Marokkaanse diplomaat in PTA vermoor

misdaadtoneel

Argieffoto

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn Marokkaanse diplomaat Dinsdag dood aangetref is in Pretoria.

Brig. Neville Malila, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die man se kollegas het omstreeks 12:00 op sy liggaam afgekom. Hy het in ʼn plas bloed gelê. “Sy kollegas het by sy huis gaan ondersoek instel nadat hy nie die oggend vir werk opgedaag het nie,” het Malila gesê.

Eyewitness News het die man uitgeken as Fatmi Noureddine (42). Die rede vir sy moord en hoeveel verdagtes daarby betrokke was, word nog ondersoek.

Die Marokkaanse ministerie van buitelandse sake en samewerking het op sy webwerf ook die afsterwe van een van sy werknemers bevestig.

ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak van Noureddine se dood te bepaal. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.