Maroela-nuus nou daagliks gratis in jou e-posbus

Argieffoto

Argieffoto

Maroela Media, die lekkerste kuierplek op die internet, het sopas sy nuus-nuusbrief beskikbaar gestel.

“Dis vir ons belangrik dat lesers op hoogte sal bly met alles wat die afgelope 24 uur gebeur het,” het Susan Lombaard, besturende direkteur van Maroela Media, gesê. “Soms raak mens in die dag so besig dat jy nie tyd het om ʼn webwerf te besoek om te sien wat in die nuus gebeur het nie. Nou bring ons vir jou al die nuus gratis na jou persoonlike e-posbus. Die daaglikse nuus-nuusbrief bevat bloot ʼn opsomming van al die nuus wat in die afgelope 24 uur op Maroela Media gepubliseer is, sonder enige fieterjasies. Boonop word dit al vyfuur soggens in jou e-posbus afgelewer sodat jy die nuus saam met jou eerste koppie boeretroos kan inkry.”

Hierdie nuusbrief verskil van Maroela Media se weeklikse nuusbrief wat al die lekker stories bevat: die resep van die week, ʼn interessante wenk, ʼn Taaltoffie, rugbynuus, ʼn grappige video… “Die lekkernuus-brief word elke Vrydag uitgestuur en maak seker dat lesers die week op ʼn hoë noot kan afsluit,” het Lombaard bygevoeg.

Lesers kan hier inteken op die nuus-nuusbrief of die lekkernuus-brief.

Maroela Media het in 2011 tot stand gekom en is, met sy sowat 1 miljoen maandelikse besoeke, reeds die derde grootste Afrikaanse webwerf in Suid-Afrika (volgens Effective Measure) en die lekkerste kuierplek op die internet (volgens ons lesers).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Miemmie Swarts ·

Ons geniet al die inligting wat ons so op hoogte hou van belangrike gebeure daagliks.

Cathy Kotze ·

Maroela Nuus raak al hoe gewilder onder Afrikaners in die buiteland. Ek het die inligting op my Facebookblad geplaas en sedertdien is dit daaglikse leesstof vir al my Facebook vriende. Maroela Nuus is ook bekend gestel op ‘n forum vir immigrante in Kanada.

Die nuus is gebalanseerd, taalgebruik is puik, en julle bied daaglikse nuus wat onmisbaar is. Dis aangenaam om nuuskommentaar te lees wat nie pal beïnvloed word deur die hoofmedia se regstellende aksie en ultra linkse meningsvormers nie.

Sune van Heerden ·

Dankie Cathy! Ons waardeer dit.
Hoop julle kuier nog sommer baie lekker verder saam!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Denise

Dankie! Ons stuur jou e-posadres aan die tegniese span.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Andries ·

Dankie Maroela ek geniet die lees stof baie en dit hou my op hoogte werk in Saudi en glo my ek lees dit elke oggend ek geniet hom baie
Groete

Sune van Heerden ·

Dankie Andries! Ons hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder saam.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Alet ·

Dankie vir die gratis nuus wat ons kan ontvang. Ek het so pas ingeteken op die daaglikse hooftrekke aangesien ek nie elke dag die internet besoek nie. Julle ROCK.

Sune van Heerden ·

Dankie Alet! Ons hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.