Maroela Media se 10 gewildste nuusstories vir 2020

Hierdie nuusstories is in 2020 die meeste gelees op Maroela Media.

  1. Video: Motoris skiet verdagte dood

ʼn Man is doodgeskiet toe hy en twee makkers ʼn motoris in Pinetown in KwaZulu-Natal probeer kaap of beroof het.

Die wit Ford Ranger wat geteiken is (Foto: Skermgreep)

  1. Joost se broer skiet rowers in kerk dood

“Dit was ten volle uit selfverdediging. Nie net vir sy eie lewe nie, maar ook vir die ander gemeentelede se lewens.”

Die owerhede op die toneel. (Foto: Verskaf)

  1. Kleuter dood by skool: Ouers soek antwoorde

Sestien maande ná die dood van hul kleuter by ʼn kleuterskool in die omgewing, het ʼn egpaar van Pretoria steeds meer vrae as antwoorde.

Marelze Etzinger. (Foto: Verskaf)

  1. Driejarige amper uit kar gegryp

“Ons het als in ons vermoë gedoen om te keer dat ons kind gevat word.”

Jean-Pierre en Lexi (Foto: Verskaf)

  1. Video: Chaos buite Brackenfell-skool toe EFF, inwoners slaags raak

Die polisie moes ingryp nadat ondersteuners van die EFF en ouers en inwoners van Brackenfell slaags geraak en skote en vuiste geklap het.

Mense raak verlede week slaags buite die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad. (Foto: ANA)

  1. Agt sterf toe brand by gastehuis uitbreek

Agt lede van drie gesinne is oorlede toe ʼn brand by ʼn gastehuis in die Kalahari uitgebreek het.

Die Blinkwater Lodge naby die Kgalagadi-oorgrenspark in die Kalahari. (Foto: Blinkwater Desertplace Manor)

  1. Soektog na skrander jong man eindig tragies

Die soektog na die 19-jarige Stephen Nieuwoudt wat spoorloos verdwyn het, het hartseer geëindig toe sy liggaam by die Botaniese Tuin in die Harrismith-omgewing gevind is.

Stephen Nieuwoudt (19).

  1. Broer, suster sterf saam in familielid se huis

’n Broer en suster is saam met hul tannie dood toe hulle klaarblyklik deur die petrolwalms van ’n kragopwekker oorweldig is en versmoor het.

Deoné en Kyle Janse van Rensburg (Foto: Hoërskool Goudrif via Facebook)

  1. Drie leerders van bekende Pta-laerskool oorlede

ʼn Tragiese ongeluk het die lewe van drie van die Laerskool Menlopark in Pretoria se gr. 5-leerders geëis.

  1. Skool verloor nog ʼn leerder: ‘Hy was ʼn lewenslustige kind’

ʼn Tienerseun van Middelburg in Mpumalanga is dood toe hy sy oom gehelp het om klein vissies met ʼn net in ʼn swembad by ʼn huis in dié dorp te vang.

Janco du Toit (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.