Mashaba se party dagvaar kabinet

Herman Mashaba, leier van ActionSA. (Foto: ANA)

Die politieke party ActionSA gaan regstappe teen onder andere pres. Cyril Ramaphosa, die minister van polisie, die ANC en die regering se veiligheidsgroepering doen rakende die plundery en wetteloosheid wat steeds in Gauteng en KwaZulu-Natal voortduur.

“Suid-Afrika bevind hom in hierdie haglike toestand omdat pres. Ramaphosa en min. Bheki Cele doelbewus versuim het om ons wetstoepassingsowerhede te mobiliseer en te koördineer,” glo Herman Mashaba, leier van ActionSA.

Mashaba voer aan die regering het so lank moontlik stilgebly terwyl plunderaars verwoesting saai. ActionSA wil nou regstappe doen weens die regering se beweerde versuim om op te tree.

“Ons as Suid-Afrikaners se pleidooie om hulp is met stilte begroet totdat die situasie buite beheer was.”

Volgens Mashaba was dit reeds te laat toe Ramaphosa die weermag Maandag na KwaZulu-Natal en Gauteng ontplooi het.

Dít terwyl Ramaphosa, Cele en die res van die uitvoerende gesag volgens Mashaba ʼn wetlike verpligting het om wet en orde te handhaaf.

Ministers binne die regering se veiligheidsgroep het Dinsdag tydens ʼn nuuskonferensie gesê die polisie is nie onkant betrap deur die onluste nie. Min. Ayanda Dlodlo sê die departement van staatsveiligheid het uit die staanspoor intelligensie met die polisie gedeel en dat verskeie voorvalle van geweld daardeur voorkom is. Sy het onder meer verwys na aanvalle wat glo op substasies, die ANC se provinsiale kantoor in KwaZulu-Natal en die Westville-tronk beplan is, maar afgeweer is danksy intelligensie wat vooraf daaroor ingewin is.

“Die masjinerie het oortyd gewerk. Daar was inligting wat ons hier en daar misgekyk het, maar daar was geen skouspelagtige ineenstorting van intelligensie wat beteken het dat die polisie nie kon optree nie,” het Dlodlo volgehou.

Talle winkels is Maandag geplunder terwyl die polisie moes bontstaan om die situasie in bedwang te probeer hou. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Sy sê die situasie het deurlopend verander en dat hulle hul “bes” gedoen het in “baie moeilike omstandighede”.

Mashaba meen egter die regering se optrede was te min, te laat.

“Dit is hul grondwetlike plig om toe te sien dat hulle proaktiewe en redelike stappe doen om die oppergesag van die wet te beskerm en te bewaar. Sodoende verseker hulle die beskerming van ons grondwetlike bestel en die regte van elke Suid-Afrikaner,” het Mashaba gesê.

“Nóg Ramaphosa nóg Cele het ondanks talle geleenthede ʼn werklike rede verskaf vir hul versuim om beslissend en voorkomend op te tree teen die duidelik gekoördineerde misdadigheid.”

Mashaba meen die plundery is beslis polities van aard en hou verband met die faksiegevegte tussen Ramaphosa- en Zuma-ondersteuners in die ANC.

Hy sê sy beplande regsaksie teen die regering gaan die eerste van sy soort in die demokratiese Suid-Afrika wees en sal die ANC finaal tot verantwoording roep vir sy swak regering.

“Ons meen dat daar meer as voldoende regspraak is wat dit ʼn sterk toetssaak maak en ons sal help om die regering verantwoordelik te hou vir sy opsetlike versuim om die regte wetstoepassing en die beskerming van lewens, lewensbestaan ​​en eiendom te verseker.”

Action SA vra nou dat Suid-Afrikaners wat negatief deur die plundery geraak is en hul ervaringe met die party wil deel en sodoende by die regsgeding wil aansluit, hul stories met die party hier deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Manda ·

Die sogenaamde ‘Safety Cluster kan nie eers ‘n teepartytjie organiseer nie, en indien dit waar was dat hulle vooraf kennis gedra het van die chaos, hoekom nie VOOR die tyd optree nie? So you go, Herman!

Tiptol ·

2 400 Soldate vir plundery en verwoesting. 70 000 Soldate vir 2020 inperking regulasies…. Sê alles. Cele doen niks. Dagvaar die hele spul.

Wielspore ·

Die manier waarop die ANC die land bestuur is nou verby, alle goue geleenthede is misbruik tot nadeel van die meerderheid Suid Afrikaners. Dit is nou die tyd vir nuwe leierskap onder ‘n ander politieke party. Herman Mashaba se party ActionSA is die regte resep om ons land weer reg te ruk.
Met die volgende verkiesing sal ek ter wille van meerderheid in die parlement my stem agter ActionSA trek.

zonstar ·

Vat hulle vas, ActionSA! Mense wat nie vir enige intelligensie diens werk nie, kon al verlede Woensdag voorspel dat die oproer op hande was… sonder om in ‘n kristalbal te kyk!
Mens kan nie meer op hierdie regering staatmaak vir enigiets nie.

Cherokee ·

Laat dit vir júlle ‘n les wees, Pieter en John. Staan hom by.

Meinung ·

Dit klink na ‘n goeie idee. Enige tegniek om die ANC-verwoesting te beëindig moet verwelkom word.

Michael ·

Ek verstaan nie dat mense die ANC met Covid en lockdowns 100% glo en vertrou nie, maar met alle ander sake lieg en bedrieg die ANC. Hoe werk dit?

Kokerboom ·

Die ministers kan darem hul mantel na die wind draai en die grootste klomp twak kwytraak. Die kort en lank van die storie is: HUL HET NIE HUL WERK GEDOEN. Hul is ONBEVOEG en die land betaal daarvoor. Ons is skape maar ou skape!!

Elinette ·

Nou ja toe, uiteindelik een wat die moed het om die “untouchable” ANC aan te vat. Nie dat ek veel moed het dat daar uiteindelik iets van gaan kom nie – té veel landdroste, regters, Hooggeregshof-regters en selfs ConCourt regters is op die ANC se “payroll” (en word tog, “afterall” deur die ANC aangestel).

Dup ·

Hulle is almal dieselfde en niks gaan verbeter nie.Terwyl die politici in blink motors rondtoer en toesprake hou op tv,gaan die plundering net voort.Hulle sal nie stop voordat alles vernietig is nie.Ons woon in Afrika……

Steve ·

Vir die eerste keer in jare het ek n party wat ek voor kan stem.

Pieter ·

En so hou die anc sirkus aan en die narre bly vir hulle stem. Welkom in zimbabwe gaan orals in afrika so. Sit met menisters en n oresident was net graad een het.

SomeOne ·

uiteindelik iemand wat bereid is om sy nek uit te steek om die regering aanspreeklik te hou vir hul voete sleep tegniek.
kon nie een van die ander partye dit nie al lankal gedoen het nie, partye is net “partytjies” wat baie geraas maak maar niks van die DAAD doen nie
ek het lankal gesê dat die regering by die wêreld hof aangekla moet word vir hul swak optredes, mense moord, plundering, ens.,
nou is die inenting ook weer vir nog ‘n paar maande agter

Yvonne ·

Die lamlendige verskonings van die regering…..verseker kan dit niks ongedaan maak nie……onbevoeg etc…..

Tanniepetoors ·

Ek stem 100% met Mashaba saam. Die partytjie by Nkandla moes al voorverlede naweek uitmekaar gejaag geword het. Cele en Sitole is altwee onbevoeg en stel al die burgers van SA se lewens in gevaar met hul onvermoë om daadwerklik op te tree teen kriminele elemente wat onder die dekmantel van politieke teenkanting verwoesting saai.

4ntj13 ·

Gmf! Zuma se eks het die Weermag boonop gemobiliseer deur ʼn wet wat op die oog af sommer lyk of dit talle geleenthede skep om hulle te vervolg!
Dus, laasnag is minstens vyf dialise sentrums verwoes in KZN. Dis tyd om die Zuma-clan aan te kla van aanhitsing tot moord. Keer die verwoesters ook vas dat hulle hulself kan uitroei. Mense wat trokke brandsteek, winkels afbrand, en nou ook hospitale, verdien nou om geskiet te word sodat produktiewe burgers kan lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.