Mashaba gaan Alex eindelik besoek

Herman Mashaba (Foto: ANA)

Die Johannesburgse burgemeester, Herman Mashaba, gaan Alexandra in die noordooste van Johannesburg vanaand (Maandag) besoek nadat ontstoke inwoners etlike dae gelede aangedring het op ʼn vergadering met hom.

Ontevrede inwoners van Alexandra betoog al langer as ʼn week oor swak dienslewering in dié buurt. Hulle het verlede week aangedring op ʼn vergadering met Mashaba, maar hy het nie opgedaag om hulle toe te spreek nie.

Pres. Cyril Ramaphosa, het Alexandra verlede week besoek en toe opgemerk dat dié buurt baie vuil is. “Die vullis wat ek hier sien, is baie ontstellend. Ons moet Alexandra skoonmaak. Alexandra moet ʼn skoon plek wees waar ons mense kan lewe,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Ramaphosa het Donderdag gesê dit is die Stad Johannesburg, wat onder leiding van die DA is, se verantwoordelikheid om in te gryp in Alexandra en seker te maak dat inwoners behoorlike sanitasiegeriewe het.

Luyanda Mfeka, Mashaba se woordvoerder, het vroeg vanoggend gesê daar sal later vandag meer besonderhede bekend gemaak word, maar het wel bevestig dat die burgemeester vanaand om 18:00 in die Marlboro-gemeenskapsaal in Alexandra sal wees vir die vergadering.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het intussen die Stad Johannesburg, die premier se kantoor asook die departement van samewerkende regering en tradisionele sake oor die Alexandra-saak gedagvaar.

Die MRK dring daarop aan dat die inwoners van Alexandra deur die regering aangespreek moet word en dat politici nie die griewe van inwoners as ʼn verkiesingsfoefie moet gebruik nie.

Die MRK dring daarop aan dat die regering die inwoners van Alexandra te woord moet staan en dat politici nie die griewe van inwoners as ʼn verkiesingsfoefie moet gebruik nie.

Daar is tans ʼn groot polisieteenwoordigheid in Alexandra in aanloop tot Mashaba se besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Willie ·

Hulle is bang die DA vertel hulle hoe die ANC die geld vir projekte na hulle gekanaliseer is. Die ANC is befonds met arm/behoeftige mense se geld, niks nuuts nie…

Dries du Toit ·

Mashaba moet weet dat Alexandra n ANC “stronghold” is. Sy lewe is in gevaar daar. Hoop hy het genoeg sekuriteit. Dit gaan n gemors van n vergadering wees. Sterkte ou maat.

pinkie ·

Ja, en met die verkiesing stem die meerderheid weer… ANC.

Hasie ·

Mnr. Mashaba, sterkte vir jou wanneer jy Alexandra se mense gaan toespreek. Daar sal ongelukkig ook ‘n spul ongemanierde anc aanhangers wees wat jou gaan doodskree. Verder wil ek sê dat dit jammer is dat Ramaposa ook bereid was om te lieg om stemme te wen.

Hendrik UAE ·

Vertel hulle sommer hoeveel miljoene gaan vir ”upgrade”van die ministers se huise dan sal
hulle mooi verstaan waarom daar nie vir hulle geld is vir dienste nie.

Charmaine ·

Nou wie maak Alexandra vuil? Is dit nie maar die mense wat daar bly nie?

Gert van Wierdapark ·

Stem saam. Die DA was te stadig uit die blokke om by Alexandra uit te kom!!! Weet nie wie adviseer die burgemeester nie, maar hy gaan vanaand sy tyd daar mors. Dis mostert na die maal! Fire jou PR en adviseur(s) asb. CR het nou klaar die “limelight” daar “gesteel.” Verder, indien Mashaba NIE Vanaand al spesifiseer WAT Johannesburg gaan DOEN om n VERSKIL te (probeer) maak nie, sal dit n verdere skoot in die voet wees – hou op om weg te kruip agter wat die Gauteng provinsie moes/moet doen ens. Maak n plan, terwille van die groter Jhb en sy mense. Die mensies in Alex soek AKSIE!!! Finish en Klaar!

??? ·

Hulle demand dienste…julle moet sien hoe lyk die pad wat voor ons kleinhoewe verby loop van al die gemors wat die voetgangers strooi. Ons tuinier tel weekliks 3 swartsakke gemors op…

Chris du Preez ·

Mashaba moes hulle eerste gaan toespreek het en vertel het dat dit die anc se gemors is wat moet reg gemaak word. Hy het homself in die voet geskiet deur na Rhamaposa daar te wil opdaag. Hy het sy kanse verbrou.

? leser ·

kyk maar rond, die “mense” het nie iets soos netheid nie, waar “hulle” is, is daar altyd ‘n gemors, -want die ander “een” sal dit kom skoonmaak-

Hendrik ·

Die twee werelde in S.A. Die ‘townships’ en die ‘suburbs’. Suid-Afrika se toekoms le in die hande van die ‘township’ en die ‘surburbs’ moet daarvoor betaal. Hoe ons die senario gaan oorleef is net in ons hande (‘suburbs’). Noem dit maar laertrek as jy wil. Ek bly in die buitewyke en het alreeds laer getrek.

GM ·

Ek sien gereeld hoe die sakkies van wegneemetes, sommer so in die ry, uit karvensters uitgegooi word. By die dieretuin in Pretoria, word vullis LANGS die asblik gegooi. Oral waar daar geplak word, word rommel gestrooi. Dis hoe hulle grootword – het geen trots nie. Hulle kan maar elkeen hand bysit om Alexandra skoon te maak. Ek sien nie hoekom belastinggeld vermors moet word nie.

Gert van Wierdapark ·

Te LAAT mnr die Burgemeester. Toe jy en jou spannetjie tone getel en gewik en geweeg het oor wanneer jul wil besoek afle ens, het CR die “Limelight” in Alex “gesteel”. Meer doen en minder praat is al wat n verskil in mense wat swaarkry en in haglike omstandighede leef, se lewe sal maak!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.