Marli van Breda terug by skool

Marli van Breda. Foto: Facebook

Marli van Breda. Foto: Facebook

Marli van Breda (16), een van die oorlewendes van die Stellenbosch-bylaanval, het teruggekeer skool toe.

Ben Rootman, die familie se woordvoerder, het Maandag aan Maroela Media bevestig dat Marli nou weer heeltyds by Somerset Kollege ingeskakel het. Dit kom nadat sy vir ’n tydperk net haar vriende vir kort tye by die skool besoek het.

“Die hele ding vorm deel van die sosialiseringsproses om haar in die samelewing te integreer,” het Rootman gesê. “Dit is verblydend om te sien hoe goed sy herstel het en hoe sy stappe neem om haar lewe weer bymekaar te kry en net weer ʼn normale 16-jarige te wees. Dit herstelproses sal nog ʼn hele ruk neem, maar Marli is baie positief en dit gaan baie goed met haar.”

Die Van Breda-gesin is einde Januarie in hul huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch aangeval. Martin van Breda (55), sy vrou, Theresa (54), en hul seun Rudi (22) het aan hul beserings beswyk. Marli is ernstig beseer in die aanval en haar broer Henri (20) het ligte beserings opgedoen.

Die polisie swyg egter steeds oor die ondersoek na die bylmoorde en wil steeds geen nuwe inligting bekendmaak nie. Konst. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het Maandagoggend gesê daar is geen nuwe verwikkelinge nie en die ondersoek gaan steeds voort.

Velekhaya Mgobhozi, woordvoerder van die NVG, kon nie Maandag vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Dis nou sommer goeie nuus van Marli.
Mag sy ook toegelaat word om uit die kalklig te verdwyn want ook dit sal haar op die pad plaas van die meisie wat sy veronderstel is om te wees .
Sterkte aan jou Marli en diegene wat omsien na jou veral ons hemelse Vader.

CHRISTA ·

Het die polisie haar nog nie ondervra nie? Sy sal mos weet wat gebeur het.

Annetjie Gouws ·

Sterkte vir jou Marli,mag die Hemelse Vader jou dra,, vertrou op hom hy sal jou altyd bystaan. Voorspoed vorentoe.

Verna Marais ·

Ek hoop net dat Marli heeltyd opgepas word. Die moordenaar is nog op vrye voet en besef dat sy enige dag sal kan onthou wat gebeur het. Maw sy is n bedreiging vir die moordenaar. Hy sal haar dalk permanent wil stil he!!!

Andre ·

Ek ondersteun Verna Marais se siening. Dit sal so jammer wees. Sy is n pragtige kind.

Madeleine ·

Nico ek dink ek stem saam met jou! Een vet baie groot luislang!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.