Mashaba skets donker prentjie oor Jhb-infrastruktuur

Johannesburg. Argieffoto

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Woensdag gesê die Johannesburgse stadsraad, wat deur die DA beheer word, het ʼn “verbysterende” agterstand van dienslewering aan inwoners van die vorige ANC-administrasie geërf.

Mashaba het in ʼn toespraak oor die stand van sake in die stad gesê Johannesburg sit met ongeveer 100 000 slaggate wat spruit uit die R11,8 miljard-agterstand in sy padnetwerk.

“In 2017 het meer as 3 900 km van ons paaie onder die klassifikasie van ʼn swak of baie swak toestand geval. Dit is gelykstaande aan die afstand van ʼn pad wat iemand van Johannesburg tot in Nairobi sal neem,” het hy gesê.

“Dit word nog verder vererger deur ʼn agterstand van R56 miljard in stormwaterdreinering, wat die gevolg is van die toenemende strukturele agteruitgang van ons paaie.”

Mashaba het gesê 78% van die stad se 900 brûe is geklassifiseer as in ʼn swak of baie swak toestand en die stad benodig R6,5 miljard om hierdie probleem aan te spreek.

Johannesburg se elektriese netwerk is ook in ʼn treurige toestand, met meer as 27% van die grootmaat-transformators wat nou verby hul bruikbare lewensduur gebruik word en tussen 48 en 91 jaar oud is.

“Ons elektriese infrastruktuur-agterstand staan op ʼn verbysterende R17 miljard,” het Mashaba gesê. “Dit word ervaar deur ons inwoners wat 170 000 lae spanning-kragonderbrekings in die afgelope finansiële jaar moes verduur.”

Beskikbare data van 2016/2017 toon dat Johannesburg se waternetwerk gebuk gaan onder 45 000 lekplekke per jaar, het Mashaba gesê. Die stad se behuisingslys staan op 152 000 mense, met ʼn behoefte van 300 000 behuisingsgeleenthede wat deur die stad voorsien moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

christa ·

Ja in die ou regering se tyd was die paaie nooit so vervalle nie. Alles het agteruit gegaan met die nuwe regering. Kyk hoe vuil is die strate en oor die algemeen kan jy sien waar hulle in beheer is

Eddie ·

Ja nee christa. In die ou regering kon hulle strukture en paaie bou EN dit onderhou. In die nuwe regering is nog niks konkreets gebou of onderhou wat ek van weet nie. Ou plekke het net nuwe name gekry.

Johann ·

By die ANC ge erf? Is jy seker? Soos ek dit het via die ANC en EFFers en trawante is ALS KOLONisering se skuld? En Jan van Riebeeck. En APARTHEID. En die Tanne muis en Rooikappie. NET NIE die ANC nie… hulle is dan SO suksesvol op plaaslike en Nasionale vlak met hul planne en dade?

Lollie ·

Jammer meneer Mashaba, jy bedoel dit seker goed maar dis net baie snaaks dat hierdie tipe probleme nie daar was in die ”apartheids jare ” nie. Ons kon die pyp rook en alles instand hou. Daar is nou niks van instand hou nie wat nog te sê van uitbrei?!
Hierdie probleem is maar net die begin. So gaan die hele land nog in duie stort! Die nuwe regering kan nie met geld werk nie en beslis ook nie beplan nie. Hulle kan wel goed ‘pocket’! Die swart landsburgers wil witmense en apartheid blameer vir alles maar hulle moet bietjie vra waar gaan al die geld heen! Baie maklik om te sê dat name verander moet word en hulle soek dinge verniet en verwoes wat voorkom MAAR DIT KOS ALLES GELD!!!! Geld vir dit wat belangrik en noodsaaklik is is daar net nooit!
As hulle gedink het dat hulle nou min het, wag en sien ……. hulle gaan op die ou einde niks hê nie. Nie eers om te eet nie! !!!

marous ·

Waarom kyk hulle nie hoeveel geld gevorder was en waar dit gedeponeer is nie? Gaan kyk dan na die uitbetalings ,en indien daar onreelmatighede is , gooi die spul in die tronk en verkoop sommer hul goed van teekoppies tot horlosies om skade te verhaal.

DJ ·

Ek stem Saam. Gaan kyk waar is die geld heen en le beslag op die Bates ….kry dit terug. Gooi die “Geld Skeppers” in die tronk . Dan sal van die herstel gedoen kan word.

jean ·

Lekker om te sien dat daar van andere ook geerf is….nog 5 jaar en ons sal op grondpaaie ry……..

Al ·

Die vorige raad het te veel aan wegneemetes spandeer en belastinggeld gemors.
Ek hoop die kiesers se oë het behoorlik oopgegaan.

linda ·

ons rekeninge het soveel ekstra kostes op, ons bly net betaal….

Cherokee ·

Die anc sal getuig dat dit is as gevolg van apartheid. weet nie hoe hulle dit sal bewoord nie maar hulle sal (probeer om) die massa (te) oortuig dat die blaam voor Johan Anthoniszoon van Riebeeck en/of Hendrik Frensch Verwoerd gelê moet word.

Paul ·

Die vorige regering het nie die ANC destyds met die oorgawe na 1994 ingelig dat paaie en ander infrastruk aan verwering onderhewig is en van tyd tot tyd onderhoud nodig het nie.

Alida ·

Die ANC het in 24 jaar NIKS aan onderhoud gedoen nie nou blameer hulle vir arme Herman. Te dom om te dink maar sal weer ANC stem.

Casper Labuschagne ·

Die verskil tussen die vervalle armlastige dorpie waar ek bly en Johannesburg is nie so groot nie, alhoewel Johannesburg nie naastenby soveel potholies het as wat hier is nie, daar is party strate hier waar die slaggate sekerlik vir die ergste straat in Johannesburg in die skande sal steek.

Maar ek dink wel ons probleme is dalk makliker om reg te maak, dit sal net ‘n paar inwoners en plaasboere met werkers wees en dan is baie dinge weer reggemaak. Die probleem is egter dat die owerhede ons nie wil toelaat om dit reg te maak nie, dit is die munisipale heiligdom wat die inwoners nie mag aanraak nie.

Callie ·

Casper, solank as wat inwoners hul eie geld spandeer om sulke dinge reg te maak sterk jy mos die skuldiges in hul kwaad. Los laat dit vergaan. Magtig is die ANC soveel slimmer as julle. Hulle geniet dit, want op einde van dag roem hulle, hulle het dit gedoen

PLP ·

Dankie Mnr. Mashaba, darm een person wat nie apartheid blameer vir die toestande in JHB nie. Jy het darm die guts om te se dit is die ANC se skuld. Ek haal my hoed vir jou af. Maar nou is dit skouer aan die wiel en maak reg wat jou onbevoegde voorganger nie kon doen nie. Help die om te blameer nie, doen net die werk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.