Maroela soek top-matriekpresteerders

Argieffoto (Foto: Rui Vieira/PA Wire)

Argieffoto (Foto: Rui Vieira/PA Wire)

Maroela Media, een van Suid-Afrika se grootste Afrikaanse nuus- en vermaaklikheidswebwerwe, wil vanjaar erkenning gee aan Afrikaanse skole se toppresteerders in die matriekeksamen.

Maroela Media nooi alle matrikulante, wat na verwagting AGT of meer onderskeidings gaan verwerf, om aan die projek deel te neem.

Ons wil ook graag erkenning gee aan kandidate wat ondanks moeilike omstandighede en terugslae goed presteer het.

Kandidate wat ook op sport- en kultuurgebied uitsonderlik presteer het, kan ook van hulle laat hoor.

Klik hier om deel te wees van dié lekker projek en vul die vraelys so volledig as moontlik in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.