Mashaba dreig ANC met regstappe

Herman Mashaba (Foto: ANA)

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Vrydag gedreig met regstappe teen die ANC in dié stad omdat hulle glo leuens oor hom versprei.

Hy het gesê hy sal die party hof toe sleep indien hulle nie binne ʼn week in die openbaar om verskoning vra nie.

Die ANC in Johannesburg het Donderdag ʼn memorandum voorgehou aan Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, en haar gevra om die beweerde wanbestuur en wanadministrasie, asook ander aantygings soos ʼn beweerde botsing van belange, in die Stad Johannesburg te ondersoek.

Mashaba het gesê die ANC in Johannesburg se aantygings is sonder gronde en dat hy bereid is om die saak na ʼn hof te neem.

“My regspan gaan vandag [Vrydag] vir die ANC skryf en eis dat hulle in die openbaar om verskoning vra vir die leuens wat hulle gister buite die kantoor van die OB vertel het. Indien die ANC nie binne sewe dae ʼn perskonferensie hou om om verskoning te vra nie, gaan ek regstappe teen hulle doen.”

Die ANC het beweer dat daar sedert die DA-administrasie aan bewind gekom het, ʼn aantal onregmatige aanstellings, insluitend die aanstelling van David Thembe as hoof van Johannesburg se metropolisie, plaasgevind het.

Hulle het ook beweer Michael Beaumont, die hoof van personeel, se salaris is onregmatig verhoog met Mashaba se kennis en instemming.

Die ANC beweer verder dat Mashaba deel daaraan gehad het om ʼn tender toe te ken vir forensiese ondersoeke waarin sy vrou ʼn aandeel het.

Mashaba beweer dié aantygings is “absurd”.

Die burgemeester het gesê hy het al sy belange blootgelê by die integriteitskommissaris.

“Die ANC het die stad in 2017 hof toe gevat en het verloor met koste. Dié kostes is tot op hede steeds nie betaal nie. Ek sou die ANC in Johannesburg waarsku om lig te loop. Ek is bereid om in my persoonlike hoedanigheid vir my regspanne te betaal om aan te hou om die ANC hof toe te sleep en hul leuens bloot te lê. Uiteindelik moet hulle besluit of hulle bereid is om die kostes wat deur die hof toegeken is vir hul oneerlikheid te betaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lollie ·

Die ANC kan nie vat dat iemand ń sukses van iets maak nie. Hulle kan met niks ń sukses maak nie daarom wil hulle van die ontslae raak wat ń goeie werk doen. Indien jy nie korrup is nie is daar nie vir jou plek nie. Wys hulle Mashaba!

Lientjie ·

Ai die ANC hulle het nie spasie om te praat nie. Wat ‘n gemors is dit nie waar hulle aan stuur van sake is nie. Dit is net korrupsie, diefstal en bedrog.

Gerhardb ·

Al wat jy deesdae in die koerante lees is die verkrummeling van ons land op absoluut Alle maar Alle gebiede. Veroorsaak en as gevolg van die Pap Vrot ANC regering.

Pop ·

Mooi meneer Mashaba. Gee die useless ANC opdraand. Die spul kan niks reg doen nie, nou beswadder hulle jou.

Selfbeskikking ·

Die ANC lieg oor absoluut als en daar is regtig geen toekoms onder hulle nie, ons enigste opsie is om te onderhandel vir selfbeskikking, ons moet nou al ons energie daarop fokus.

jaco ·

die ANC het ‘n houding van “wie nie vir ons is nie is teen ons” en ook “jy kan net n patriotiese Suid-Afrikaner wees as jy die ANC steun”.
maar nou ja; dit het hulle ook maar by “ons” geleer. was die ou Nasionale Party nie maar dieselfde nie? Hulle het weer gesê dat jy net ‘n goeie Afrikaner kan wees as jy die Nasionale Party ondersteun”

Alida ·

Hulle gaan sleg verloor weereens. Die howe is gatvol vir die ANC. As hulle nie kostebevele betaal nie wie gaan hulle verdedig wonder ek. Adv werk nie verniet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.