Maroela Media nou 9de grootste in SA

Maroela Media se groei van 2012 - 2016 (Bron: Google Analytics)

Maroela Media se groei van 2012 – 2016 (Bron: Google Analytics)

Maroela Media het pas die posisie ingeneem as die negende grootste nuuswebwerf in Suid-Afrika.

Volgens die nuutste Effective Measure-syfers vir Junie 2016 is die webwerf, met 1 028 077 unieke lesers (slegs Suid-Afrikaanse gebruikers), een van slegs twee Afrikaanse webwerwe op die top 10-nuuswebwerwe in SA.

Met ʼn groei van byna 25% in unieke lesers die afgelope maand plaas dié syfer Maroela Media stewig in die geselskap van nuuswebwerwe soos news24.com, timeslive.com, ewn.co.za en enca.com.

Indien daar na Maroela Media se unieke lesers wêreldwyd gekyk word, is die leserstal selfs meer indrukwekkend, met 1 115 639 internasionale lesers.

Maroela Media se groeisyfers oor die afgelope jaar toon dat die mark dié buitengewone toename in unieke lesers van Mei na Junie te wagte kon wees: Sedert Julie 2015, toe Maroela Media 682 474 internasionale lesers gehad het, het dié nuus- en inligtingsplatform konstante groei getoon en sy aantal unieke lesers met 63% verhoog.

Maroela Media het boonop in Junie vanjaar vir die eerste keer die 1 miljoen-kerf in unieke lesers verbygesteek – dit in die net minder as 5 jaar sedert die mediahuis se ontstaan in Augustus 2011. Die webwerf het in Junie meer as 3.6 miljoen besoeke ontvang en meer as 8.3 miljoen bladsye aan lesers bedien.

“Ons glo dat ons weet wat ons 1 miljoen lesers wil hê: ʼn kuierplek en ʼn gemeenskap waarvan hulle kan deel wees, nie net bloot kliniese nuus en inligting nie,” sê Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media. “Ons hart klop Afrikaans. Wanneer jy Maroela lees, word jy deel van ʼn Afrikaanse familie wat trots is op hulle erfenis, maar ook positief is oor die toekoms en graag ʼn verskil wil maak. Buiten die nuus gee ons aan ons lesers ʼn verskeidenheid Afrikaanse leesstof – van goeie nuus, resepte en taalwenke tot sport- en vermaakstories. Maar ons weet ook dié inligting moet in die regte verhouding en op die regte manier aan ons lesers opgedis en aangebied word, net soos jou ouma presies weet hoeveel kremetart om in haar koeksisters te gooi.”

Dis nie net die afgelope maand of jaar se syfers wat indrukwekkend is nie. Maroela Media het in Augustus 2011 afgeskop met 11 800 unieke lesers (Google Analytics), en het sedertdien met 9 500% gegroei.

Boonop het Maroela Media ʼn stewige voetspoor in sosiale media, en hoë leserslojaliteit en –deelname op platforms soos Facebook, Twitter, Instagram en Youtube.

Besoek gerus ook ons Koöperasie vir unieke Afrikaanse produkte – wys jou hart klop Afrikaans en dra jou hart op jou mou!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Wern ·

Dalk 9nde in kwantiteit, maar eerste in kwaliteit! Baie geluk en baie Dankie aan almal by Maroela!

JC ·

Een van die dae die grootste, ek stem!!
Bly weg van anti-Afrikaanse, neo-liberale, misplaaste, onopregte, rassistiese, bevooroordeelde, en polities-gedienstige nuuswebwerwe asseblief!! Indien ander nuusagentskappe ondersteun word sal ons Afrikaanses ons stem heeltemal verloor!(ek dink jul weet van watter nuusagentskappe ek praat) Hul voer ons aldag met klomp “wollerige” gewetensbeswarende en gewetens-opjagende nonsens wat irrelevant is en SA nie vorentoe neem nie MAAR TERUG!
Luister en kyk eerder net na Maroela want hul is die enigste nuus organisasie wat seker maak dat ons Afrikaanses ‘n stem het en ons stemme met mekaar kan deel, want hul is Afrikaans, okjektief en nie polities gedienstig aan die regering van die dag nie! Dit is wat afrikaanssprekendes en SA nodig het

Cathy Kotze ·

Maroela Media het ‘n groot aanhang in die buiteland. Die meeste Afrikaanse emigrante lees al lankal nie meer die ver linkse beriggewing in tradisionele Afrikaanse koerant webwerwe nie.

Daardie webwerwe het hulle Afrikaner lesers verruil vir sogenaamde politiek korrekte Afrikaanses, ‘n vae groep wat nog nooit bestaan het nie.

Janneman ·

Dankie JC, jy het alles gese.
Ek wens net ons kon mense bereik in die 3 grootste swart tale ook, om die SABC en ANC se propaganda hok te slaan.
Kan ons “editorials” koop in City Press en ander koerante?

Sarie ·

Ek kan nie verstaan waarom Netwerk24 nie ook vry kan wees nie.News24 is wel. Baie geluk Maroela Media julle het nie jul Afrikaanse lesers versaak nie.

Prysdiskriminasie ·

Hulle pas. Prysdiskriminasie toe. Dis n bemarkingstegniek om sekere groepe, in die geval die Afrikaners, te melk vir geld vir iets wat ander groepe verniet kry.

F Brits ·

Baie geluk,ek was beindruk vanaf ek die eerste keer op die blad was 4 jaar gelede,op nuus 24 is nou n artikel oor n panga wat teen n baba se keel gedruk is en sy teen n kas gegooi is tydens n rooftog,sodra mens eerste die nuus hier kan lees sal dit fantasties wees.

Prysdiskriminasie ·

As jy gereeld die nuus dophou sal jy sien Maroela is dikwels die enigste nuusagentskap wat berig gee oor sulke gebeure. Die res doen gladnie. Veral EWN, hulle het nie n saak met ons nie. News24 is nie ver agter om niks vir ons om te gee nie.

wonder sommer ·

Welgedaan Maroela Media!Ek is ‘n groot aanhanger en geniet jul berigte.Doen so voort!

Frank Dekker ·

Maroela is voor mij, geboren en getogen Nederlander, de beste Afrikaanstalige bron van nieuws. Waarvan akte.

AP van Schalkwyk ·

Baie geluk en baie dankie vir n Afrikaanse kanaal waar jy seker kam wees van goeie kwaliteit nuus. Dankie, dankie………………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.