Ma’s in hegtenis ná kinders in brand sterf

Argieffoto

Twee ma’s is in hegtenis geneem vir kinderverwaarlosing nadat vier kinders Sondagoggend in ’n huis in Alexandra, Johannesburg, doodgebrand het.

Volgens Mbangwa Xaba, woordvoerder van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling, het die vier kinders van sewe jaar en jonger, in die vroëe oggendure van Sondag doodgebrand.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale woordvoerder van die polisie, het dié voorval aan Maroela Media bevestig.

“Drie kinders van een ma is dood terwyl een kind van die ander ma in die brand dood is. Die tweede ma se 14-jarige kind kon daarin slaag om van die vlamme te ontsnap en hulp te ontbied,” het Makhubele gesê.

Die vyf kinders was glo ten tyde van die brand sonder toesig alleen by die huis.

Volgens Makhubele word die oorsaak van die brand nog ondersoek, maar vermoed die polisie in dié stadium dat die brand deur ’n verwarmer veroorsaak is.

Nandi Mayathula-Khoza, die Gautengse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het maatskaplike werkers na die toneel gestuur om ondersoek in te stel.

Mayathula-Khoza het haar afgryse oor die voorval uitgspreek en sal na verwagting binnekort self die toneel besoek waarna sy die voorval, asook die gevolglike optrede van die departement, met die Gautengse premier, David Makhura, sal bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Regte ding ·

Dit is nou die regte ding om te doen. Liewe aarde arme kindertjies.

Mishandeling ·

Weereens kinders wat ouers se verantwoordelikheid moet neem, Ek verstaan nie hoekom het jy dan kinders. Ek was ook al in tawwe situasies, Pa is op ‘n kursus weg, die een kind word in nood situasie in die hospitaal opgeneem en die ander 1 slaap, wel die ander 1 moet maar so op die skouer slaap, in die motor tot ek die ander 1 in het en dan weer op die skouer. Maak ‘n plan as jy sukkel, moenie vooraf misbruik, dan sal mense help.

Tarien ·

Absoluut! Ek stem volkome saam, die kinders betaal altyd die prys vir onverantwoordelike ouers

Gesiggie ·

Hoe kan jy as n ouer jou kind alleen laat… dit is baie hartseer.. en ek wil nie die ma wees om met die skuld gevoel te lewe, HOE KAN JY JOUSELF VERGEWE. RIP

Oordeel ·

Hoe weet jy waarom die ouer haar kinders by die huis moes los. Party van ons is in haglike finansiele posisies met geen ander uitweg as om te gaan werk nie. Hoe kan jy sê iemand moenie kinders kry as hy nie kan sorg nie? Dis kinderagtige opmerkings. Die lewe is nie so eenvoudig soos jy voorgee nie. Jy jan nie oordeel voor jy nie selc in daai skoene was nie.

n ·

@ Oordeel, maak nie saak wat jou finansiele situasie is nie. Ek as ouer sal NOOIT my KINDERS sonder TOESIG los nie. Ek vat my kinders oral saam waar ek kan, wat ookal die situasie is. Anders maak ek seker ek los hulle by iemand wat ek kan vertrou en wie hulle mooi sal oppas. Daar is GEEN verskoning om jou klein kindertjies by die huis te los ALLEEN nie. Moenie finansiele situasie blameer nie. Blameer ‘n vrou wat ‘n ma veronderstel is om te wees. GEEN vrou wat die naam MA werd is los haar klein kindertjies by die huis alleen nie. Ek is jammer maar vir my is dit ‘n groot NEE.

GM ·

@Oordeel – Mens moenie oordeel nie, jy is reg, maar die meeste weet ook nou al hoe BAIE ouers na hul kinders kyk. Om in ‘n finansiële verknorsing te sit, beteken nie jy het die reg om jou kinders te verwaarloos nie, dit beteken jou omstandighede is meer ‘demanding’, maar daar is altyd iewers hulp.
As die 14-jarige die kinders opgepas het omdat die ma’s moes werk, ‘fair enough’, maar as ‘n 7-jarige almal moes oppas, dan lyk die situasie bietjie anders. Hulle praat van 1 huis, so ek neem aan eersgenoemde was heel moontlik die geval.

R.I.V. Geen persoon, veral nie ‘n kind nie, verdien om so te sterf nie.

Tarien ·

Stem! ! Mense asb kinders is nie ń “weggooi” probleem.

CINDY ·

@GM, ek het op n ander nuusberig gelees dat die ma’s uit was om te gaan drink en die kinders alleen by die huis gelos. Dit is ook die rede omdat hulle in hegtenis geneem is.

Wenner ·

Oordeel, jy is reg. Sommige leef onder haglike omstandighede, maar as ek reg verstaan, het die voorval in die vroeë oggendure gebeur. En selfs al het die ma’s nagskof gewerk ( bloot net as voorbeeld) dan sorg jy dat daar n verantwoordelike persoon by jou kinders is

Jozi ·

Kom ons “sugar coat” nou nie vandag hierdie tragedie nie.
Ek is 99.9% oortuig daarvan dat die twee ma’s die hele aand by ‘n tavern of twee gaan kuier het en daarom was die kinders sonder volwasse toesig by die huis.
@Oordeel, ek het simpatie met enige ouer wat nagskof moet werk of wat finansieel sukkel om die mas op te kom.
Maar, as jy werklik vir jou kinders omgee, behoort hul welsyn en veiligheid top prioriteit te wees.
Ek weet hierdie is nie ‘n geisoleerde geval nie. Dit gebeur daagliks dat hordes jong babas, kleuters en jong weerlose kinders in ‘n “shack” of huis toegesluit word terwyl die ouers OF gaan werk OF gaan kuier by al wat ‘n drinkplek is.
Wanneer dit wel aangemeld deur iemand in die gemeenskap, word die saak meeste van die tyd van die een welsynsorganisasie tot die volgende verwys.
En wanneer daar die dag ‘n tragedie soos hierdie voorkom, wil almal skielik begin ondersoek instel en en en…..
Te min, te laat vir daardie kinders.

Liamari ·

Gisteraand op die nuus… Die ma was in die sjebeen. So ja… Dis kinder verwaarlosing! Dis meestal waarom die wereld so lyk… Slegte ouers kweek kriminele en sosiopate.

E.K. die eerste ·

Hoekom ook net aanhou kinders kry as jou situasie haglik is? As jy nie reg vir hulle kan/wil sorg nie, dan stop jy en klaar. Meeste van hierdie mense sukkel alreeds en dan moet jy maar DINK voor jy nog kinders kry. Maar ja…daai lekker staatstoelaag… En as dit waar was soos iemand hier opgemerk het dat hulle in ‘n shebeen gaan rondlê het, nou-ja geen simpatie. My simpatie lê by kinders wat ongevraagd verwek en dan verwaarloos word.

Lizzy ·

En waar is die pa’s van hierdie kinders? Hoekom word hulle nie ook in hegtenis geneem nie of is dit alleenlik net ma’s wat verantwoordelik gehou word vir ‘n kind se welstand?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.