Maandag se bedanking van die Johannesburgse burgemeester, Herman Mashaba, uit die DA word deur verskeie prominente ondersteuners van DA-leier Mmusi Maimane bestempel as ’n teken van talle partylede se vertwyfeling. Dít noudat die voormalige partyleier, Helen Zille, die magtige posisie as voorsitter van die party se federale dagbestuur vul.
Zille was minder as die helfte van die ongeveer 150 lede van die federale raad se eerste keuse. Sy het egter genoeg stemme gekry om met ʼn gemaklike meerderheid teen Athol Trollip, die party se nasionale voorsitter (ʼn grootliks seremoniële pos sonder werklike mag), te wen. Trollip was eindelik die tweede keuse.
Die derde plek het gegaan aan die ondervoorsitter van die federale raad, Thomas Walters, met Mike Waters, DA-LP, wat laaste geëindig het.
Zille se oorwinning was ten spyte van Maimane en agt van die nege provinsiale leiers se openbare steun aan Trollip. Dat die federale raad die leier se voorkeur geïgnoreer het, plaas Maimane magsgewys in die swakste posisie waarin hy nóg in die DA was. Prominente DA-lede met wie Maroela Media vandag gepraat het, meen dit is ʼn uitgemaakte saak dat hy teengestaan gaan word by die party se vervroegde federale kongres aanstaande jaar.
Die naam van die party se hoofsweep, John Steenhuisen, word in dié vroeë stadium deur sommiges as ʼn kandidaat genoem, hoewel baie water nog in die see moet loop.
Die party se provinsiale leiers se leiding aan hul provinsiale afgevaardigdes is eweneens Sondag verwerp, soos die uitslag wys. Dit beteken hul posisies is net so swak as Maimane s’n.
Mashaba se bedanking uit die DA (en dus as burgemeester van Johannesburg, hoewel hy in sy pos bly tot 27 November om ’n ordelike oorgang te verseker) is ʼn regstreekse gevolg van Zille se oorwinning. En dít het Mashaba vandag duidelik gestel.
Mashaba het gesê Zille se oorwinning beteken die deel van die DA wat hy onaanvaarbaar vind, het nou die beheer oorgeneem. Volgens Mashaba is dit die deel van die DA wat meen voorstedelike welvarendes se belange moet voorrang kry bo die nooddruf van armes en kwesbares wanneer die stad se begroting opgestel word.
Dit is ook daardie deel van die DA, só het Mashaba uitgewei, wat sy taak as burgemeester in ʼn koalisieregering vergal het. Hy het gesê dis oënskynlik vir hulle onbegryplik dat alle partye wat jou in ʼn koalisieregering aan bewind help hou, se beleid en voorkeure in ag geneem moet word omdat dít die kiesersmandaat is.
Volgens Mashaba het die deel van die DA wat met Zille se triomf die pas en rigting van die party gaan bepaal, telkens dwars getrek wanneer enigiets wat nie presiese DA-beleid was nie, deur die koalisieregering as beleid uitgevoer is.
Hy het gesê dit is die rede waarom daar in ʼn groot mate by ander politieke partye konsensus is dat die DA die swakste vennoot is wat ʼn mens in koalisie kan hê.
Mashaba het voorts gesê hy bly ’n oortuigde liberaal, vryemark-aktivis en rotsvas teenstander van die ANC.
Maimane het die verhoog met Mashaba gedeel en hom as ʼn medestryder en ʼn vriend bestempel wat ʼn moeilike koalisie puik bestuur het en Johannesburg nie net ʼn beter plek laat as wat hy drie jaar gelede oorgeneem het nie, maar ook onvergelykbaar beter as wat dit sou wees as die ANC-bewind voortgegaan het.
Maimane het nie gereageer op kritiek wat Mashaba op die Zille-vleuel van die DA, en op Zille persoonlik, uitgespreek het nie. Vir sommige Zille-kritici in die DA met wie Maroela Media gepraat het, het dit na stilswyende instemming met die kritiek gelyk.
Verskeie prominente DA-lede wat Maimane bo Zille verkies, ervaar Zille se oorwinning en wat dit verteenwoordig as baie vervreemdend. Dit sluit baie van die party se prominente swart leiers in, insluitend huishoudelike name in leiersposisies uit die swart middelklas en ʼn baie groot deel van die party se jonger swart en wit leiers. Hulle dink diep oor hul toekomstige pad met die party, is aan Maroela Media gesê.
Daar is begrip en respek vir Mashaba se besluit en sommige DA-verteenwoordigers het reguit gesê hulle beny hom sy finansiële welvaart. Hy kan letterlik bekostig om sy salaris op te sê – iets wat min Suid-Afrikaners in enige beroep ligtelik kan doen.
Daar is ook swart DA-leiers en jong wit en swart DA-leiers wat Zille steun, maar hul profiele is nie altyd so hoog soos haar teenstanders s’n nie. Sy blyk sterk steun by wit Engelse DA-lede te hê, asook by bruin en Indiërlede van die party. Talle invloedryke Afrikaanse lede van die federale raad (wit en bruin) het vir Walters gestem omdat gevoel is indien Zille óf Trollip wen, dit die bakleiery, onaangenaamheid en verdeeldheid in die party gaan vererger, terwyl Walters ʼn bekwame administrateur en versoener is.
Oor een ding was daar konsensus by al die DA-lede met wie Maroela Media gepraat het: die party is in ʼn wesenskrisis en die pad na herstel gaan baie moeilik wees.
Dom astrant of net dom. Da het in naweek helfte van steun verloor. Nou in direkte komptisie met FV. Julle gaan verloor.
Daar kelder Zille die DA. Kry vir julle!!!!
Stem vir die VF… Hulle het nie dubbelsinnig waardes soos al die ander partye nie… Was altyd n DA voorstander… Maar hul al vele kere bewys hul presies soos die ANC en die res anti witmens… Hul sal nooit weer my stem kry nie. VIVA VF????????
Goeie nuus, Alida.. welkom!
Seker reeds miljoene geoffer om by anc of eff aan te sluit
Los die politiek en kyk na die kwaliteite van Helen vir Suid Afrika as ‘n geheel. Sy is vlymskerp met jare lange ervaring. Sy weet waarvan sy praat en was en sal steeds ‘n goeie bydrae maak. Jammer vir die “meningvormers” van Kyknet wat so openlik die DA wil verwoes. Sterkte aan Helen. Gebruik mense met talente en hou op om so vasgevang in “kleur” te wees asook “polities korrek” op te tree. Die land het mense nodig wat nie net probleme kan identifiseer nie maar ook met oplossings kan kom.
Ruiklont ek stem saam met jou ,hulle bly so negatief
Nou waar kom sy geld vandaan as hy nie die salaris nodig het nie?
@Ruiklont – Ek is onder korreksie, maar dink hy het (of gehad) ‘n maatskappy genaamd Black Like Me wat haarprodukte vervaardig wat vir ‘n stewige inkomste gesorg het.
Herman Mashaba is ‘n multi miljoenêr. Sy geld gemaak uit “Black like me”. Maar dit is nie iets wat Maroela lesers gebruik nie. Dalk moet ‘n paar dit gebruik. Kan net help.
Jan Jan oordryf al weer!! … ha … ha …
Waar kom hy daaraan dat die DA in ‘n “wesenskrisis” is?
Wat laat Jan Jan dink dat ‘gewone demokratiese prosesse’ die DA skielik in ‘n “wesenskrisis’ gedompel het?
Bog … die DA stel die voorbeeld aan die ander partye (ANC) van hoe demokrasie werk! … geen bruinpapier sakke of politieke sluipmoorde in die DA nie!
Moenie oordryf nie Jan Jan!
Die DA het pas derduisende ondersteuners verloor met die Zille saga. Ongelukkig is die VF+ te swak om n land oor te neem en te beheer. Dit sal n fiasko wees as die VF+ die ANC moet wen !!! In hierdie land Suid-Afrika gaan dit beter wees om BUITE stemming te bly, dan kan niemand jou blameer vir die wrak wat SA betree nie !!!
…..as jy jou ogies oopmaak sal jy sien geen party kan die land beter maak – dis die mense IN DIE party wat ‘n verbetering of nie kan maak.
Wes-Kaap/DA was meerderheid wit/kleurling daarom is hul beter as ander provinsies/partye.
Maar soos die Wes-Kaap/DA al hoe swarter word, so gaan beide al hoe meer agteruit.
Maak jou ogies oop en besef die waarheid.
Herman Mashaba se onlangse twiets dui daarop dat hy ook maar, soos die meeste swartes, aan die Afrika-sindroom ly deurdat hy ook glo dat as jy wit is, is jy ń rassis en regs. Hulle is so gepre-okupeerd met hierdie idee dat hulle nie eens die definisie van elkeen reg verstaan nie. Helen Zille is alles behalwe regs en ń rassis, inteendeel. Dan het Mmusi Maimane amper in trane uitgebars oor sy spyt dat sy ‘boesemvriend’ bedank het. Gegewe dit en onder andere Mmusi se optrede destyds met die Naas Botha/ Ashwin Willemse saak, laat dit my wonder wat sy ware motiewe is.
Net soos demokrasie in SA beoefen word. Demokraties verkose word net aanvaar solank as wat dit tog net nie iets wit het nie. En die leier is die grootste voorbok daarvan.
So bly ek het nie my stem die DA gemors nie. Sal weer vír die VF+ stem!
Om iewers te kom moet VF+ saamsmelt met n oorwegend swart party. Op hulle eie is hulle verlore. Daar is natuurlik die bittereinders wat glo die blankes sal weer regeer.
Wat vertel ons dat Trollip se handtering van Nelson Mandela het hom uitgeskuif. Zille was baie goed as leier en dit wys deur die stemme. Maimane en Mashaba het die DA net al slegter laat word. Maimane is nog in sy hart ANC en Mashaba trek EFF toe. Maimane wil die DA in ‘n ANC lite verander.
Ek dink die stemme wat die DA na die VF verloor het, hulle dalk laat besef het dat die DA besig is om wit stemme te verloor en daarom neig hulle in daardie rigting. Die probleem is, dat die DA baie swart stemme verloor het. (Dit is swartes wat teen Zuma gekant was, maar met hom verwyder dalk weer terug is ANC toe.) En al die mense hierbo wat so opgewonde is oor die DA se verlies, ongelukkig is dit so dat as ons enigsins invloed in die poiltiek wil hê, sal ons die gematigde swartes moet tegemoet kom. Ons alleen gaan nooit weer invloed hê nie.
Die oomblik toe Zille die DA verlaat en Maimane oorneem begin die gemors. Volgende oomblik word Zille liederlik aangevat oor haar onskuldige aanmerking oor setlaars en die DA gly met die verkiesing. Nou gaan Maimane sy ware kleure wys. Tog so snaaks dat wanneer sekere mense by ‘n situasie instap verander alles in ‘n treurige gemors. Geen wonder SA is waar ons is nie, en steeds in momentum grond toe!
Geluk Zille!!!!!!!
Viva Zille. VIVA
Helen Zille is ‘n goeie standvastige gejoofwaardige leier. Sy sal die DA stabiliseer.
Hierie optrede van MASHABA wys net dat hy nie demokrasie bevorder nie en wil nes die ANC en EFF optree.
Mnr. MASHABA, Jy moet Onthou, jy is nie die DA nie, stemme besluit en nie een persoon nie
Of Zille nou terug is of nie, ek stem nie DA nie!
Die hele tragiese gemors wys net weereens ‘n een mens een stem demokrasie werk nie in ‘n etnies diverse land nie. Swart sal altyd swart ondersteun en hulle is soveel groter getalle dat ons sit met die gemors wat ons tans het. Ek is jammer om te se maar as swart mense oorneem verval alles. Die hele Afrika is ‘n voorbeeld daarvan. Noem my maar ‘n rassis maar mens kan nie van die feit wegkom nie.
Die grootste grap is aan die kom! DA ondersteuners wil nou vir VF stem. Hul is “n groter dubbelstadaard party as wat die DA ooit kon wees. Ons het die DA geken by sy verlede of liewer van waar hul gekom het. Die VF gee voor wie hy nie is nie. Glo hul sal nog saam met EFF in koalisie gaan om erens te kom!