Maroela is 10: Soek jouself in ons musiekvideo!

Een van ons lesers, Gerhard, het spesiaal vir ons op die strand gelukgewens!

Ons vier vandag Maroela Media se tiende verjaardag. Die afgelope dekade het ons saam met jou gelag en saam gehuil, ons het saam hoogtepunte gevier en saam gebou aan ʼn nuwe toekoms vir Afrikaans.

Toe ons ons lesers vanjaar gevra het om deel te word van ons musiekvideo wat ons spesiaal vir ons tiende verjaardag maak, het ons geweet ons kan uitsien na foto’s waar lesers wys hoe hulle deel geword het van die Maroela-familie. Julle, ons lesers, het ons verras met foto’s van reg oor die land – van jul sitkamers en werksplekke tot die strand.

Hier is spesiaal ʼn musiekvideo met ons hoogtepunte oor die afgelope 10 jaar, verjaarsdagwense, asook foto’s wat ons lesers vir ons gestuur het. Loer gerus, daar is ook ʼn paar bekende gesigte!

Ons sien saam met julle uit na die volgende dekade. Mag ons beker altyd vol boeretroos wees en ons blikborde spog met die lekkerste boerbeskuit en pannekoek. Mag die windpomp nooit ophou draai nie en die plaasdam oorloop van plesier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Belinda ·

Aitsa! Baie geluk Maroela met jul 10de verjaardag! Ek geniet julle leesstof baie. Dankie vir alles.

Misky ·

Baie geluk Maroela!!!!! Geniet die leesstof en weet dis betroubaar – baie dankie!!!

Brie-brie ·

Baie geluk met julle 10de verjaardag vandag, gaan voort met die die leesstof vir elke dag. Ek geniet dit baie en gewoonlik my eerste opsie in die oggende. Baie dankie en hou so aan…….

Smoothie ·

Baie geluk met 10 jare van genot, – waar mens omtrent alle tipes nuus in berigvorm kan lees (gratis). Dit moet gedoen kan wees!!!

Ellie ·

Baie geluk met julle verjaarsdag Maroela Media. 10 jaar! Voel soos nou die dag wat ek die eerste artikel gelees het!
Goedheid en Guns vir nog vele jare!

Johannes ·

Maroela, baie geluk met julle 10de verjaardag en mag julle in die toekoms van krag tot krag gaan.

Mrs H ·

Veels geluk Maroela!!! Trots op julle en dankie dat julle die wêreld se ‘vaallerigheid’ ophelder. Julle is een van n soort en briljant. Geniet die verjaarsdag, bly ek kan deel daarvan wees.

Eugene ·

Dankie vir 10 jaar se nuus en puik diens aan die gemeenskappe in ons geliefde Suid-Afrika. As geskenk verdubbel ek vir hierdie maand my maandelikse bydrae. Seënwense.

charlotte ·

Baie geluk Maroela.!!!!!!!Ek geniet julle elke dag. Mooi wense vir julle

Magda ·

Baie geluk met jou verjaardag Maroela Media. Baie dankie vir AL die betroubare en goeie nuus wat Julle met ons deel. Mag daar nog honderde jare vir julle voor le.

Theunette ·

Baie Geluk met jul 10de Verjaardag! Mag daar nog baie mooi jare vir julle wees. Ek geniet jul
Skrywe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.