Mashaba teleurgesteld in Eskom wat vergadering misloop

Herman Mashaba (Foto: ANA)

Die burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, het Dinsdag Eskom se raad daarvan beskuldig dat lede nie ’n dringende versoek vir ’n vergadering nagekom het om Soweto-inwoners se kommer oor die kragvoorsiener se kredietbeheermaatreëls te bespreek nie.

Eskom het verskeie gebiede, waaronder Soweto, se elektrisiteit afgesny in ’n poging om skuld in te vorder. Hy het ook besluit om nie kragtoevoer in verskeie gebiede wat kragonderbrekings ervaar te herstel nie weens onwettige koppelinge aan die netwerk.

Maroela Media het vroeër berig inwoners van Soweto skuld Eskom nagenoeg R15 miljard in agterstallige dienstegeld.

Gebiede soos Soweto, Ivory Park, Orange Farm en Diepsloot sit al drie maande lank sonder krag waarna betogers verlede week ’n memorandum met eise by Megawattpark, Eskom se hoofkantoor, aan die kragvoorsiener oorhandig het.

Mashaba het ook verlede week ’n dringende vergadering met Eskom se raad aangevra om die kwessie te bespreek. Hoewel hy Maandag ’n “produktiewe vergadering met Eskom se Gautengse beamptes” gehad het, het ’n opvolgvergadering wat vir Dinsdag geskeduleer was, egter nooit plaasgevind nie.

Volgens Mashaba het hy met die uitvoerende hoof van Eskom gesels wat glo nie die erns van die probleem begryp nie.

“Eskom het huidig besluit om nie sy infrastruktuur te onderhou of te herstel in gebiede waar daar hoë vlakke van niebetaling van Eskom-rekeninge is nie,” het die burgemeester verduidelik.

Hy het bygevoeg hoewel die Stad nie gereeld in Eskom se sake wil inmeng nie, moet hy steeds seker maak dat diegene wat wel vir elektrisiteit betaal, elektrisiteit het.

“Hoewel Eskom die reg het om uitgawes van niebetalende kliënte te verhaal, moet dit regverdig gedoen word.”

Volgens Mashaba is dit teleurstellend dat die opvolgvergadering nooit plaasgevind het om die kwessie op te los nie. Hy sal dus aan Eskom skryf om te hoor wanneer die beloofde vergadering wel kan plaasvind.

Indien daar nie op sy versoek gehoor gegee word nie, sal die burgemeester geen ander keuse hê as om by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika aan te klop om die geskil tussen die Stad en Eskom aan te raak nie, het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Loun ·

Siestog……eise oorhandig….
Julle betaal nie, so julle kry nie.

WELKOM ·

Betaal is die wet van Transvaal!!!!!
As jy gebruik, moet jy betaal.
Hoekom moet ander die verbruiker wat nie betaal nie finansier?
Die gebiede wat nie betaal nie, kan uit hulle eie gebiede se fondse nie meer geonderhou word nie
Die Gemeenskappe wat van swak dienslewering kla, moet ‘n slag onder hulle self druk uitoefen en druk uitoefen op die wat nie betaal nie.

DIE ANC WIL NET INMENG WANNEER HY SY EIE BEUEL WIL BLAAS
KRY NOU JOU ONDERSTEUNERS OM ‘N SLAG HULLE SKULD TE BETAAL

MOET NIE ALTYD ALLES WIL LAAT AFSKRYF NIE

John ·

Die DA probeer te hard om hul posisie te behou en doen nou selfs die vroteierdans in Soweto waar die reuk verdwyn in die rommelhope. Die ANC speel met die DA om die kiesers tot hul kant oor te haal. Gee Gauteng terug vir sy mamma; laat sy die vuil doeke omruil… dit is, mind you, haar rebelse baba.

marietjie ·

Jip stem saam ek moet my dienste betaal hoekom nie die ANC ondersteuners nie…☻

wraggies ·

Beide die ANC en hulle ondersteuners is slegte betalers, EFF dieselfde.

Chris Ws ·

Dis hoog tyd dat Escom optree teen gebiede waar wan betaling hoogty vier. Ek moet my krag betaal VOOR ek dit kry so ek het nie ‘n kans om nie my krag te betaal nie en as dit opgebruik is is my krag af.

Betaler ·

Knap gedaan ESKOM. Ons vertrou dat meer instansies in Suid-Afrika julle voorbeeld sal volg. Dit is die enigste wyse waarop ons weer ‘n kompeterende land i.p.v. ‘n Derdewêreldland sal word.

marous ·

Nie lekker om die ware karakter van die karakters van die land te ervaar nie ….

Magda ·

Kry die wat wel betaal jammer, maar die meerderheid betaal nie – so betaal of jy sit sonder krag. Maak seker dat daar geen onwettige aansluitings is nie, rapporteer onwettige aansluitngs om dit te keer en die wat dan wel betaal sal krag he.

GM ·

Ek sal net wil weet hoeveel dié in Soweto betaal, wat wel betaal. Ek het al uit verskeie bronne gehoor dat hul huishulpe R50 betaal vir onbeperkte eenhede krag ‘n maand.

Karlahari ·

In gebiede rondom Pietermaritzburg het die anc kiesers in 1994 gratis elektrisiteit beloof as daar vir hulle gestem word.
Die mense kry nog steeds gratis krag en hulle weier natuurlik om enigsins daarvoor te betaal…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.