Mashaba aangekla oor uitlatings oor ‘onwettige immigrante’

Herman Mashaba. Foto: Facebook/Democratic Alliance

Herman Mashaba. Foto: Facebook/Democratic Alliance

Die ANC in Johannesburg het Donderdag gesê die party sal Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, by die Mensregtekommissie (MRK) verkla oor uitlatings wat hy glo oor onwettige immigrante gemaak het.

Die ANC in Johannesburg het in ʼn verklaring gesê Mashaba se uitlatings was “onpolities” en ʼn aanduiding daarvan dat hy nie verstaan wat dit verg om ʼn leier in die samelewing te wees nie. “Ons sal Herman Mashaba ʼn les leer oor hoekom dit onverskillig van hom was om so ʼn stelling te maak gegewe die geskiedenis van xenofobiese aanvalle in die gebied,” het die ANC gesê.

Mashaba het tydens ʼn toespraak ná 100 dae in sy nuwe pos na bewering gesê onwettige immigrante wat sonder die nodige dokumentasie in Johannesburg woon word met kriminele aktiwiteit in die stad verbind en moet deporteer word. Sy stelling het erge kritiek ontlok van gemeenskapsorganisasies in Johannesburg wat buitelandse burgers verteenwoordig, tot so ʼn mate dat die African Diaspora Forum Vrydag ʼn optog na Mashaba se kantoor gehou het.

“Oor die afgelope 22 jaar was daar sewe xenofobiese aanvalle wat tot talle buitelanders se dood gelei het en veroorsaak het dat huise vernietig is en winkels geplunder is deur diegene wat buitelanders beskuldig vir die hoë vlakke van werkloosheid en misdaad. ʼn Verantwoordelike leier sal weet dat hierdie ʼn baie sensitiewe onderwerp is wat aangepak moet word met die sensitiwiteit wat dit verdien,” het die ANC gesê.

Die party het gesê hy sal die MRK vra om die uitlatings te ondersoek en die nodige stappe te doen. “Die onverantwoordelike uitlatings van ʼn nuweling-burgemeester ontstel nie net die ANC nie; ons probeer ook ʼn diplomatieke krisis en xenofobiese geweld voorkom. Dit is iets wat ʼn nuweling nie sal verstaan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

44 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jan

Mmmm , so as ‘n swart mens suke uitlatinge maak, dan is dit onverskillig, maar moet nou net nie dat iemand van wit, iets soortgelyk in Houtbaai kwytraak nie!

Louisa

Wat my verstand te bowe gaan is dat die vrou nie die ‘Penny Sparrow’ les geleer het dat jy nie alles wat jy dink op FB gaan uit basuin nie. As mense nou nog nie die kloutjie by die oortjie kan bring en besef dat wat jy op FB kwyt raak oor die wereld kan versprei en baie vinnig ook, dan laat dit mens wonder. Mense moet DINK voor hulle hulle gedagtes op FB uithang vir die WERELD om te lees!!!

steve

Cool… So die hele Afrika Kan maar kom en misdaad pleeg en almal maar almal Moet maar stil Bly en hul maar toelaat aangesien ons bang is dat hul mekaar aanvat… Dit is Seker n burgermeester se reg om misdaad Te wil bekamp en die wat wel hier mag wees Te beskerm… Burgermeesters wereld wyd se Amper dieselde goed daagliks… Damn tot Trump as president to be het dit gese en Bly by sy woord..

wilma

Mnr Mashaba moet ondersteun word en ni gekritiseer word nie. Onwettige mense mut trug na hul land. Hie nie eers werk en huise vi SUid Afrikaners nie. buitendien as jy met misdadige aktiwiteite besig is nog meer rede om na jou land van herkoms trug te keer

Oom Kalahari

Wat is die agenda van die ANC nou met Mnr Mashaba? Daadwerklik is hy besig om kriminele aktiwiteite en oortreders hok te slaan met onwttige immigrante. Hoe ondersteun of kan die heersende ANC Party dan nou hierdie tipes van oortredings nie erken wat dan gepleeg word as Mnr Mashaba dit dan kan bewys? Dan is daar mos nou erkenning dat hul die tipe optredes wil goed praat asook is dit dan nie ‘n bewys dat iewers is die grensbeheer sisteme baie swak as duisende onwettige immigrante net instroom na SA en wel dan ook hoekom? Daar is dan nie eers… Lees meer »