Mashaba skets donker prentjie oor Jhb-infrastruktuur

Johannesburg. Argieffoto

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Woensdag gesê die Johannesburgse stadsraad, wat deur die DA beheer word, het ʼn “verbysterende” agterstand van dienslewering aan inwoners van die vorige ANC-administrasie geërf.

Mashaba het in ʼn toespraak oor die stand van sake in die stad gesê Johannesburg sit met ongeveer 100 000 slaggate wat spruit uit die R11,8 miljard-agterstand in sy padnetwerk.

“In 2017 het meer as 3 900 km van ons paaie onder die klassifikasie van ʼn swak of baie swak toestand geval. Dit is gelykstaande aan die afstand van ʼn pad wat iemand van Johannesburg tot in Nairobi sal neem,” het hy gesê.

“Dit word nog verder vererger deur ʼn agterstand van R56 miljard in stormwaterdreinering, wat die gevolg is van die toenemende strukturele agteruitgang van ons paaie.”

Mashaba het gesê 78% van die stad se 900 brûe is geklassifiseer as in ʼn swak of baie swak toestand en die stad benodig R6,5 miljard om hierdie probleem aan te spreek.

Johannesburg se elektriese netwerk is ook in ʼn treurige toestand, met meer as 27% van die grootmaat-transformators wat nou verby hul bruikbare lewensduur gebruik word en tussen 48 en 91 jaar oud is.

“Ons elektriese infrastruktuur-agterstand staan op ʼn verbysterende R17 miljard,” het Mashaba gesê. “Dit word ervaar deur ons inwoners wat 170 000 lae spanning-kragonderbrekings in die afgelope finansiële jaar moes verduur.”

Beskikbare data van 2016/2017 toon dat Johannesburg se waternetwerk gebuk gaan onder 45 000 lekplekke per jaar, het Mashaba gesê. Die stad se behuisingslys staan op 152 000 mense, met ʼn behoefte van 300 000 behuisingsgeleenthede wat deur die stad voorsien moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
christa

Ja in die ou regering se tyd was die paaie nooit so vervalle nie. Alles het agteruit gegaan met die nuwe regering. Kyk hoe vuil is die strate en oor die algemeen kan jy sien waar hulle in beheer is

Johann

By die ANC ge erf? Is jy seker? Soos ek dit het via die ANC en EFFers en trawante is ALS KOLONisering se skuld? En Jan van Riebeeck. En APARTHEID. En die Tanne muis en Rooikappie. NET NIE die ANC nie… hulle is dan SO suksesvol op plaaslike en Nasionale vlak met hul planne en dade?

Lollie

Jammer meneer Mashaba, jy bedoel dit seker goed maar dis net baie snaaks dat hierdie tipe probleme nie daar was in die ”apartheids jare ” nie. Ons kon die pyp rook en alles instand hou. Daar is nou niks van instand hou nie wat nog te sê van uitbrei?! Hierdie probleem is maar net die begin. So gaan die hele land nog in duie stort! Die nuwe regering kan nie met geld werk nie en beslis ook nie beplan nie. Hulle kan wel goed ‘pocket’! Die swart landsburgers wil witmense en apartheid blameer vir alles maar hulle moet bietjie vra… Lees meer »

marous

Waarom kyk hulle nie hoeveel geld gevorder was en waar dit gedeponeer is nie? Gaan kyk dan na die uitbetalings ,en indien daar onreelmatighede is , gooi die spul in die tronk en verkoop sommer hul goed van teekoppies tot horlosies om skade te verhaal.

jean

Lekker om te sien dat daar van andere ook geerf is….nog 5 jaar en ons sal op grondpaaie ry……..