Marli van Breda: ‘Moet nie te veel lees in foto’s nie’

Marli van Breda. Foto: Verskaf

Marli van Breda. Foto: Verskaf

Marli van Breda (16), die meisie wat ʼn bylaanval op haar gesin oorleef het, se regsverteenwoordiger het Maandag gesê mense moet nie te veel probeer lees in haar bedrywighede op sosiale media nie.

“Die foto’s wat geplaas is, is ʼn huldeblyk aan haar oorlede familielede. Die media moet waaksaam wees voor hulle tot gevolgtrekkings of ongegronde bespiegelings kom,” het adv. Louise Buikman in ’n e-pos aan News24 gesê.

Buikman het gereageer op mediaberigte die naweek rakende plasings wat op Marli se Instagram-profiel gemaak is. Marli het foto’s van haar vermoorde ouers, Martin en Teresa, en haar vermoorde broer, Rudi, op haar profiel gelaai. Die drie is in Januarie in hul huis op die De Zalze-gholflandgoed met ʼn byl vermoor. Marli het ʼn baie ernstige kopbesering opgedoen. Haar ander broer, Henri, het glo net geringe beserings opgedoen.

Marli het foto’s geplaas van haar saam met haar ouers en ’n foto van haar pa en Rudi. Sy het onderaan die foto’s geskryf: “Die mense wat ek die meeste liefhet.” Sy het ook ’n foto van haar ma opgelaai.

Buikman het gesê daar is nog geen verandering in Marli se geheueverlies nie. “Dit is onwaarskynlik dat sy die voorval sal onthou. Buikman het wel gesê Marli se toestand “gaan voort om te verbeter en sy is in goeie gesondheid”. “Haar herstel gaan ’n lang tyd vat, maar gegewe die omstandighede is dit niks minder as ’n wonderwerk nie.”

Marli en Henri het mekaar nog nie gesien sedert die aanval nie. Sy is tans in die sorg van familievriende.

The Citizen het vroeër die maand berig dat Henri by ’n familievriend in Welkom woon.

News24

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Peet Schabort ·

Ek stem saam met adv. Louise dat sy uitgelos word om vrye teuels te gee aan haar gevoelens want dit is deel van die herstelproses.
Ek kan nie help om te sê: Wat ‘n innemende glimlag het die meisiekind en dis nie aangeplak.
Marli, mag jy TEN VOLLE HERSTEL.

Neptunus ·

Intussen mag en moet die publiek maar bespiegel, want êrens loop iemand rond wat drie (en so byna nog een) mense met ‘n byl doodgekap het. Toemaar, haar Instagram-plasings sal darem nie bewysmateriaal in die hof wees nie. Daarvoor moet sy die getuiebank bestyg.

Wonder of die sekuriteitspersoneel erg kopgekrap het oor hoe ‘n moordenaar ongesiens onder hul neuse verby hulle kon gesluip het en weer uitgeglip het na hy/hulle byna ‘n hele gesin uitgewis het. Na al die konsternasie was daar seker ‘n hele paar rooi gesigte op die rooi tapyt en heelwat vrae.

Peet Schabort ·

Neptunus, oppas om te spekuleer. Ek kon darem jou kommentaar lees asook die verwysing voordat die deur toegeslaan het.

magriet ·

Peet, wat anders word mens dan gelei om te dink???? my geld is op die liewe boetie.

Therese van Schalkwyk ·

Ek glo nie die Wes-Kaapse Polisie, of die betrokke regspersone, kan enigiemand kwalik neem wat heeltemal sinies is oor die onbeholpe en totaal onbevoegde hantering van hierdie saak nie. Dit is haas onmoontlik om te glo dat die oplos van ‘n familie-moordsaak, met geen teken van ‘n inbraak, afhang van een persoon se geheue of die verlies daarvan.

Die vertraging van arrestasie is onverklaarbaar, want geen melding word gemaak van verdere ondersoeke of verdagtes nie. Al gevolgtrekking wat gemaak kan word, is dat die teenwoordigheid van nog een moorddadige op straat nie veel verskil maak aan die veiligheid van die Suid-Afrikaanse publiek nie.

Marli se herstel grens beslis aan ‘n wonderwerk wanneer haar grusame beserings in ag geneem word. ‘n Wonderlike toekoms word haar toegewens, en dat die verlies van haar ouers en broer met die tyd sal vervaag.

SNEL ·

Dis goed as Marli aangaan met haar lewe, en om foto’s van haal oorlede ouers en broer te plaas sien ek as dood natuurlik. Aarde, hulle is van haar af weggeruk, daarin kan niemand iets lees nie. Feit bly staan, bespiegel of de nie, maar hier is iets groot fout met die hele insident, hoe kan n moordenaar van drie en poging tot moord op een, nog op vrye voet rondloop. Nêrens lees mens dat hulle leidrade volg en warm op die spoor is of enige so iets nie, so almal vermoed dis die broer, maar hoekom is niemand dan inhegtenis geneem tot en met vandag nie? Watse mag het hierdie skuldige om so wreed te wees en nog vrylik rond te kan beweeg?

Virna ·

Volgens Dr’s is dit amper onwaarskynlik dat iemand met die beserings van Marli so lank sonder mediese hulp kon oorleef (as dit werklik die beserings was) en ook so gou soos ‘n maand en half weer ontslaan te word…..was dit ‘n samesweerdery van broer en suster OF nie. Hoekom nie herenig hulle nie en waar is Henri nou ???? Seker moet daar regstappe geneem word en ondervraging plaasvind ???…OF speel geld ‘n hoofrol in die stilswye en uitrek van die saak……so baie vra en so min antwoorde !!!!

Riette ·

Hierdie is beslis n 2de Seenkamp geval, hulle was net bietjie wyser.

pop ·

Asseblief tog!!!. Nou bespiegel julle al tot dat broer en suster saamgewerk het. Ja en die hele medi clinic in somerset wes en al die polisie en elke mens wat met Marli iets te doen gehad het tot nou, almal lieg saam. Ons tronke is reeds so vol en nou is julle nog nuuskierig ook. passop

Berhalet Beukes ·

Ek wonder hoe almal wat so maklik bespiegel sou voel as hulle ouers en broer met’n byl doopgekap is. En sou dit wees dat hulle broer skuldig is, hulle dit moet verwerk en aanvaar? Ek wonder hoe a dit sou voel as dit hulle was wat byna dood was en word daar onsensitiewe bespiegels gemaak dat hulle deel van die gruweldaad was? Dis hartseer dat die samelewing so vieslik is!

Theresa ·

Dis so ooglopend soos tandeborsel. Ek sal ook nie Marli by Henri toelaat nie. Hierdie saak word ook onnodig lank uitgerek.

URSA ·

Dit is maar net nog ‘n bewys van hoe swak ons polisie departement is. Hulle kan niemand arresteer nie want hulle het soos gewoonlik nie hulle werk gedoen nie. Nog ‘n moordenaar wat gaan losloop.

ladybug ·

Ursa, jy moet ook maar dalk oppas wat jy kwytraak … glo my SAPS gaan nie weer foute maak soos met Dewani en skote petoors nie , hulle weet wie die skuldige is …

ladybug ·

Marli, jy moet gou gesond word, en moet jou ook nie veel steur aan mense se opmerkings nie! Mense kan venynig wees. Fokus op jouself en om jou verlies te verwerk.

Baie sterkte kinta!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.