Mashaba besoek omgewings met stormskade

Herman Mashaba by ‘n huis was beskadig is. Foto: ANA.

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Sondag omgewings wat erg geraak is deur Saterdagmiddag se swaar storm besoek.

Talle voorvalle is in die westelike en suidelike dele van Johannesburg aangemeld as gevolg van die storm.

Maroela Media het vroeër berig dele van die dak by die Trade Route-winkelsentrum in Lenasia het ook inmekaargesak.

Paramedici is uitgeroep na talle tonele waar huise, dakke en voertuie veral in die Protea Glenn-omgewing in Soweto beskadig is.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê ses mense is ook in ʼn taxi-ongeluk beseer ten tyde van die storm.

Dié voorval het op die N12 naby Impalaweg plaasgevind. “Verskeie van die passasiers het diep snywonde en beenbreuke opgedoen,” het Vermaak gesê.

ʼn Boom het op Hoofrifweg op pad na Roodepoort omgeval en elektrisiteitskabels in die proses afgetrek.

Daardie deel van die pad is gevolglik gesluit.

Mashaba het sy besoek in Lawley begin waar hy ingelig is oor die omvang van die skade en het daarna die geaffekteerde omgewings besoek.

Foto: ANA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Helena Engelbrecht ·

Een van my kollegas se huis se dak is afgewaai en ceilings almal ingeval, al haar meubels is beskadig. Sy bly in Lawley. Ek weet nie of sy teen Woensdag al dak oor haar kop sal hê nie.

Hein ·

Seker ‘n rassistiese wind want blankes het niks oorgekom of is dit nou weer oom Jan se skuld

Coenie ·

Hierdie is definitief n Burgermeester wat ek sal ondersteun al is ek n ingeskrewe lid van die eff tussen hom en Burgermeester Msimang van Pretoria weet ek nie wie is die mees hardwerkende,toegewydste nie.

Von ·

Herman Mashaba beskikbaar vir diens minister van polisie hou vakansie in Dubai ???

Kat ·

So wie gaan aangekla word.Jan v Riebeeck of die rassistiese wind. Gaan die hofsaak dophou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.