Mashaba sê jammer oor twiet

Herman Mashaba (Foto: ANA)

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Woensdag om verskoning gevra nadat hy hom Maandag op Twitter uitgelaat het oor kleinhandelaars wat met rou vleis in die Johannesburgse middestad handel dryf.

“Ek vra opreg om verskoning aan Johannesburgse inwoners vir my kommentaar dat die vleis ’n potensiële risiko inhou vir die uitbreek van ebola,” het Mashaba in ’n verklaring gesê.

“Ek vra ook om verskoning vir wat oorgekom het as onsensiwiteit teenoor kleinhandelaars in ons stad wat bloot probeer om te oorleef.” Mashaba erken dat sy uitlating moontlik aanstoot kon gee en sê dat dit geensins sy bedoeling was nie.

Mashaba het Maandag op Twitter aangekondig dat hy ’n kleinhandelaar wat ’n trollie vol geslagte beeskoppe in die middestad gestoot het op die plek in hegtenis laat neem het. Die burgemeester was nié ten gunste van die manier van vleishandel nie. “Hoe kan ons vleishandel op hierdie manier toelaat? Ek wag vir die (polisiehoof) om te kom voordat onbekende siektes in ons stad uitbreek,” het sy aanvanklike twiet gelui.

Dié twiet het egter ontstoke reaksie van die EFF ontlok. “Dit is ondenkbaar dat ’n voormalige kleinhandelaar [Mashaba], wat al by verskeie geleenthede vertel het dat hy self in moeilike omstandighede deur ’n huishulp grootgemaak is, sulke rassistiese standpunte inneem en swart mense as onbeskaafd en draers van dodelike siektes beskryf,” het Musa Novela, EFF-voorsitter Dinsdag in Johannesburg, gesê.

Die vakbondfederasie Cosatu het Woensdag ook sy misnoeë oor die twiet in ’n verklaring uitgespreek, ondanks Mashaba se verskoning. Volgens Dumisani Dakile, woorvoerder van Cosatu, is Mashaba “’n man wat losgemaak word van die werklikheid van mense wat hy na bewering lei. Sy stellings is ʼn klap in die gesig van kleinhandelaars en lae-inkomste huishoudings wat afhanklik is van hierdie soort handelaars.”

Cosatu glo verder dat Mashaba “oor ʼn xenofobiese streep beskik wat giftig is vir ʼn stad soos Johannesburg omdat sy uitsprake die armes teen mekaar afspeel”.

Die vakbondfederasie sê dat Mashaba nie die lyding van die werkersklas verstaan ​​nie en versoek die mense van Johannesburg om nié sy verskoning te aanvaar nie. “Beeskoppe is deel van die basiese dieet in baie informele nedersettings reg oor Gauteng en die omgewing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Pieter ·

….en so maak COSATU en die EFF weer n rasse ding van die situasie.

GP ·

Ja EFF die DA is baie jammer en sal nooit weer nie. Pateties, laat siektes maar versprei solank daar net nie konflik is nie. Om bees koppe so rond te stoot is verkeerd en klaar.

christa ·

vir wat vra hy onverskoning? Ek stem saam met hom. Dis siektes wat uitbroei in die vleis, dis nie eers bedek nie.

leser ·

mr masjaba
vir wat het jy omverskoning gevra, jou optrede was reg
“oop” geslagte beeskoppe word in ‘n slaghuis verwerk en verkoop en nie soos die geval nie
as die kleinhandelaar dan sy bees koppe van die hand wil sit, gaan eerder daar waar dit nie vir ons ‘n gesondheids risiko sal wees nie, skaap kop
gesondheids inspekteurs waar de vrommel is julle??????????????

Al ·

Waarvoor om verskoning vra? Dit is ñ gesondheidsrisiko!
En as ons begin vleis smous op strate? Wie gaan ons dan keer?
Die gesondheidinspekteur!
Liewe hel!

Siestog DA ·

Jy het as burgereester ‘n werk om te doen. Saam met dit kom verantwoordelikheid. Hiegene en gesondheids std is belangrik. Versuim om gesondheidsreels toe te pas maak jou ‘n medepligtig as mense begin siek word agv nalatigheid aan jou kant. Sies DA.

Alida ·

Waaroor is hy jammer? Daai vleis vrot en hy probeer van JHB n 1ste wereld stad maak. Sodra daar siektes uitbreek dan wil hulle spring. Maak skoon Mnr Mashaba.

Ek dink ·

Hoekom vra hy verskoning? Dit is mos onhigienies en gevaarlik om rou vleis onder sulke omstandiggede te berg en verkoop.

Andre Kaap ·

Niks om oor jammer te se nie, hy was reg. In ons beskaafde samelewing loop ons nie met dier koppe in die strate rond nie. Daar is inderdaad n groot gesondheid risiko.

Oom Jaap ·

Andre, ek wil graag ‘n regstelling op jou kommentaar voorstel. Ek sou sê: “In ‘n perfekte wêreld loop ons nie met dierkoppe in die strate rond nie.”
Ek is lief daarvoor om ‘n lekker dik “steak” by my gunsteling slagter te koop (hy weet al hoe ek dit verkies), ‘n houtvuurtjie te maak, en dit te braai tot net voor medium. Dis lekker beskaafd.
Die ou wat sy geldjies verdien deur in iemand se tuin te werk kan ongelukkig nie dieselfde doen nie. Op die dae wat hy wel ‘n stukkie vleis eet moet hy dit so goedkoop as moontlik in die hande te kry, want sy geld is baie min. Sy verskaffer kan dit nie verkoop vanuit ‘n skoon winkel met ordentlike yskaste nie, want dan gaan die prys noodwendig op.
Ons raak baie maklik uit voeling met hoe dinge buite ons veilige, beskaafde sirkel werk, terwyl daar baie mense in ondenkbare armoede leef. Vir hulle is ‘n beeskop in ‘n trollie ‘n feesmaal.

Nettie ·

Wag …. wag …. wag nou bietjie ….. Waar kom rassisme in as die Burgemeester iemand in hegtenis wil laat neem – iemand wat, terloops, van sy eie ras is – omdat hy onwettig en op ‘n onhigiëniese manier met vleis handel?

Uhm ……. Ek weet die meeste EFF-ondersteuners en -partylede is nie gebore Suid-Afrikaners nie en kom van die een-of-ander Noord-Afrika land af, maar hierdie is SA, nie Nigerië, Malawië, die Kongo, DRK of watookal nie. Hier is wetgewing wat (die meeste) goed reguleer en wat (in mindere mate deesdae) aan voldoen moet word.

Jy kan mos nou vir jouself indink jy kan nie met ‘n trollie vol varsgeslagte BEESKOPPE in ‘n winkeltrollie, wat terloops nie aan JOU BEHOORT nie, in die middle van ‘n stad rondloop nie!

M'Lady ·

Die vraag is hoe word hierdie diere geslag? Ek neem aan nie by n “wettige” slagpale nie. Die vrees en lyding wat hierdie diere moet deurgaan is wat ondersoek moet word.

Andrea ·

Presies my vrees ook! My dogter moes een aand n geleentheid in Jhb middestad bywoon. Sy gertel toe dit lyk of diere geslag word op n oop stuk grond naby m taxistaanplek. Arme diere!

DS ·

Bang om polonie te eet en honderde het hulle werk as gevolg daarvan verloor maar kan die vieslike onhigieniese vleis goedpraat en eet. Lagwekkend!

D B ·

En dit mense is hoe dinge is as ons gelei word deur mense wat nie op ons standaard / vlak is nie. Sy tweet was heel reg, dit kan lei tot allerhande siektes.

Verder, watse “arme kleinhandelaar wat net probeer ‘n lewe maak”. Dis juis om daardie siening dat die land elke sekonde verder verval. Pas ek die siening in my besigheid toe, en ek is ook maar net ‘n klein besigheidjie, dan kom maak julle my deure toe!

Seg ekke ·

Oorleef of nie oorleef, nie. Mnr. Mashaba was absoluut reg om soiets te twiet want wat reg is is reg. Johannesburg middestad is baie onhigienies en vuil, n Mens mag beslis kla oor , veral as burgemeester. EFF soek net n weer n argument

Andrea ·

Waar is die DBV? Hul moet bietjie gaan kyk na wat aangaan by die informele slagpale…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.