Marna se pa sê glo hy sal Xander skiet

Xander Bylsma praat met sy regsverteenwoordiger adv. Niven Rai. Foto: Mariné Lourens

Die regspan van Xander Bylsma (19) het Donderdag in die hooggeregshof in Mmabatho in Noordwes ontken dat hy in kennis gestel is van sy reg om te swyg of sy reg om eers met ʼn prokureur oorleg te pleeg vóór hy sy bekentenis aan die polisie afgelê het.

Kol. Corrie Kochlan, ʼn beampte in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), was vandag die tweede getuie wat na die getuiebank opgeroep is in die verhoor teen Bylsma.

Bylsma staan tereg op aanklag van moord op Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16). Sharnelle en Marna is in Mei 2018 in hul koshuis by Hoërskool Stella vermoor.

Kochlan het op 26 Mei verlede jaar Bylsma se bekentenis by die Vryburg-speurkantoor afgeneem. Hy sê hy is destyds ingelig dat daar ʼn verdagte is wat ʼn bekentenis wil aflê in verband met ʼn misdaad in Stella.

Kochlan het tydens sy getuienis deur al die regte gegaan wat hy aan Bylsma voorgehou het. Hy het getuig hy het onder meer vir Bylsma ingelig dat hy die reg het om te swyg, asook dat indien hy kies om iets te sê, sal sy woorde in ʼn verklaring afgeneem word en kan dit teen hom in die hof gebruik word.

Kol. Corrie Kochlan, die polisiebeampte wat Xander Bylsma se bekentenis in Vryburg afgeneem het op 26 Mei 2018. Kochlan het vandag in die hof getuig. Foto: Mariné Lourens

Kochlan sê hy het ook aan Bylsma gevra of hy ʼn prokureur of sy ouers teenwoordig wil hê wanneer hy sy bekentenis aflê. Hy beweer Bylsma het geantwoord: “Nee, nie nou nie. Ek wil ook nie my ouers teenwoordig hê nie.”

Hy het verder getuig hy het Bylsma gevra of hy gedreig, aangerand of geïntimideer is om die bekentenis af te lê en Bylsma het gesê hy is nie. Hy het wel aan Kochlan gesê dat Stefans Engelbrecht, Marna se pa, aan hom gesê het hy “sal hom in die hof doodskiet” as hy skuldig bevind word.

Kochlan het getuig nadat hy Bylsma van al sy regte ingelig het, het hy hom gevra of hy steeds gewillig is om met sy bekentenis voort te gaan en hy was gewillig. Hy het toe die bekentenis afgelê en onderteken.

Kochlan het aan die hof gesê Bylsma het tydens sy bekentenis helder van verstand voorgekom, sy spraak was normaal en sy vertelling van die gebeure het logies gevloei.

Adv. Niven Rai, Xander se regsverteenwoordiger, het tydens kruisondervraging dit egter aan Kochlan gestel dat Bylsma nooit in kennis gestel is van sy reg om te swyg nie en ook nie ingelig is dat hy die reg het om eers met ʼn prokureur te praat nie. Kochlan het dit ontken en volgehou Bylsma is wel hieroor ingelig.

Sharnelle Hough (17), links, en Marna Engelbrecht (16). Foto: Via Facebook

Rai wou ook by Kochlan weet hoekom hy Bylsma spesifiek sou vra of hy sy ouers teenwoordig wil hê wanneer dié vraag nie op die amptelike verklaringsvorm verskyn wat die polisie gebruik om bekentenisse af te neem nie. Hierop het Kochlan geantwoord hy was bewus daarvan dat Bylsma net 19 jaar oud is en het daarom gedink dat hy dalk sy ouers teenwoordig sou wou hê.

Die verdediging betwis dit en sê Kochlan het nooit vir Bylsma oor die teenwoordigheid van sy ouers gevra nie. Rai het dit aan die hof gestel dat Bylsma uit sy eie gesê het hy wil nié sy ouers teenwoordig hê nie, omdat sy ouers doodsdreigemente ontvang het as hul seun nie skuld aan die moorde sou beken nie.

Toe Rai weer vir Kochlan vra of Bylsma gevra is of iemand hom aangerand of gedreig het om sy bekentenis af te lê, het Bylsma sy hand in die beskuldigdebank opgesteek om iets te sê.

Regter Ronald Hendricks het hierop die hof vir middagete verdaag sodat die verdediging die geleentheid kon kry om met Bylsma oorleg te pleeg.

Die verhoor sou om 14:00 hervat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Friesperd ·

Ai, maar die mannetjie gooi draaie! Die slagoffer se pa het hom gedreig sê hy. Wat het hy verwag? ‘n Klop op die skouer? Ek hoop die waarheid kom uit en reg geskied.

Lindtjies ·

Die verdediging probeer hulle bes om die saak deurmekaar te krap. Hulle verander kort kort die storie. Bylsma het ‘n voorsmakie van die tronk gehad en besef dit is nie ‘n kinderkrans nie. Nou wil hy met alle mag en mening daaruit.

Leslie ·

Dit moes sekerlik ook baie frusterend vir Xander gewees het in tye waar hy alleen met sy meisie wou kuier en soos dit vir my wil voorkom, daar altyd ń “stertjie” by hul was.

Lana ·

Leslie, kan nie glo dat dit jou beste kommentaar is nadat twee meisies vermoor is nie.
Het jy ooit daaraan gedink dat die vriendin altyd MET REDE by was. Die vent wou nie “nee” vir ‘n antwoord hê nie en sy kop het uitgehak.

Smurfie ·

Regtig Lesie!!
Gee dit hom die reg om te moor???
Jou redenasie is angswekkend.
Sjoe jy skok n mens

Sterretjie ·

Leslie,
ek hoop van harte daar is nie n stertjie in jou verhouding nie?
Want dan voorspel ek moeilikheid.

Mari ·

Rerig leslie?
Die “stertjie” waarvan jy praat is dan sy kleinniggie. en daar is nooit erens genoem dat sy ooit n derde wiel aan die wa was as hul wou kuier nie. hul is koudbloedig vermoor en n “stertjie ” gee nie rede vir moord nie hulle was dan nie eens meer bymekaar nie

GM ·

Dié is ‘n outjie wat met televisie grootgeword het. So of hul sy regte vir hom gelees het of nie, behoort hy tog teen die tyd al te weet dat hy die reg het om te swyg en die reg tot ‘n prokureur het ens. Dit word op talle flieks vir die misdadigers voorgelees.

Hulle kruip altyd agter nitty-gritty goed weg, en die arme ouers se lyding word uitgerek deur sake wat so sloer.

Ek verstaan net nie hoe hy alleen kon werk nie, hy lyk maar klein gebou.

jaco ·

Dis vir my ook vreemd dat hy dié 2 moorde alleen gepleeg het, maar wanneer ek kommentaar lewer oor wat dalk kon gebeur het en ek noem dinge soos SAPD onbevoegdheid ens (MET voorbeelde uit vorige moordsake), word my kommentaar verwyder of ek word amper gekruisig daaroor.

Marius ·

If you want to date my daughter or harm her, remember, I’ve got a shotgun, shovel, and a big back yard. And I’m not going to use the shovel, you are, I’m using the shotgun…..

Andrea ·

Goeie sêding. Pa’s moet dit maar vir alle nuwe kêrels sê.

Lana ·

Leslie, kan nie glo dat dit jou beste kommentaar is nadat twee meisies vermoor is nie.
Het jy ooit daaraan gedink dat die vriendin altyd MET REDE by was. Die vent wou nie “nee” vir ‘n antwoord hê nie en sy kop het uitgehak.

Ekke ·

Sit die mannetjie sommer noual op die stand dat hy sing……

LD ·

@ Leslie – rèrigggg…..? Daar is ander maniere om van ñ “stertjie” ontslae te raak wat nie moord is nie! Jy bekommer my nogal met jou stelling. Hopelik het jy en jou ander helfde nie ñ “stertjie” nie en as daar is hoop ek van harte hy/sy lees jou kommentaar! Ai ai ai…..

Nugter ·

Daai advokaat gaan die Bylsmas bankrot maak soos soveel regslui al aan mense gedoen het. Die ou maak borreltjies vir punte wat op geld baie geld gaan uitloop. Kom uit met die waarheid en sê mr. advokaat moet huistoe gaan.

Abe ·

Nugter,
Daardie advokaat is nou goudwerd vir Bylsma. Die geld is bysaak. In die komende hofsaak gaan Bylsma
uitstekende regshulp lewensnodig he en die geld wat dit vir hom en sy familie gaan kos is nie eers noemenswaardig in vergelyking nie.

Hasie ·

Ek sal ook die ou wat my kind vermoor wil skiet, dit is normale gevoel.

Johan ·

As dit my kind was wat hy doodgemaak het ,het hy nie in die hof gestaan nie

Hasie ·

Ek sal ook die ou wat my kind vermoor wil skiet, dit is normale gevoel. Swygregte? Intussen word die advokaat se bankrekening vol.

Spook ·

Dit is vreeslik om in been week so baie te lees van verskeie moordenaars op so jong ouderdom. Sterkte aan die ouers betrokke

Rabobie ·

As dit my dogter was, was jy lankal vrek boetie. Sterkte aan die gesinne, geen ouer moet so iets hoef te beleef nie.

Janny ·

Maak nie saak war na die tyd gebeur het nie, 2 families het hulle dogters verloor en dan se die tjom hy was nie sy regte voorgelees nie. My magtig KAN DIT NIE GLOOOOO NIE….

Hannah ·

Ek sou graag wou hoor en sien as Gerie Nel vir Bylsma aan die kraag beet kry..

Doempie ·

Darem maar maklik om gemaklik in jou eie klein wêreldjie te sit en om kommentaar te lewer as jy nie die mense ken of die agtergrond nie. Maar ek reken dis jou opwinding vir die dag. Simpatie met al die slagoffers en hulle families

Abe ·

Koert,
Doempie se kommentaar is totaal sinneloos. Waarom is dit nodig dat jy die mense of hulle omstandighede ken voordat jy kommentaar kan lewer oor wat duidelik n sinnelose moord, gepleeg deur iemand wat duidelik n “spree killer” is?

Anoniem ·

Rerig, Doempie? Ken jy die verhaal of geskiedenis? Hy het 2 knders vermoor. My dogter was, was hy lankal vrek en ek sou daar gestaan het.
Hoekom het die moordenaar soveel regte, maar die slagoffers geen? Wanneer jy ‘n misdaad pleeg, het jy geen regte.

Spike ·

Ek verstaan Marna se pa se optrede. Die pes het dan sy pragkind soos ñ dier vermoor. Wat van al die plesier en liefde wat sy vir hulle was en die drome wat saam met haar gedroom is.

Spike ·

Luister Doempie. Dit gaan nie oor agtergrond en of jy die mense ken nie. Xander se mense moet maar saam met hom aan hierdie las dra al is dit nie hul skuld nie. Dit wat die meisies in hul laaste oomblikke en hul ouers en geliefdes moet deurgaan kan nie in woorde beskryf word nie.

Michael ·

Waar Spike. mense genees baie moeilik oor so iets. party maal nooit.

Doempie ·

Spike, my hart bloei vir die dogters se familie en ek keur nog nooit Xander se optrede/dade goed nie, maar iets het gebeur wat hom laat “snap” het en tot die bose aksie gedryf het. Hy is ook iemand se kind en sy ouers het ook saam hom en vir hom drome gehad. Ouers sal deur alles by hulle kinders staan, dis hulle voorreg en plig. Span Hough & Engelbrecht is nie die enigste slagoffers nie. Hoewel menslik, Oordeel is nie ons s’n nie. Niemand kan klippe gooi nie want niemand weet nog wat regtig alles daardie tragiese aand gebeur het nie. Ek ken ook kinders en ek weet hoe (en eintlik kinderlik-onskuldig) vindictive hulle kan wees en hoe lelik hulle met mekaar kan maak. Dalk was dit die geval hier en dit was net op daardie stadium te veel vir hom. Tieners en hormone en emosies is ñ drukpot wat wag om te ontplof. Jammer vir die lesing? en rustige nag

Lana ·

Doempies, maak nie saak wat die OORSAAK was nie.
Die GEVOLG was twee moorde.
Dít is waaroor die hofsaak gaan.

Stripes ·

As dit my dogter was sou ek ………. Ongelukkig mag ek nie sê wat ek in my hart voel nie maar dit sou stadig en pynlik gewees het.
My simpatie aan die ouers en familie van die dogters.

Devill ·

Ek sou dit nie net gesê het nie. Ek sou vir hom gewag het en seker gemaak het dit is gedoen.

Heksie ·

Die advokaat het onttrek … klaarblyklik oor botsende belange … laat mens wonder waste botsende belange ….
Plaas erken die mannetjie net dat wat in sy verklaring staan, korrek is, en dat die sage tot ‘n einde kom.

Die ouers van die oorledenes het ook nodig om aan te beweeg.

honurable member ·

Glo my as my kind op so manier moet sterf omdat so rubbish so besluit sal ek hom verseker iets aandoen. Daar sal nie net dreigemente wees nie, dade ook. Hoekom erken hy dit nie maar nie en kry klaar. Nou speel hy vir tyd en mors almal se tyd en geld.

Hartseer ·

Soos met al die moorde in ons land, sal die waarheid seevier. God slaap nie. Voel ongelooflik jammer vir die geliefdes wat hier deur geraak word.

JG ·

Aangesien dit dieselfde Regter is wat die twee manne van Coligny verhoor het en tronk toe gestuur het, kan n mens maar net hoop hy lewer die regte oordeel hier…

Anoniem ·

Soveel formaliteite, daar is immers niks om verder te betwis of te bespreek nie. Hy het mos nou erken hy het die moorde gepleeg, moet mens deesdae dan nou ‘n fisiese video met klank he of die hele televisiespan skakel vir behoorlike getuienis wanneer iemand dan nou erken hul het ‘n ander vermoor? Dit raak nou ‘n belaglike spul en hierdie prokureurs hou die hof besig want dit hou hul sakke vol geld, tyd is mos geld of hoe? lol, ai mens kan net kop skud. Nee wat seun, jy moet maar lank gaan sit, en indien jy 20 jaar vonnis kry per kop, sal daardie 40 jaar in die tronk jou net goed doen, baie tyd om te dink oor die twee onskuldige lewens wat jy geneem het. Tragies.

Will Oosthuizen ·

Dit is verregaande dat daar geen opname gemaak word tydens ondervraging en die afneem van ‘n verklaring nie. Onnodige tyd word verkwis deur te probeer vasstel wat verklaar is en wat nie, terwyl ‘n opname of video in die hof gespeel kan word om die feite te bevestig.

Ampie ·

Ek sou nie gedreig het nie . Hy sou nie in hof gesit het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.