Maroleng se aanstelling by SAUK verwelkom

Chris Maroleng. Foto: ANA.

Die ANC het Woensdag gesê hulle verwelkom die aanstelling van Chris Maroleng as die nuwe uitvoerende bedryfshoof by die SAUK.

Mziwamadoda Kalako, die sweep van die ANC se studiegroep van kommunikasie, het in ʼn verklaring gesê dié groep verwelkom Maroleng se aanstelling wat vanaf 1 Februarie 2018 van krag is.

“Die ANC verwelkom dié besluit en hoop dat Maroleng se aanstelling die openbare uitsaaier na nuwe hoogtes sal neem.”

Maroleng was eNCA se Afrika-redakteur, ʼn uitvoerende beampte vir korporatiewe aangeleenthede by MTN en ʼn navorser by die instituut vir sekuriteitstudies. Hy het ʼn BA Honneurs- asook ʼn MBA-graad aan die universiteit van Kaapstad verwerf.

Maroela Media het vroeër berig die aanstelling van ʼn uitvoerende bedryfshoof vir die SAUK is gefinaliseer volgens die bevel van die hooggeregshof oor die aanstelling van uitvoerende hoofde by die openbare uitsaaier.

Die interimhofbevel wat verlede jaar in Oktober uitgereik is, het die magte van die kommunikasieminister beperk om uitvoerende hoofde by die SAUK aan te stel, om die onafhanklikheid van die raad te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jacques Venter ·

Daars vordering van n bestuurshoof sonder matriek tot n persoon met n MBA kwalifikasie.

Dinge begin stadig aan regkom.

Hoe minder zumaniete in sleutel posisies hoe beter

jean ·

Ek hou van die man se gesig…….miskien kan hy dinge begin regruk?…..

Gemaskerde Sopbeen ·

Van gefaalde matrikulant tot dubbel gegradueerd? Van “blesser” tot “bedryfshoof”!! Van totaal oningelig….tot vol ondervinding. Die vorige enetjie is nooit gevra oor die swart sakke vol kontant wat aangedra en in sy kar se kattebak gelaai is nie……..want sekuriteit is nooit ondervra nie. Miskien, net miskien, beleef ons nou iets anders, beter, nuwer….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.