebohang Mohale Manoto, aangeval het.

Hy het sy pa na bewering op 6 November met ʼn glas in die gesig geslaan terwyl Manoto ʼn koerant by sy huis in Walkerville, suid van Johannesburg, gelees het. Hy het kort daarna in die Vereeniging-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding.

Lees die vorige berigte oor die Pecanwood-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Magda ·

Lyk my sy regsverteenwoordiger will graag he nog mense moet vermoor word.

Scalla ·

Breinskanderings kos baie geld, hy is geskik verklaar om verhoor te word, hoop hulle gaan self die bedorwe brokkie se rekening vereffen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.