Mashaba aangekla oor uitlatings oor ‘onwettige immigrante’

Herman Mashaba. Foto: Facebook/Democratic Alliance

Herman Mashaba. Foto: Facebook/Democratic Alliance

Die ANC in Johannesburg het Donderdag gesê die party sal Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, by die Mensregtekommissie (MRK) verkla oor uitlatings wat hy glo oor onwettige immigrante gemaak het.

Die ANC in Johannesburg het in ʼn verklaring gesê Mashaba se uitlatings was “onpolities” en ʼn aanduiding daarvan dat hy nie verstaan wat dit verg om ʼn leier in die samelewing te wees nie. “Ons sal Herman Mashaba ʼn les leer oor hoekom dit onverskillig van hom was om so ʼn stelling te maak gegewe die geskiedenis van xenofobiese aanvalle in die gebied,” het die ANC gesê.

Mashaba het tydens ʼn toespraak ná 100 dae in sy nuwe pos na bewering gesê onwettige immigrante wat sonder die nodige dokumentasie in Johannesburg woon word met kriminele aktiwiteit in die stad verbind en moet deporteer word. Sy stelling het erge kritiek ontlok van gemeenskapsorganisasies in Johannesburg wat buitelandse burgers verteenwoordig, tot so ʼn mate dat die African Diaspora Forum Vrydag ʼn optog na Mashaba se kantoor gehou het.

“Oor die afgelope 22 jaar was daar sewe xenofobiese aanvalle wat tot talle buitelanders se dood gelei het en veroorsaak het dat huise vernietig is en winkels geplunder is deur diegene wat buitelanders beskuldig vir die hoë vlakke van werkloosheid en misdaad. ʼn Verantwoordelike leier sal weet dat hierdie ʼn baie sensitiewe onderwerp is wat aangepak moet word met die sensitiwiteit wat dit verdien,” het die ANC gesê.

Die party het gesê hy sal die MRK vra om die uitlatings te ondersoek en die nodige stappe te doen. “Die onverantwoordelike uitlatings van ʼn nuweling-burgemeester ontstel nie net die ANC nie; ons probeer ook ʼn diplomatieke krisis en xenofobiese geweld voorkom. Dit is iets wat ʼn nuweling nie sal verstaan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Jan ·

Mmmm , so as ‘n swart mens suke uitlatinge maak, dan is dit onverskillig, maar moet nou net nie dat iemand van wit, iets soortgelyk in Houtbaai kwytraak nie!

LB S ·

Maak natuurlik ook nie saak hoeveel keer Malema EN die ANC die wittes hier in SA WEGWENS nie. Nee, ons wat hier GOBORE is word daagliks gewys hoe onwelkom ons hier is.
(Deur sommige mense, nie almal nie, daarom moet die ANC en EFF gladnie aan bewind wees nie).

Louisa ·

Wat my verstand te bowe gaan is dat die vrou nie die ‘Penny Sparrow’ les geleer het dat jy nie alles wat jy dink op FB gaan uit basuin nie. As mense nou nog nie die kloutjie by die oortjie kan bring en besef dat wat jy op FB kwyt raak oor die wereld kan versprei en baie vinnig ook, dan laat dit mens wonder. Mense moet DINK voor hulle hulle gedagtes op FB uithang vir die WERELD om te lees!!!

steve ·

Cool… So die hele Afrika Kan maar kom en misdaad pleeg en almal maar almal Moet maar stil Bly en hul maar toelaat aangesien ons bang is dat hul mekaar aanvat… Dit is Seker n burgermeester se reg om misdaad Te wil bekamp en die wat wel hier mag wees Te beskerm… Burgermeesters wereld wyd se Amper dieselde goed daagliks… Damn tot Trump as president to be het dit gese en Bly by sy woord..

Simon ·

Die Grondwet skryf dit is die owerhede se plig om beskerming aan die land se inwoners versorg.
Dit is sy plig en behoort sonder vrees nagekom te word.
Eintlik is dit on-onderhandel-baar. Dus is nie-nakoming in wese n wetsoortreding.
Wie van ons is bewus hiervan?

wilma ·

Mnr Mashaba moet ondersteun word en ni gekritiseer word nie. Onwettige mense mut trug na hul land. Hie nie eers werk en huise vi SUid Afrikaners nie. buitendien as jy met misdadige aktiwiteite besig is nog meer rede om na jou land van herkoms trug te keer

Oom Kalahari ·

Wat is die agenda van die ANC nou met Mnr Mashaba? Daadwerklik is hy besig om kriminele aktiwiteite en oortreders hok te slaan met onwttige immigrante. Hoe ondersteun of kan die heersende ANC Party dan nou hierdie tipes van oortredings nie erken wat dan gepleeg word as Mnr Mashaba dit dan kan bewys? Dan is daar mos nou erkenning dat hul die tipe optredes wil goed praat asook is dit dan nie ‘n bewys dat iewers is die grensbeheer sisteme baie swak as duisende onwettige immigrante net instroom na SA en wel dan ook hoekom? Daar is dan nie eers genoeg werk en behuising op nasionale vlak nie, maar dit word toegelaat as Mnr Mashaba net sy werk met aanstelling probeer uitvoer wat misdaad bekamping insluit.

Simon ·

Oom Kalahari,
Jou betoog laat die term “hipokrite” by my in my gedagtes posvat.
Ek sal maar in woordeboek op kyk wat dit presies beteken.
Goeie plan is dit nie?

Arizona ·

Staan 100% agter Mnr Mashaba. SA is n free for all land. Ons eie swart mense kry nie eers soveel aandag soos die buitelanders nie. Hulle kom maak en breek in ons land en almal moet stil bly want die ANC se jy moet. Skop hulle uit

JC ·

Hulle gaan NIKS regkry met Mnr Mashaba nie, sy optrede is prysenswaardig!!
Hy probeer juis ‘n bloedbad verhoed deurdat nie- burgers wat onwettig hier in ons land is en NIE asielsoekers is nie, gedeporteer word VIR HUL EIE VEILIGHEID EN VOORUITGANG en dat die min werksgeleenthede wat daar wel bestaan AAN SUID-AFRIKAANSE BURGERS GEGEE word!!
Simon is een van die hipokritiese liberales in ons land, een van die wolwe in skaapsklere, ag shame ten minste in die minderheid onder Afrikaners. Interessant-die ROOI BRIGADE het niks gese nie; wat impliseer hulle ondersteun Mashaba, WAT REG IS VIR EEN MAAL. Aan die ander kant van die munt is dit interessant om daarop te let dat die ANC niks gese het oor die mannetjie met die rooi beret se uitlatings in Newcastle destyds nie!! Mmm, ou simon, is dit nou nie growwe hipokritiese standaarde nie. DIT WYS DAAROP DAT DIE ANC OP DIE STADIUM VAN DIE SPEL NOU AL SO IDEOLOGIES VERWARD IS DAT HUL NIE MEER REG VAN VERKEERD KAN SKEI NIE, OOK NIE MEER LOGIESE EN RASIONELE uitlatings van illogiese en irrasionele uitlatings nie, HUL moet eintlik bejammer word!!

JC ·

Hulle gaan NIKS regkry met Mnr Mashaba nie, sy optrede is prysenswaardig!!
Hy probeer juis ‘n bloedbad verhoed deurdat nie- burgers wat onwettig hier in ons land is en NIE asielsoekers is nie, gedeporteer word VIR HUL EIE VEILIGHEID EN VOORUITGANG en dat die min werksgeleenthede wat daar wel bestaan AAN SUID-AFRIKAANSE BURGERS GEGEE word!!!!
Simon is een van die hipokritiese liberales in ons land, een van die wolwe in skaapsklere, ag shame ten minste in die minderheid onder Afrikaners. Interessant-die ROOI BRIGADE het niks gese nie; wat impliseer hulle ondersteun Mashaba, WAT REG IS VIR EEN MAAL. Aan die ander kant van die munt is dit interessant om daarop te let dat die ANC niks gese het oor die mannetjie met die rooi beret se uitlatings in Newcastle destyds nie!! Mmm, ou simon, is dit nou nie growwe hipokritiese standaarde nie. DIT WYS DAAROP DAT DIE ANC OP DIE STADIUM VAN DIE SPEL NOU AL SO IDEOLOGIES VERWARD IS DAT HUL NIE MEER REG VAN VERKEERD KAN SKEI NIE, OOK NIE MEER LOGIESE EN RASIONELE uitlatings van illogiese en irrasionele uitlatings nie, HUL moet eintlik bejammer word!!

Lance ·

Dit is reg dat onwettige mense moet uit …hulle kan misdaad pleeg en daar is geen rekord van die mense nie …en dit gebeir ook ….kry die stad skoon asb !

ja neh... ·

Snaaks dat as daar iets oor die buite landers gese word dan word daar stappe geneem… Maar daar kan maar oop en bloot gesing word kill the boer en daar word absoluut niks eers gese nie . … Inteendeel dit word deur die president aangemoedig….

Bekommerd ·

Herman Mashaba draai nie doekies om nie, maak die man die president.

Drakensberger ·

Die arme ANC …. as hulle nie kan blaf nie tjank hulle! Hansworse, siestog!

Jonathan ·

Is dit wettig om n land binne te kom sonder die nodige dokumente ? het net party mense dokumente nodig ? kan jy maar iemand se voertuig ry sonder sy toesteming ?of mag jy dan ook maar oes sonder toesteming ? afrika is my land vrye toegang om te neem en of om te betaal wanneer en hoe dit nodig is

Philip ·

Mashaba is 100 % reg en almal weet dit . Hoeveel keer moes ons nie al hoor die aanvallers is van Zim of Moz nie ! Mashaba sal steun bykry weens sy stelling oor groot hoeveelheid immigrante se kriminele gedrag . Die rede daarvoor is ook baie eenvoudig . Net soos amerika by wyse van onwettige immigrasie in Trump se woorde nie” Mexico’s finest ” trek nie doen RSA dit ook nie met Onwettige imigrante nie ! Tav penny sparrrow et al ; sy was verkeerd in dis dit . Die probleem lê egter nie daar nie maar eerder by die regering sedubbele standaarde tav rassisme en ook die arme drommels wat dit nie kan raaksien nie want hul loop met n ” te bang om my rug reguit te maak ” misplaasde skuldgevoel rond

Alida ·

Mooi Mnr Mashaba maak skoon. Die ANC is dir mense wat huil en se die imigrante steel hul werk. Wat wil hulle nou he wonder mens.

tom ·

Ek se dit langkal hier is seker 40miljoen onwettiges is die land .ek sien dit in die dorpe .gaan kyk maar 90%van die smouse is buitelanders

Estelle ·

Ek stem saam met ja-ne , Julius Malema kan sê wat hy wil van wit mense maar teen anders kleuriges is dit teen die wet. Die Guptas het pas ñ saak teen hom in die hof gewen omdat hy iets oor hulle kwyt geraak het!! Wens ons het ñ Trump in Suid Afrika gehad!!!

Liendempers ·

Soos wat die verkeersbeamptes destyds met hulle busse gestaan het en jou afgetrek het vir uistaande boetes, dink ek dit sal n goeie plan wees om dit in die stede te doen. As jy n stalletjie/winkel het kan die polisie jou bus toe vat, ID nagaan, en as jy onwettig is mnr of mev, kry solank vir jou n sitplekkie daaragter. Die bus ry sommer direk grens toe as hy vol is.

FM ·

Anc vol suur druiwe!!!!Mashaba probeer dinge regruk wat die anc nie kon doen nie. En hy moet net so aanhou, want die anc is nie vatbaar nie en verval nog in die verlede. Politiek het verander anc. Pas aan, Ons kyk vorentoe, nie agtertoe nie!!!! Hou so aan Mashaba!!!!Jy het baie support!!!!

Sarie ·

Hoekom gaan die ANC nie ‘n slag misdaadstistieke na en kyk deegik na die lande van herkoms en die aantal onwettige burgers van uit Afrika wat by feitlik elke misdaad betrokke is, is nie. As hulle koerante lees sal hulle agterkom in meeste van die gevalle van errnstig en minder ernstige misdaad voorvalle is daar ‘n onwettige immigrant by betrokke. Hy steun Mashaba 100%

PJ ·

Ons moet onthou die anc staan vir alles wat onwettig is so hierdie optrede vebaas my glad nie

Ed ·

Goed so Mashaba, ons stem saam en staan agter jou.
Wat van Zuma se opmerking oor Jan van Riebeeck en wat van Malema se standpunt oor die blanke moorde

Gerrie ·

Ek dink Mashaba is 100% reg sy oe is oop en hy weet wat in ons land aan die gang is

Melt Olckers ·

Al wat hy gese het was dat hy net die wet sal toepas ivm onwettige immigrante. ‘n Wet wat deur die ANC self gemaak is, en nog van krag is.

Jane ·

Van wanneer af het ONWETTIGE IMMIGRANTE meer regte as burgers van SA? NEEWAT, deporteer hulle, ek stem 100% saam met Mashaba. Daar is nie blyplek en werk vir al die mense in SA nie, as hulle ONWETTIG is, deporteer hulle so gou as moontlik. Wat is verkeerd of rassisties of onmenslik daaraan? As ek myself in Brittanje onwettig gaan vestig is ek op my alie daaruit as hulle dit agterkom . hoekom moet ons die onwettige immigrante in SA bly PAMPER? Wat hy wil doen is heeltemal BINNE die wet.

Frans du Toit ·

Deur onwettig in die land te wees maak ‘n immigrant reeds ‘n misdadiger.. Stem saam.. Deporteer die hele lot..

Bou 'n muur ·

Mashaba, as jy ‘n MUUR wil bou, ons staan 100% agter jou. Kom ons deporteer die mense wat onwettig in die land is, want seersekerlik oortree hulle tog, en hoort hulle nie hier nie, hoekom is die ANC nou so bekommerd oor hulle? Die einste ANC amptenare by Doeane boelie hierdie mense, daar was al honderde aantygings van omkopery en korrupsie, hoekom gee hulle nou voor om actually om te gee, of kort hulle die manne se stemme in die volgende verkiesing, want dit lyk asof hulle kan stem ook in SA. KOM ONS BOU DAAI MUUR!

John ·

Is die Zoeloe-koning destyds voor die hof gedaag/gestraf oor soortgelyke opmerkings ten bate van die land se eie behoud? In Europa het verskeie partyleiers, selfs Trump in die VSA, al hul frustrasie oor onwettige immigrante te kenne gegee en hulle word nie voor die hof gedaag nie. Die ANC keer dat ‘n Afrika-leier wat ander stamme glo uitwis, voor die wereldhof verskyn, maar wil sy munisipale-neerlae nou deur die howe ongedaan laat maak (as hulle dit nie by die stembus kan doen nie) en kla dat die DA te veel oor onbenullighede in howe boer…

Tania ·

Ek stem saam mnr. burgermeester. Gooi hulle uit. ANC voel n veer vir hulle eie mense want ons is wit maar moet nie waag iets se oor n swart buitelander nie dan hits dit nou geweld aan? Ek verstaan nie die mense nie. Maar loop maar en sing kill the boer en hang witpoppe aan stokke? Gaan rerig my verstand te bowe.

Kaufman ·

Tipies ANC… hulle kla jou aan as jy die wet wil toepas.

jaco ·

daar is 5 miljoen onwettige immigrante in SA. Dit beteken ‘n groep mense gelykstaande aan die bevolking van ‘n stad so groot soos die Johannesburg Metro gebruik ELKE DAG Suid-Afrika se water, elektrisiteit ens ens sonder om 1 sent daarvoor te betaal. Moet dit nou maar net aangaan en aangaan en aangaan?

Isabel ·

In Australie word daar gou met onwettige immigrante afgereken. As ek v my kind wat ‘n burger is wil gaan kuier moet ek ‘n visa he en sorg dat ek uit is op die datum vd visa. Nou hoe nou? Mag mens nie die waarheid praat in SA nie?

Jan maak n Plan ·

Verskeie imigrante waarmee ek al te doen gekry het, het my gese dat hulle forseer word om vir die ANC te stem of die land te verlaat. Soos wat my betref,, is dit is manier van die ANC om in beheer van die land te bly.

jaco ·

mashaba gaan nie ver kom met deportasie-planne nie, want die Staat (ANC-regering) se department van binnelandse sake moet dit uitvoer. en met n ANC minister in beheer daar, sal versoeke vir deportasie eenvoudig afgekeur word. Daar moet egter net te veel buitelanders inkom, dan doen gewone Suid-Afrikaners sommer die deportasie. Ek het dit al met my eie oë gesien, hoe gewone Suid-Afrikaners buitelanders aanval, hulle slaan en hulle huise en besighede afbrand.

William ·

Hierdie Dubbele ANC standaarde moet stop!..
Hulle kan ons enigige naam onder die son noem-en dit is OK?.
Mashaba is korrek-ons govt. te lui of het dubbele agenda met al die immigrante in die land..
Wonder hoeveel het ID’s wat vervals is en wat vir die ANC stem?.

Piet ·

Stuur al die onwettige immegrante na nkandla toe dat hulle hul tuck shops daar kan bedryf en kyk of die anc nog gaan huil

Piet ·

Gee Mnr Herman Mashaba n bells ek stem vir hom as President hy het meer brains as almal saam doen dit raak ontslae van die onwettige immegrante en raai wat anc ons eie mense gaan weer werk kry daar gaan meer kos en water vir ons eie mense wees en raai nog wat anc die moorde gaan drasties afneem haai is dit so moeilik om dit te verstaan en ten laaste anc Mnr Mashaba wil dit doen om ons mense se veiligheid te verseker wat n slim intellegente man hy moet verseker verkies word in zuma se plek Mnr Mashaba bo.

Anoniem ·

“onpolities” “‘n aanduiding dat hy nie verstaan hoe om ‘n leier te wees nie” …. ANC julle is snaaks…. In die land van blindes is die een oog koning…

Johanna Botha ·

Anc is slegte verloorders en wil nou n eier le oor alles …ons weet almal hulle is hulle laaste bene met zuma en sy mense wat alles so geplunder het

AL ·

Lag ek nou – wat weet die ANC van leierskap????? Mashaba is reg, as jy onwettig in die land is, moet jy waai! Soos gewoonlik steur ANC hul nie aan wetstoepassing nie – dis die wat hul die land in die grond in regeer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.