Maroela Media se 10 gewildste nuusstories vir 2017

Hierdie nuusstories is in 2017 die meeste gelees op Maroela Media.

  1. Man met dood gedreig ná Spur-voorval

ʼn Gesin van Capital Park in Pretoria vrees vir hul lewe nadat hulle talle doodsdreigemente gekry het sedert hul telefoonnommer en huisadres verkeerdelik as dié van die man in die sogenaamde Spur-voorval versprei is. Lees meer.

Jacques Paynn (Foto: Verskaf)

  1. Vermiste Anchen Muller (13) opgespoor

Die vermiste 13-jarige Anchen Muller van Brackenfell in die Wes-Kaap is opgespoor. Lees meer.

Anchen Muller (Foto: Verskaf)

  1. Klapmuts-plaasmoord: ‘Hulle het my hele lewe in ʼn minuut gevat’

ʼn Donker wolk hang oor die prentjiemooi druiwe- en olyweplaas in die Klapmuts-omgewing tussen Stellenbosch en die Paarl waar Joubert Conradie (47) sy vrou se laaste woorde aan hom, “ek is lief vir jou”, gehoor het. Lees meer.

‘n Ou gesinsfoto van die Conradies. Foto: Verskaf

  1. Spur-video: ‘Ons weet nou wie was verkeerd’

Die restaurantgroep Spur het onvoorwaardelik om verskoning gevra ná die voorval wat by die Texamo Spur by The Glen-winkelsentrum in Johannesburg plaasgevind het. Lees meer.

Argieffoto

  1. “Ons is jammer,” sê Spur

Pierre van Tonder, die uitvoerende hoof van die Spur, het onvoorwaardelik om verskoning gevra oor dié restaurantgroep se optrede teenoor hul kliënte in die rasse-debakel wat steeds om Spur se kop woed. Lees meer.

Pierre van Tonder, uitvoerende hoof van Spur. Foto: http://www.spurcorporation.com

  1. Video: Steve in ‘herrie’ oor nuwe musiekvideo

Steve Hofmeyr is in die noorde van Pretoria “in hegtenis geneem” terwyl hy in spitsverkeer beeldmateriaal vir ʼn nuwe musiekvideo geskiet het. Lees meer.

  1. Video: Boerseun wat dans versprei soos veldbrand

ʼn Video waarin ʼn boerseun van Tzaneen behoorlik litte losmaak, word wyd op sosiale media gedeel. Lees meer.

‘n Skermskoot uit die video.

  1. Video: Oomblik toe vragmotor in Swart Maandag-optog inploeg

‘n Kajuitkamera het die angswekkende oomblik vasgevang toe ʼn vragmotor in talle motors en vragmotors ingeploeg het tydens ʼn Swart Maandag-optog op die N4 in Mpumalanga. Lees meer.

‘n Skermskoot uit die video.

  1. Bekende TV- en radio-aanbieder doodgeskiet

Die televisie- en radio-aanbieder Johann Botha is tydens ‘n rooftog in Johannesburg doodgeskiet. Lees meer.

Johann Botha. Foto: Maroela Media

  1. Video: Oppasser vas ná video van baba wat gegooi word

ʼn Baba-oppasser wat op beeldmateriaal vasgevang is waar sy ʼn nege maande oue baba hardhandig in haar bababed gooi, word nou van poging tot moord aangekla. Lees meer.

‘n Skermskoot uit die video.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Coenie ·

Ek wil net sê wat my die meeste gegrief het was die swak beriggewing,Die feite in die meerderheid berigte was verkeerd die alewige bangheid om ten alle tye polities korrek te wees verdagtes net ordentlik te identifiseer as hulle wit was.Ek kon ook nie verstaan hoekom daar nooit na die lesers geluister is nie
Wat die joernalistieke mandaat betref is dit selde nagekom en het die alewige polities korrektheid geseëvier.Ek persoonlik het menige keer gevra om die feite te gee soos dit was maar is meegedeel die regskenners lei die beriggewing.Die VSA moeder van menseregte en demokrasie gebruik kleur en ras waneer verwys word na verdagtes en tot nou toe weet ek nog steeds nie hoekom dit by MM net geld as die verdagtes wit is of n plaasboer is nie My opinie is vra die leser en moet nie net dinge op hulle afdwing nie die lesers is nie dom nie en weet wat julle doen en hoekom.

Vermeende ·

Coenie ek stem heelhartig met jou saam.
Feite word ooglopend weerhou soos ras of geslag maar ook net in sekere gevalle.
MM kla gedurig oor fopnuus, as jy feite weerhou of sagkuns oor die grusaamste gebeure berug dan geen jy mos n skewe beeld van die nuus. Om feite te weerhou of fabrieseer is fopnuus en MM maak hulle self daaraan skuldig.

Daan ·

Coenie en vermeende ek stem 100% saam met julle asb maroela neem kennis en neem die lesers in ag .

Gerrit ·

Ek moet my gewig ook hier ingooi veral met die polities korrektheid sê n ding soos hy is sonder om te veralgemeen of die feit aan te pas verder is mm op n skaal van 10 so 6

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.