Mashaba se nuwe party wil 2021-verkiesing betwis

Die voormalige DA-leier Mmusi Maimane. (Foto: AP/Jerome Delay)

Herman Mashaba, oudburgemeester en gerespekteerde sakeman van Johannesburg, het besluit om The People’s Dialogue (TPD) in ʼn volwaardige politieke party te omskep wat volgende jaar aan die plaaslikeregeringsverkiesing gaan deelneem. Dié organisasie is aanvanklik verlede jaar gestig bloot as ʼn politieke oorlegplatform.

Die gewese DA-leier Mmusi Maimane het intussen óók ʼn organisasie gestig wat bedoel is om politieke partye en burgerregtegroepe onder een sambreel te verenig.

Nadat Mashaba en Maimane die amptelike opposisie die rug toegekeer het, was daar heelwat bespiegeling dat die twee hul politieke lot gaan saamgooi.

Die twee het Donderdag in ʼn gesamentlike verklaring gesê hulle wil verskeie kwessies waaroor daar die afgelope ruk gespekuleer is, opklaar.

“Ons het albei uit die DA bedank nadat ons onafhanklik tot die gevolgtrekking gekom het dat die party nie langer die manier is om Suid-Afrika reg te ruk en ʼn inklusiewe land te bou nie.”

Die TPD is ʼn geregistreerde niewinsgewende organisasie wat hy beskryf as ʼn manier om aan gewone Suid-Afrikaners en burgerregtegroepe ʼn stem te gee in die gedeelde toekoms van die land.

Volgens Mashaba is meer as 13 miljoen Suid-Afrikaners reeds op verskeie sosialemediaplatforms bereik en daar was bykans ʼn miljoen interaksies met mense wat hulle stemme laat hoor het oor die toekoms van die land. Mashaba sê die boodskap van die mense was dat hoewel dialoog belangrik is, moet dit tot optrede en ʼn volhoubare politieke alternatief lei.

Herman Mashaba, oudburgemeester van Johannesburg en nou ook leier van The People’s Dialogue. (Foto: Twitter)

Maimane het sedert sy bedanking uit die DA die Movement for One South Africa op die been gebring. Dit word beskryf as ʼn poging om ʼn breë koalisie van politieke partye en burgerregtegroepe te word wat ʼn gedeelde stel waardes en beginsels het en kan saamwerk.

Maimane sê hy het die afgelope drie maande die land deurkruis, met moontlike bondgenote vergader en gemeenskapsteun gewerf. Hy sê nes Mashaba en ander gewone Suid-Afrikaners is hy gefrustreerd omdat hy meen die huidige politieke stelsel laat mense in die steek.

“Albei inisiatiewe het die gemeenskaplike doel om die land op koers te kry en ʼn Suid-Afrika te bou wat vir ál sy burgers werk.”

Mashaba en Maimane sê hulle sien die twee inisiatiewe nie as mededingend nie, maar eerder as maniere om mekaar te komplementeer. Terwyl Mashaba fokus op die bou van ʼn politiek party wat ʼn duik in volgende jaar se plaaslikeregeringsverkiesing kan maak, wil Maimane bou aan ʼn nasionale beweging wat Suid-Afrikaners kan verenig.

Die twee sê hulle heg albei groot waarde aan die insette van gewone Suid-Afrikaners en die burgerlike samelewing en dat hulle die afgelope paar maande idees uitruil en maniere ondersoek om nouer saam te werk.

Luidens die gesamentlike verklaring is besprekings oor die totstandkoming van die nuwe politieke party nog maar in die beginstadium. Die twee bewegings gaan intussen elkeen voort met hul werk – sonder om met mekaar mee te ding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
ap

Aag asb daar is genoeg politieke partye , meeste beteken niks , net verder n mors van geld korrupte anc sal aan bewind bly

Judge Dredd

…Maimane was die rede hoekom die DA nie meer vir sekere mense werk nie.

Feite

Hierdie menere kon net soos de Lille nie die DA kaap vir hulle agendas nie. Hulle voel nou net soos de Lille verskriklik verontreg en gaan nou poog om stemme weg te lok van die DA. So ry hulle eers op die rug van die DA en wil dan met die DA se kalwers ploeg, elkeen op sy eie mishoop. Wel, sterkte vir die menere, hopelik loop al die DA linkse liberale oor na hulle toe, want die DA sal beter daaraan toe wees sonder mense wat eintlik by die ANC hoort. Hierdie gekamoefleerde rassiste rig in elk geval net… Lees meer »

Jimmy

Indien die party ‘n sentrale posisie in die politiek wil vul is daar hoop.

Stokkies du Toit

Ek dink nasie moet maar by nasie hou. Die gemengde besigheite blyk nie te werk nie…..