Maroela Media se 10 gewildste sportstories vir 2021

Hierdie sportstories is in 2021 die meeste gelees op Maroela Media.

  1. Franse sokkerspeler sterf ná 39 jaar in koma

Die voormalige Franse sokkerspeler, Jean-Pierre Adams, is in die ouderdom van 73 dood.

Jean-Pierre Adams (heel regs) gesels met die skeidsregter. Foto: Twitter.

  1. Clarkson vuur nóg ’n salvo in Hamilton se rigting

Jeremy Clarkson, die Britse televisiester en voormalige aanbieder van Top Gear, het weer sy mond oor Lewis Hamilton uitgespoel.

Jeremy Clarkson. Foto: Leon Neal/AFP.

  1. Trilogie van gevegte eindig rampspoedig vir Conor

Die gevegstrilogie tussen Conor McGregor en Dustin Poirier het op die slegste wyse denkbaar vir die veglustige Ier geëindig.

Foto: Stacy Revere/Getty Images/AFP.

  1. De Kock onttrek hom aan Windies-stryd

Quinton de Kock het homself aan die Proteas se tweede groepwedstryd teen die Wes-Indiese Eilande onttrek.

Quinton de Kock. Foto: Hansie Linde.

  1. Petrol die oorsaak vir spelers se brandwonde

’n Bietjie ekstra petrol op die vuur is die rede vir die brandwonde wat vier Munster-spelers opgedoen het.

Damian de Allende (Foto: Odd Andersen/AFP)

  1. Kyk: Verstappen en Hamilton-kruitvat ontplof in Italië

Max Verstappen en Lewis Hamilton se tweestryd is ’n kruitvat wat net wag om te ontplof. En die vonke het behoorlik in Italië gespat.

Wanneer ’n tweestryd om ’n draai skeefloop. Foto: Andrej Isakovic/AFP.

  1. Video: Pieterse se plettervat maak opslae

Rugbyondersteuners geniet altyd ’n goeie têkkel. Dit maak nie saak of dit in ’n skool-, klub- of internasionale wedstryd is nie; die toeskouers gesels altyd kliphard saam wanneer ’n speler platgeduik word.

Ryno Pieterse in aksie vir Castre. Foto: Fred Scheiber/AFP.

  1. Grootste toets van oudkrieketspeler se lewe

Chris Cairns, die voormalige Nieu-Seelandse krieketster, sê hy het vrede daarmee gemaak dat hy dalk nooit weer sal kan loop nie.

Chris Cairns se gesin het – wanneer Covid-regulasies dit toelaat – hom so gereeld as moontlik in die hospitaal besoek. Foto: Instagram.

  1. MotoGP geruk deur 19-jarige se dood

Die 19-jarige Moto3-jaer Jason Dupasquier het noodlottige beserings opgedoen in ʼn ongeluk tydens die kwalifiserende rondes.

  1. Van Coke se vuishoue g’n dagdroom

Die kleiner rock-ster het rats in die kryt rondgedartel en hy het met ’n paar goedberekende houe gesorg dat die voormalige Springbok-losskakel gereeld op die agtervoet was. Anders as met die titel van sy groot treffer, was sy vuishoue g’n dagdroom nie.

Francois van Coke en Derick Hougaard. Foto: BOXOP/Blue Banana Events.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.