Mashaba, Maimane lê grondslag vir nuwe party

Herman Mashaba, voormalige burgemeester van Johannesburg. (Foto: Facebook)

Herman Mashaba, voormalige DA-burgemeester van Johannesburg, en Mmusi Maimane, voormalige DA-leier, het die voorbereiding vir ʼn moontlike nuwe politieke party begin met die daarstel van ʼn politieke oorlegplatform genaamd The People’s Dialogue.

Mashaba en Maimane het uit hul onderskeie posisies en uit die DA bedank uit protes teen wat hulle ervaar as die skuif na regs binne die DA. Hulle was ook vies oor die verkiesing van Helen Zille as voorsitter van die DA se federale dagbestuur.

Die begrip “oorlegplatform” is dieselfde term wat dr. Mamphela Ramphele ʼn paar jaar gelede vir Agang gebruik het in die tydperk voordat dit amptelik ʼn politieke party geword het.

As verduideliking vir die stigting van die TPD het Mashaba aangevoer dat die partypolitiek in Suid-Afrika te veel fokus op die persoonlike steun en ambisie van individuele politici, sodat gewone Suid-Afrikaners uitgesluit voel. Hy meen daar is oorweldigende steun vir hierdie nuweling op die Suid-Afrikaanse politieke toneel.

“As jy uitgesluit voel, moet jy weet jy is nie alleen nie,” het Mashaba gesê en sy medeburgers daaraan herinner dat hy nie van ʼn politieke betrekking of trouens ʼn politieke salaris afhanklik is nie – hy is slegs in die politiek om ʼn verskil te maak aan die land en sy mense, sê hy.

In ʼn skrywe Sondag het Mashaba gesê die belangstelling wat Suid-Afrikaners reeds in dié platform getoon het, het sy “wildste verwagtinge oortref”.

Maimane het vroeër dié week aangekondig dat hy Mashaba se visie deel en by TPD aangesluit.

TPD sal as oorlegplatform funksioneer tot aan die einde van Februarie, waarna Mashaba sal aankondig of dit iets meer as ʼn oorlegplatform gaan word – dalk ʼn politieke party.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Nannie Lombard ·

Ek hoop hierdie nuwe party wat wink op die horizon sal iets uitgerig kry in Suid Afrika want hier is geen leier na wie ons kan opkyk nie

Maljan ·

Hulle sal nes die ANC, blf en eff gaan oor swart bemagtiging. Gee gee gee en gee. Niemand hoef te koop nie. Niemand hoef huise te betaal, water te betaal, riolering te betaal of tersiêre opleiding te betaal nie. Kry alles verniet daar is nog genoeg werkende blankes in die land om julle te borg.

John ·

?.. en die people gaan gou vasval in die modder oor wie die liewe leier gaan wees…

James ·

Ek wonder as hy sê: sy mense. Wonder ek wie dit insluit of uitsluit…

Leon ·

Druk voort, amper 50, een om te gaan, wat ‘n grap!
Ek hou nie van jou das nie, so ek gaan my eie party stig.

JohanR ·

Sou nie ‘n stem vir die twee gooi selfs betaal hulle my…..

Goeie politikus ·

Herman Mashaba is ‘n goeie Politkus, dit is ‘n groot jammerte dat hy en Steenhuizen nie kon saamwerk, ek dink dit sou die beste span gewees het!!!!

George in Bloem. ·

Nou toe nou. Nog ‘n COPE wat nie gaan “cope” nie. “Good luck with that”.

Oros Soros ·

Nou waar gaan hulle steun vandaan kry?bVan dooie Angang of van die goeie Good Party? Die DA se konsep van kolisisie en eie beheer het al begin ontdooi voor die laaste munisipale verkiesing.bHul kolisie e model is in die toilet en met alles wat hulle opdis, gaan ek my nog dood lag as die kiesiers wat VF+ gestem het nou ewe skielik anders gaan stem.

Henk Hefer ·

Herman Mashaba maak ‘n groot fout om homself met Maimane te vereenselwig. Maimane is ‘n liggewig en sy steun is baie beperk.

Anoniem ·

Ai ek is so bly hierdie twee manne is weg uit die DA uit. Maimane is en was nog nooit ‘n ware leier nie!!! Stem 100% meer vir Steenhuizen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.