Maroela Media verras dagsorgsentrum

Annelize Britz van Maroela Media lees 'n storie voor vir die kinders van die dagsorgsentrum

Die kinders luister aandagtig na ‘n storie wat Annelize Brits van Maroela Media vir hulle voorlees.

Maroela Media het op 26 Junie elke kleuter by die Teletubbies-dagsorgsentrum in Pretoria-Noord verras met ‘n geskenkpakkie. Maroela Media het vroeër vanjaar dié dagsorgsentrum onder sy vlerk geneem.

Teletubbies, wat deel is van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF), sien om na hulpbehoewende kinders. Maroela Media het geskenkpakkies met splinternuwe winternagklere, pantoffels, ʼn kamerjassie en nog vele meer aan elke kind by die dagsorgsentrum oorhandig.

Persone wat van die projek te wete gekom het, het ook ʼn bydrae gelewer en Teletubbies het ook ‘n speelmat, speelklei, verf, inkleurboeke, speelgoedteekoppies, handdoeke en waslappe ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.