Markus Jooste in Duitsland aangekla

Markus Jooste. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Duitse aanklaers het vier mense aangekla in verband met bedrog by die beleërde handelsreus Steinhoff – en die media in Duitsland berig Markus Jooste, die groep se voormalige uitvoerende hoof, is een van hulle.

Drie oudbestuurders word beskuldig van “fiktiewe transaksies” ten bedrae van meer as €1,5 miljard (sowat R17 miljard), asook dat hulle eiendom met sowat €820 miljoen (R1,5 miljard) oorwaardeer het, het aanklaers in die Duitse stad Oldenburg gesê.

Die aanklaers het nie die name van die beskuldiges bekend gemaak nie, maar Duitse media het berig Jooste is onder diegene wat aangekla word.

Volgens aanklaers word ʼn vierde persoon daarvan beskuldig dat hy die bedrogspul aangehelp het.

ʼn Enorme skandaal het Steinhoff in 2017 getref toe aangekondig is die maatskappy word weens beweerde bedrog ondersoek – en dat daar ʼn gaping van €6 miljard (R109 miljard) in sy rekeninge is.

Die maatskappy is in Frankfurt en Johannesburg genoteer. Sowat 98% van sy aandeelwaarde is uitgewis terwyl hy probeer terugveg teen ʼn vlaag regsgedinge deur aandeelhouers en sakevennote, onder wie die voormalige voorsitter Christo Wiese.

Jooste het bedank nadat die bom ontplof het, maar het enige kennis oor die bedrog ontken.

In Oktober het die JSE Steinhoff met R13,5 miljoen beboet omdat hy sekere bepalings, waaronder die bekendmaking van “vals en misleidende inligting”, oortree het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

gatgogga ·

Nooit in Suid Afrika nie.
Ons sit nie skelms in die tronk nie – jy weet dan.

JohanR ·

Sal beter in ‘n Duitse tronk wees….geen 26’s en 28’s daar nie!

Therese ·

‘n Skreiende skande dat die Steinhoff-skandaal nie in Suid-Afrika ook uitsorteer kan word nie.
Witboordjie-misdaad bly lonend.

Kokkie ·

Dis tyd dat hierdie verwaande mannetjie behoorlik op sy plek gesit word. Hy moet vir baie lank toegesluit word saam met die mees geharde en gevoellose kriminele, want dis wat hy is. Pappa wag vir hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.