Maroela Media se 10 gewildste nuusstories vir 2018

Hierdie nuusstories is in 2018 die meeste gelees op Maroela Media.

  1. [Video] Leeu gryp man in reservaat

ʼn Video van ʼn man wat in ʼn wildreservaat in Limpopo aangeval word, maak opslae op sosiale media. Lees meer.

Die sogenaamde “Lion Mobile”. Foto: Via www.marakeleanimalsanctuary.co.za

  1. Paartjie oorval, vrou byna verkrag toe 6 toeslaan

“Jy hoor en lees van hierdie goed, maar jy verstaan nie tot dit met jou gebeur nie. Ons kinders het oorleef, maar wat van die duisende ander wat nie oorleef nie? Wat van die miljoene mense wat voortdurend in vrees moet lewe? Nee, dinge kan nie meer so aangaan nie.” Lees meer.

Nanna Viviers en Albert John voor die aanval. Foto: Facebook

  1. Dagsorg se oproep aan ma: ‘Kom, jou kind is dood’

Haar vier maande oue babaseuntjie was maar ʼn halfdag in die sorg van ʼn dagmoeder toe ʼn Bloemfonteinse ma se donkerste nagmerrie werklikheid geword het. Lees meer.

Klein JJ voor sy dood (Foto: Verskaf)

  1. Wellington-gesin tydens braai op plaas oorval

Ludwig Uys (41), sy vrou Melanie en hul drie kinders is tydens ʼn braai op hul plaas buite Wellington in die Wes-Kaap oorval. Lees meer.

Ludwig Uys en sy vrou Melanie (Foto: Facebook)

  1. Man in hof ná hy kind glo in Dros verkrag

ʼn Man (20) het in die streekshof in Pretoria verskyn nadat hy na bewering ʼn sewejarige meisie in ʼn Dros-restaurant in die ooste van Pretoria verkrag het. Lees meer.

Die beskuldigde in die sogenaamde “Dros-verkragtingsaak” in die hof. Foto: Mia Spies/eNuus

  1. Jong man sterf ná voorval by kuierplek

Daniël Botha (26) se gesin het die masjiene wat hom aan die lewe gehou het afgeskakel nadat hy dae vantevore só erg in ʼn kuierplek aangerand is dat hy breindood verklaar is. Lees meer.

Daniël Botha

  1. Baba Eden gevind

Eden Laird, die 13 maande oue baba van Brackendowns in Alberton wat ontvoer is, is gevind. Lees meer.

Eden Laird (Foto: Pink Ladies)

  1. Stella-koshuismoorde: Name van slagoffers, verdagte bekend

Die name van die tienermeisies wie se liggame in hul koshuis by die Hoërskool Stella gevind is en die jong man wat van hul moorde verdink word, is bekend gemaak. Lees meer.

Sharnelle Hough (17), links, en Marna Engelbrecht (16). Foto: Via Facebook

  1. Video: Hiér is die feite oor die nuwe skokdwelm in Pretoria

Video’s van jong mans en kinders van Pretoria wat oënskynlike aanvalle en psigotiese episodes beleef nadat hulle ʼn onbekende middel gerook het, word wyd op sosiale media versprei. Lees meer.

“Herbal Blend” word tans in ongemerkte swart pakkies verkoop met slegs die geur van die inhoud wat op die pakkie aangedui word. Foto: Maroela Media

  1. Lys bekend van plase wat glo onteien gaan word

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ʼn lys bekendgemaak van plase wat glo deur die ANC-regering geoormerk is om sonder vergoeding onteien te word. Lees meer.

Ernst Roets, adunk-uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.