Die voormalige Johannesburgse burgemeester Herman Mashaba se nuwe politieke party ActionSA is eindelik as politieke party geregistreer.
Lerato M-Ngobeni, woordvoerder van ActionSA, sê die party het ’n brief van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ontvang wat bevestig dat sy aansoek om as ’n politieke party geregistreer te word, goedgekeur is.
Maroela Media het vroeër berig die OVK wou aanvanklik nie ActionSA as politieke party registreer nie aangesien sy embleem glo soortgelyk was aan dié van ’n ander party. Die kommissie was bekommerd dat die twee embleme kiesers sou verwar.
Ngobeni sê ActionSA se nuwe embleem, wat deur die OVK goedgekeur is, is steeds in ooreenstemming met die embleem wat hy oorspronklik ingedien het.
“Dit was belangrik vir ActionSA aangesien sy identiteit die onderwerp was van ’n nege maande lange proses van openbare betrokkenheid. Die nuwe embleem behou die vorms van die Suid-Afrikaanse vlag met die rigtingpyl wat die vordering van die A vir Action aandui. In werklikheid is die kleure van die embleem eenvoudig na groen verander.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Ag tog, nog ‘n verdomde party. Het ons nie nou al genoeg partye wat niks beteken nie.
Goed vir die EFF, ANC……
Mog ‘n Party nog verdeling van stemme
En wie gee om. Ons het gedink COPE gaan die redders van SA wees en toe…..NIKS!
Nee wat, al hierdie sogename “leiers” wil net genoeg stemme kry om in die parlement kom vir die R1.2 mil pay check.