Markus Jooste in Valke se visier

Markus Jooste. Foto: Steinhoff International

Steinhoff het Markus Jooste, die maatskappy se voormalige uitvoerende hoof, by die Valke aangegee vir ondersoek en moontlike vervolging.

Dit het Woensdag aan die lig gekom toe Heather Sonn, Steinhoff se waarnemende voorsitter, drie parlementêre komitees toegespreek het.

“Gebaseer op ons ondersoek tot op hede, het ons [Jooste] by die Valke aangegee in terme van artikel 31 (b) van die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Bedrywighede (Precca) weens die vermoede dat hy oortredings begaan het,” het Sonn gesê. “Die saak is nou by die Valke vir verdere ondersoek en vervolging.”

Sonn het gesê hoewel sy beperk is oor wat sy vir die LP’s kan sê oor die “rekeningkundige onreëlmatighede” wat die maatskappy se aandeleprys laat tuimel het, is sy en die ander raadslede toegewyd om met die regulerende owerhede saam te werk.

“Ons is deeglik bewus van die impak hiervan op beleggings, pensioenfondse en die reputasie van die maatskappy … op sake in Suid-Afrika in die algemeen en op ons nasie,” het Sonn gesê.

“Ons oogmerk is om by die waarheid uit te kom. Ons sal regmaak wat verkeerd gegaan het. Ons sal enige oortreder vervolg.”

Die storm rondom Steinhoff het gelei tot die vinnige verkoop van aandele wat die waarde van die groep se aandele aansienlik laat tuimel het. Suid-Afrikaanse vakbonde het gesê miljarde rande van werkers se pensioene het verlore gegaan deur die staatsdienspensioenfonds (GEPF) en die Openbare Beleggingskorporasie (PIC) se beleggings in Steinhoff.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Casper Labuschagne ·

Markus Jooste het oortree deur finansiële aanpassings te maak met die doel om die maatskappy se state beter te laat vertoon as die werklikheid. As direkteur en as geoktrooieerde rekenmeester het dit professionele en moontlik geregtelike gevolge vir hom. Maar die betrokkenheid van die valke het alles te doen met die regering se propagandaveldtog teen wit monopolie kapitaal. Die proses van geregtigheid is reeds deur Jooste self aan die gang gesit en sal voortgaan., met of sonder die Valke se komende vertoon van bravade onder die lig van televisiekameras. Intussen het die georganiseerde misdaad wat bande het met die Zumas, soos uitgelig in Jacques Pauw se onlangse boek, bitter min te vrees vanaf die Valke se rigting.

Johann Marx ·

Casper is reg. Wat my dwars in die krop steek is dit: Steinhoff is 6 maande gegee om hierdie ondersoeke af te handel, en daaroor verslag te doen…..terwyl Suid Afrikaanse Staats-instellings waar dieselfde wan-praktyke daaglik be-oefen word……..vir die afgelope ten minste 9 jaar NIKS daaraan gedoen het nie, en ook nie opdrag gegee is om dit te doen nie? Hier is beslis sulke ooglopende dubbele standaarde dis om van naar te word……

Eish ·

Dit is die ware kwessie, gaan die korruptes dieselfde behandeling ontvang deur die regstelsel.
Diegene uitgewys in Jacques Pauw se boek, is bewyse beskikbaar, maar die wil tot vervolging ontbreek. Miskien aangesien die hele parlement vervolg sal moet word.

Alida ·

Verkoop sommer sy halfgeboude “mansion/villa” by die see!!!

Tammy ·

Het Markus Jooste enigsins aan al die mense gedink wat sou seerkry deur die dade gepleeg? Maak nie saak wat hy nou doen die, dit gaan nie die skade regmaak nie, dit sal ook nooit weer vertroue in hom wen nie. Dit vat n leeftyd om n vlekkelose ruputasie te bou en as jy verbrou, dan kom dit nooit weer reg nie. Hy het die mense naby aan hom en die land teleurgesstel!!!!!!

Jacques Venter ·

Hallo Casper Labuschagne
Ek het self my vertwyfeling oor die Valke.
Hulle was darem vir n lang tyd baie stil.
Wat het hulle intussen gedoen?
Hoekom hoor ons nou eers dat hulle iets doen?

Maar oor Markus, net dit. My ou spaargeldjies by Steinhoff beteken ook nou maar niks.

Wat ookal die Valke se motiewe mag wees, doen hulle dalk die regte ding.

Ek verneem hulle is glo ook by berugte melkplaas in die Vrystaat

Groot vreugde ·

Dit gee my groot vreugde dat hierdie man nou ook daar onder sit – hoop hy sien ook so neer op homself nou. Ek hoop ook dieselfde gebeur met Gupta en Zuma clans

Kaviaar ·

Ai tog om op die ouderdom van Kaviaar na pap te gaan. Ou Markus dit is beter andersom van pap tot kaviaar

Bantam ·

Kyk na al die direkteure van die maatskappy . Almal is geleerde mense wat tog moes weet hiervan .

jean ·

Al die kamtige “vervolgings” teen die korruptes in die land is net ‘n “pie in the sky”…….dreig en berig maar daar sal niks van kom nie…daarvan is ek oortuig. En sou hulle sover kom om liewe Markus te vervolg moet ek byvoeg dat die man dit van alle kante gaan kry….hy sal nie op vervroegde “pensioen” met ‘n goue handdruk geplaas word soos sommige van die “manne” in die land………

SS ·

Ja,en daar sit die sogenaamde Afrikaner breinkrag,foeitog,hul borrel gebars!

nicolaas ·

Julle bedoel seker art 34 v Precca. Inligting en suspisies tov korrupsie en bedrog/dieftsl bo R100 000 word itv art 34 gerapporteer aan die SAPD

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.