Hierdie nuusstories is in 2018 die meeste gelees op Maroela Media.
- [Video] Leeu gryp man in reservaat
ʼn Video van ʼn man wat in ʼn wildreservaat in Limpopo aangeval word, maak opslae op sosiale media. Lees meer.
- Paartjie oorval, vrou byna verkrag toe 6 toeslaan
“Jy hoor en lees van hierdie goed, maar jy verstaan nie tot dit met jou gebeur nie. Ons kinders het oorleef, maar wat van die duisende ander wat nie oorleef nie? Wat van die miljoene mense wat voortdurend in vrees moet lewe? Nee, dinge kan nie meer so aangaan nie.” Lees meer.
- Dagsorg se oproep aan ma: ‘Kom, jou kind is dood’
Haar vier maande oue babaseuntjie was maar ʼn halfdag in die sorg van ʼn dagmoeder toe ʼn Bloemfonteinse ma se donkerste nagmerrie werklikheid geword het. Lees meer.
- Wellington-gesin tydens braai op plaas oorval
Ludwig Uys (41), sy vrou Melanie en hul drie kinders is tydens ʼn braai op hul plaas buite Wellington in die Wes-Kaap oorval. Lees meer.
- Man in hof ná hy kind glo in Dros verkrag
ʼn Man (20) het in die streekshof in Pretoria verskyn nadat hy na bewering ʼn sewejarige meisie in ʼn Dros-restaurant in die ooste van Pretoria verkrag het. Lees meer.
- Jong man sterf ná voorval by kuierplek
Daniël Botha (26) se gesin het die masjiene wat hom aan die lewe gehou het afgeskakel nadat hy dae vantevore só erg in ʼn kuierplek aangerand is dat hy breindood verklaar is. Lees meer.
- Baba Eden gevind
Eden Laird, die 13 maande oue baba van Brackendowns in Alberton wat ontvoer is, is gevind. Lees meer.
- Stella-koshuismoorde: Name van slagoffers, verdagte bekend
Die name van die tienermeisies wie se liggame in hul koshuis by die Hoërskool Stella gevind is en die jong man wat van hul moorde verdink word, is bekend gemaak. Lees meer.
- Video: Hiér is die feite oor die nuwe skokdwelm in Pretoria
Video’s van jong mans en kinders van Pretoria wat oënskynlike aanvalle en psigotiese episodes beleef nadat hulle ʼn onbekende middel gerook het, word wyd op sosiale media versprei. Lees meer.
- Lys bekend van plase wat glo onteien gaan word
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ʼn lys bekendgemaak van plase wat glo deur die ANC-regering geoormerk is om sonder vergoeding onteien te word. Lees meer.