Mashaba se nuwe party wil kiesers meer mag gee

Herman Mashaba, stigter van The People’s Dialogue. (Foto: Itumeleng English/ANA)

Herman Mashaba, ʼn voormalige burgemeester van Johannesburg en oud-DA-lid, sê sy nuwe politieke party wil mag terug in gewone burgers se hande plaas.

“Die politieke stelsel is gebreek en werk nie vir mense nie,” het Mashaba, deesdae die leier van The People’s Dialogue (TPD), Maandag gesê.

Mashaba sê die party gaan mense toelaat om te stem vir kandidate wat hulself verkiesbaar stel.

“Tydens ons bekendstelling gaan kiesers die geleentheid kry om by ons te registreer. Kandidate gaan hulself vir politieke ampte in hulle onderskeie gemeenskappe en stede verkiesbaar stel, of die gemeenskap kan hulle daarvoor benoem.”

Volgens hom het hy die afgelope drie maande in gesprekke met gewone Suid-Afrikaners ʼn diepe frustrasie jeens die huidige politieke bestel gesien. Mashaba sê mense is keelvol daarvoor dat kandidate agter geslote deure verkies word en dan op mense as raadslede, burgemeesters, premiers, parlementslede en presidente afgedwing word.

“Die stelsel bedien politieke partye en loopbaan-politici en nie die mense wat vir hulle stem nie. Hoewel ons kiesstelsel ongetwyfeld moet verander, gaan dit ʼn geruime tyd duur,” het Mashaba gesê.

Mashaba se TPD gaan openbare debatte in gemeenskapsale hou sodat kiesers kandidate kan evalueer en deelneem aan ʼn primêre kiesproses om te bepaal wie hulle op ʼn stembrief wil sien. “Dit is die eerste keer dat so iets in Suid-Afrika gebeur,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Magda ·

Hou julle dop TPD – kort n goeie PP wat vir die mense staan en die die eie EK nie. Op die oomblik is daar GEEN party wat daarvoor staan nie.

Simon ·

Mashaba moet by las by dat slegs kiesers wat ekonomies aktief is en inkomste of munisipale belasting betaal, die reg het om te stem. Dan sal daar dalk positiewe vordering gemaak word.

Elméne ·

Simon ek dink dit is briljante idee. Dit sal verhoed dat die hordes wat belieg en bedrieg word kans kry om te stem op grond van leë beloftes wat alredds vir die afgelope 25 jaar aan hulle “opgedis” word -met gratis T-hemde net voor verkiesing!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.