Marteling tydens Koster-plaasaanval wys dis geen gewone misdaad

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die Demokratiese Alliansie eis dat plaasaanvalle as ’n prioriteitsmisdaad verklaar moet word sodat gespesialiseerde landelike veiligheidseenhede weer op die been gebring kan word. Dié eenhede beskik oor die nodige toerusting, tegnologie en mannekrag om ’n einde te kan bring aan die plaag van plaasaanvalle reg oor Suid-Afrika.

“Ek was tot in my wese geskok toe ek uitvind van die grusame plaasaanval in Koster,” sê Leon Basson, provinsiale leier van die DA in Noordwes. “Die haatdraende wreedheid en ure lange marteling van Chris en Hesta Barnard deur drie aanvallers Woensdagnag moet veroordeel word deur alle mense wat waarde heg aan basiese menswaardigheid.”

Maroela Media het vroeër berig die egpaar het omstreeks 20:30 op die stoep van hul huis op die plaas Windy Valley gesit, toe drie gewapende aanvallers, hul gesigte bedek met klapmusse, toegeslaan het.

“Een aanvaller het ’n wielsleutel en ’n sweep gebruik. As hierdie barbaarse optrede nie genoeg was nie, het die aanvallers Hesta met ’n vuurwarm yster gebrand en haar hare met ’n mes afgesny,” voeg Basson by.

“Hierdie tipe marteling spreek nie net van brutale misdadigheid nie, maar ook van haat teenoor mense wat in landelike gebiede woon en wat hul sweet, bloed en trane opoffer om kos op Suid-Afrikaners se tafel te sit te midde van taai en onveilige omstandighede.”

Beide Chris en Hesta word in ’n hospitaal vir hul beserings behandel.

Basson sê namens die DA in Noordwes wens hy Chris en Hesta alles van die beste toe op hul lang pad na herstel.

“Die DA doen ’n beroep op die SAPD om alle hulpbronne beskikbaar te maak om te verseker die aanvallers word in hegtenis geneem en suksesvol vervolg.

“Die DA vra al lank die nasionale regering, en spesifiek die minister van polisie, Bheki Cele, om plaasaanvalle as ’n prioriteitsmisdaad te verklaar sodat gespesialiseerde landelike veiligheidseenhede weer op die been gebring kan word wat beskik oor die nodige toerusting, tegnologie en mannekrag om ’n einde te kan bring aan die plaag van plaasaanvalle reg oor Suid-Afrika.”

Hy meen minister Cele en die hele nasionale regering sit ongelukkig op hul hande terwyl inwoners in landelike gemeenskappe onderwerp word aan die wreedste aanvalle denkbaar.

“Plaasaanvalle veroorsaak ontsettende verwoesting, pyn en lyding – nie net vir die slagoffers nie, maar ook vir hul gesinne. Dit het ook ’n langdurige effek op hegte gemeenskappe.

Nie net word lewens geëis nie, maar met elke wrede plaasaanval is daar al minder boere wat belê in die bewerking van die grond om kos te produseer en werk aan mense te verskaf. En dit is hoe klein, plaaslike gemeenskappe stadig versmoor onder die wolk van misdaad en ekonomiese afname.

“Dit móét gestop word. Minister Cele, ons benodig nie nog beloftes nie, ons kort aksie!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Alex ·

Laat ons dink. As jy wat in beheer is van beskerming en niks doen om beheer toe te pas nie, kan jy nie dalk aangevat word as net so krimineel soos die een wqt die misdaad gepleeg het nie. Want soos dit nou aangaan, doen die Polisie niks en Cele nog minder. Dan is hulle nes die misdadigers ook skuld. Hulle keur dit dan op n manier dit goed…

SomeOne ·

“Die Demokratiese Alliansie eis dat plaasaanvalle as ’n prioriteitsmisdaad verklaar moet word” weereens word net gepraat, nie opgevolg nie, woorde help niks

Porseleintjie ·

Cele het al hoeveel geleentheid gehad om plaasaanvalle te prioritiseer. Dit gaan duidelik nie gebeur terwyl hy in die stoel sit nie. Verder is hy te lig in die broek om enige misdaad hok te slaan. Verwyder hom uit die amp. Dis die eerste tree in die regte rigting om ons boere te beveilig.

Cherokee ·

re “…………………..ons benodig nie nog beloftes nie, ons kort aksie!”

Ag Leon Basson, ek weet van g’n beloftes wat cele gemaak het met betrekking tot boere, nie. Enigste kommer wat hy het, is as hy sy hoed verloor, blink sy kaalkop op straat. Miskien het hy beloftes gemaak, maar dan was dit vals.

Pablo ·

Alles moet eers vernietig word voor
kommunisme die stuur kan neem. Ek wonder hoeveel mense werklik weet hoe en wanneer kommunisme in werking tree.

4ntj13 ·

Ek is bevrees minister Cele vee sy alie af aan ons klagtes hier. Wat moet ons doen om voldoende ondersoek te kry? Is ons eie menseregte-organisasies te lam om oorsee hulp te vra vir dit? Ek dink die VN moes teen nou al vrae gevra het oor sulke herhalende gevalle wat blykbaar nie gekleurde Suid-Afrikaners tref nie.

Alta Alleman ·

En so mag ons onsself nie verdedig met vuurwapens nie want die nuwe wet sê mos selfverdediging is nie ‘n rede nie. Skud my kop in ongeloof !! Mag daar vinnige herstel kom vir Chris en Hesta. Julle is in my gebede.

Nie Verbaas ·

Dit is skokkend. Ek vra die vraag hoe politici nog hulle gesigte in die openbaar kan wys na al die onthullings oor wat aangaan maar aan die anderkant weet ons ook dat arrogansie n groot rol speel.

annie ·

Cele is bloot ‘n effigy van ‘n karakter uit ‘n ou hollywood skop-en-skiet-movie. Sy spieël is die heeltyd in sy agterkop…die sheriff en sommer ook die dorpie se begrafnisondernemer. Hierdie soort misdaad is wreed verby. Boere moet hul sekuriteit opskerp. Die polisie gaan nie help nie.

Frank John ·

Die minister is in beheer van die aanvalle anders sou hy dit lankal stop gesit het maar dis deel van hul planne wat hulle lankal beplan het. Hulle bly druk om die grond te kry. Dis soos “gorilla oorlog voering” klein groepies wat gedurig aanval, tereur en moord pleeg. Dis soos waneer jy ‘n boom wil afsaag met ‘n tou. As jy aanhou sal jy uiteindelik die boom afsaag. Groot groepe kan maklik opgemerk word so hulle gebruik die klein aanval groepe. Hulle weet dit. Dit is al baie gebruik wêreld wyd. Tot die boere het dit gebruik teen die engelse.

Kobus ·

Verbeel ek my of is die MRK besonder stil wanneer dit by hierdie brutale aksies kom? Indien ons praat van doodstraf , is hulle vinnig om die misdadigers onder die dekmantel van “mense regte” te beskerm maar hulle sal nooit gevalle soos die aanspreek nie.

christo ·

Ramaphosa is toe nié die leier wat die samelewing gehoop het hy sal wees nié. Hy kan net nié van sy vrot appel ministers ontslae raak nie. Net hy sal weet watter houvas Cele op hom het. Suid-Afrikaners se veiligheidsituasie vererger net onder Ramaphosa en Cele se bewind.

Ben ·

Hoe min Cele, (en hulle patetiese oneerlike baas wat hom verduur) en sy kommissaris omgee,…. word ook geillustreer deur hoe selektief hul die SAPD se ’72 uur reaksieplan’ aktiveer. (Dit help ten minste soms om moordenaars te vind.)
Hul is growwe rassiste reg en direk vanuit hul kommunistiese politburo.

Phillip ·

Ons het n korupte regering…..nuks wat ons se gaan na geluister word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.