Maroela Media se 10 gewildste nuusstories vir 2019

Hierdie nuusstories is in 2019 die meeste gelees op Maroela Media.

  1. Amy-Leigh ‘veilig’ gevind

Die sesjarige Amy-Leigh de Jager wat voor haar skool in Vanderbijlpark in Gauteng ontvoer is, is gevind. Lees meer.

Amy-Leigh de Jager (Foto: Facebook)

  1. Heroldsbaai-tragedie: Pa maak hart oop

Ettienne Scheepers, die man wie se vrou, Heidi (35), en kinders, Cozette (6) en Hugo (2), dood is nadat hul voertuig in die see by Voëlklip naby Heroldsbaai beland het, het in ʼn onderhoud verskeie bewerings en gerugte wat veral op sosiale media gemaak of versprei is, probeer besweer. Lees meer.

Ettienne Scheepers, sy vrou, Heidi, en hul kinders.

  1. Affies rou ná dood van skrander leerder

Die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) is in rou gedompel ná die dood van Ian Visser, ʼn gr. 12-leerder van dié Pretoriase spogskool. Lees meer.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria is in rou gedompel na die dood van Ian Visser, ‘n graad 12-leerder. (Foto: Facebook)

  1. Gesinsmoord in die Sederberge: Ma los briewe

Toe Dewald Coutts vir langer as ʼn week nie van sy ma of haar man en die egpaar se twee kinders van Moorreesburg in die Wes-Kaap gehoor het nie, het hy die ergste verwag. Lees meer.

Van links Dewald Coutts, Teresa Meyer, Luhan Meyer en Rian Coutts saam met klein Lurese en Luhan jnr. (Foto: Verskaf)

  1. Heroldsbaai-soektog: bussie onder water gekry

ʼn Grys Volkswagen Caravelle, soortgelyk aan die een waarin die vermiste Heidi Scheepers en haar twee kinders verdwyn het, is langs die rotse by Voëlklip by Heroldsbaai gekry. Lees meer.

Heidi Scheepers (35).

  1. Pa vasbeslote om oord te sluit ná seun sterf

“Ek wil nie finansieel vergoed word vir my kind se dood nie, ek wil net voorkom dat ander kinders ook beseer word of sterf.” Lees meer.

Aiden du Toit is in November 2017 by die ZambiBush-oord dood. (Foto: Verskaf)

  1. Plaasaanval op video vasgevang: ‘Hulle was daar om moord te pleeg’

“Dit was so sinneloos. Dit blyk dat hulle net daar was om moord te pleeg en vir geen ander rede nie.” Lees meer.

Harm Bonnema (Foto: Verskaf)

  1. Heroldsbaai: Oorsaak van ma, seun se dood bekend

Die nadoodse ondersoeke op Heidi Scheepers (35) en haar tweejarige seuntjie, Hugo, is afgehandel. Lees meer.

Heidi Scheepers se kinders het saam met haar verdwyn.

  1. Akteur, lektor sterf in Bryanston-motorongeluk

Anthony Bishop, ʼn Suid-Afrikaanse akteur wat bekendheid verwerf het vir rolle in Erfsondes, 7de Laan en Binnelanders en ook in verskeie plaaslike rolprente te sien was, het in ʼn motorongeluk gesterf. Lees meer.

Anthony Bishop. (Foto: Figjamagency)

  1. Video wys glo motor ry 260 km/h voor gru-ongeluk

Drie mense is dood ná ʼn gru-ongeluk op die R72 sowat 10 km buite Port Alfred in die Oos-Kaap. Lees meer.

Andrew Turnbull. Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.