Maroela Media se 10 gewildste nuusstories vir 2021

Hierdie nuusstories is in 2021 die meeste gelees op Maroela Media.

  1. Moord op leraar ruk Suidkus-gesin, gemeente

Die NG Kerk Suidkus op Amanzimtoti in KwaZulu-Natal is geruk deur die moord op ds. Liezel de Jager.

Werner en Liezel de Jager. (Foto: Facebook)

  1. Netcare vies oor bekende hartchirurg se ‘teen-inentingsmening’

Die Netcare-groep het sy groot “teleurstelling en ongeloof” te kenne gegee ná ʼn video van ʼn gerekende plaaslike hartchirurg waarin sy haar “persoonlike mening teen [Covid-19-]inenting uitspreek”.

Dr. Susan Vosloo se opmerkings in die video het ‘n herrie veroorsaak. (Skermgreep: BitChute)

  1. Voormalige Mej. SA se man (52) sterf

Chris Coutroulis, eggenoot van die voormalige Mej. Suid-Afrika, Vanessa Carreira-Coutroulis, het in die ouderdom van 52 gesterf.

Vanessa Carreira-Coutroulis en haar man, Chris (Foto: Instagram/Vanessa Carreira)

  1. Skoolhoof verplaas weens ‘boeliegedrag’

Dr. Anton Prinsloo, hoof van Hoërskool Eldoraigne in Centurion, is by die distrikskantoor in Gauteng geplaas.

Anton Prinsloo, hoof van die Hoërskool Eldoraigne in Centurion, is deur die departement van onderwys in Gauteng uit sy pos verwyder en by die distrikskantoor in Gauteng geplaas.

  1. Nuus oor Oscar se parool ‘skok’

ʼn Week voor die paroolraad sou sit om Oscar Pistorius se moontlike vrylating te bespreek, is die oorlede Reeva Steenkamp se ouers eers ingelig dat reeds begin is met die proses om hom op parool te plaas.

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

  1. Akteur, ses ander dood ná vliegtuig val

Die Tarzan-akteur Joe Lara, sy vrou en vyf ander is dood nadat ʼn ligte straler naby Nashville in die Amerikaanse deelstaat Tennessee neergestort het.

Joe en Gwen Lara.

  1. Man het glo twee vuurwapens by gastehuis gehad

Voordat die polisie na die Misty Hill Lodge-gastehuis in Muldersdrift, Gauteng, ontbied is, is Len Cloete glo deur die bestuur gevra om die perseel te verlaat. Hy het glo ook twee vuurwapens by hom gehad.

Len Cloete is deur polisie in die kop geskiet en is tans in ’n koma. (Foto: Facebook / Len Cloete)

  1. ‘Bid vir ons,’ vra familie ná tragedie in NZ

Familielede van die drie Suid-Afrikaanse kinders wat in Nieu-Seeland dood is, sê hulle is verpletter en ly steeds aan skok.

Die Dickason-sussies is dood in hul huis in Nieu-Seeland aangetref. (Foto: Facebook)

  1. Twee gesinne feitlik uitgewis in ongeluk

Jordan Marais (16) is die enigste oorlewende van ‘n ongeluk op die N3, wat die lewe van sy ouers asook dié van sy broer en ouers se vriende geëis het.

Van links: Jacques, Ian, Christa, Jordan en Donovan (Foto: Verskaf)

  1. Jong ouers neem eie lewe dag uitmekaar

Die geliefdes van ʼn jong ouerpaar is in rou gedompel nadat hulle ʼn dag uitmekaar hul eie lewe geneem en twee klein kinders agtergelaat het.

Jason Jonker en Rochelle Drury het hul eie lewens ’n dag uitmekaar geneem. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.