Mashaba uitgejou toe hy Alex besoek

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, probeer tevergeefs om die Alexandra-gemeenskap toe te spreek. (Foto: Simphiwe Mbokazi/ANA)

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Maandag tevergeefs probeer om ontevrede Alexandra-inwoners toe te spreek voordat hy uiteindelik moed opgegee en die podium verlaat het.

“Pres. Cyril Ramaphosa het van my verwag om alles net so te los en Alexandra toe te kom, terwyl hy nooit eers Marikana toe was nie,” het Mashaba aan verslaggewers gesê ná sy mislukte poging om die inwoners toe te spreek.

“As die president weet hoe om vinnig op te tree, sou hy opgetree het in Marikana waar mense vermoor is. Die gemeenskap daar het hom gevra om na hulle te luister en hy het nie soontoe gegaan nie, maar hy het die moed om vir my te sê om alles te los en Alexandra toe te gaan,” het ʼn woedende Mashaba gesê. Hy het bygevoeg die saak is ʼn persoonlike kwessie.

Inwoners van Alexandra weier om toe te laat dat Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, hulle toespreek. (Foto: Simphiwe Mbokazi/ANA)

Ramaphosa en Gauteng premier David Makhura het verlede week Alexandra-inwoners gaan toespreek nadat gewelddadige betogings in die gebied uitgebreek het. Ramaphosa het ʼn span ministers gevra om met gemeenskapsleiers te vergader en aan hom terugvoer te gee. Hy het ook die Johannesburgse metro opdrag gegee om in die dorp in te gryp.

Mashaba het Maandagaand probeer om inwoners toe te spreek oor die dienslewering waaroor hulle so ongelukkig is, maar is uitgejou en doodgeskree deur die ontevrede skare.

Die burgemeester was veronderstel om as voorsitter op te tree by die geïntegreerde ontwikkelingsessie wat in die Marlboro-gemeenskapsaal moes plaasvind, maar inwoners het verhoed dat die sessie kan begin. Sommige het gekla dat dié saal gebruik word om Alexandra se probleme te bespreek.

Inwoners van Alexandra weier om toe te laat dat Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, hulle toespreek. (Foto: Simphiwe Mbokazi/ANA)

Die inwoners het geluister toe hul leiers ʼn memorandum met hul griewe, insluitend ʼn gebrek aan dienslewering en onwettige plakkershutte, oorhandig het. Toe Mashaba egter voor die podium gaan staan het die skare, meestal ANC-lede, luid begin sing. Mashaba kon nie ʼn woord uitkry nie en het naderhand die podium verlaat. Sommige inwoners het hom en sy afvaardiging met papier en leë waterbottels bestook.

Die Alexandra-kwessie het in ʼn politieke speelbal verander met die ANC en DA wat oor en weer die skuld vir die probleme op mekaar pak. In die memorandum wat die inwoners oorhandig word, word ook geëis dat politici ophou om vingers na mekaar te wys en eerder aandag te gee aan die probleem.

Mashaba is deur tientalle polisiebeamptes vergesel tydens sy besoek gisteraand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

marous ·

Nou kry sy hoofman die skuld . Bwahahaha , my jaar is gemaak !

Dries du Toit ·

Nes ek voorspel het. Jy het nie baie grysstof nodig om te voorspel wat gaan gebeur as die ANC se onosele kiesers betrokke is nie. Hulle ken net van verwoes afbreek en vernietig. Bakkies vragte buitebande is georganiseerd daar af gelaai. Dit kan hulle organiseer as dit gaan oor vernietig. Dit maak mens siek

fred ·

soms wonder ek hoeveel van hulle werk want daar is altyd tyd om te betoog en ander mense blameer vir hulle situasie….het onlangs n boek gelees oor die 2 de wêreld oorlog…na die einde het al die mense onmiddelik begin met te werk en in n dekade die ganse west-europa weer opgebou….neem voorbeeld aan dit pleks van kla,blameer en te verniel

Zenithia ·

Ek stem sò saam oor die fotos. Sit dags tuis en wag vir SASSA. …VERDER brand en breek ons! Lekker lewe?

Jaco Burger ·

Ek twyfel sterk dat enige iets in SA gaan en sal verander. Die swart volk kon en het nog nooit iets aan hulle probleme gedoen nie. Dit is altyd iemand anders se skuld en probleem. Hulle weet net hoe om af te breuk en blaam te skuif. Soos vanoggend op die nuus, is daar ‘n stelling deur ‘n cANCer minister gemaak dat dit die ou regering se skuld is dat daar korrupsie, diefstal, verkraging ens in SA plaasvind.

Genieve ·

Willie ek stem 100% saam met jou en die meeste is seker buitelanders soek ook n huis

Gallie ·

Almal van hulle is Geldenhuise. Soek net Geld -en -huis. Te sleg om te werk of iets virhulle self te doen. Breek en brand want hulle betaal nie daarvoor nie.

Jean van der Riet ·

In 1989 en 1990 het ons grens geloop in die Army om die wat nie hier hoort uit te hou en ons land se ekonomie en mense eerrste te stel ………… al daai koue aande met n R4 geweer vir niks !!!!!!!!!!!

Jerry ·

Nou weet Mashaba ook hoe dit voel om onwelkom te voel in sy eie land. Fred, het jy al gehoor van “rent a crowd”! Dit is die organiseerders van betogings se werk, niemand “strike” verniet nie! Die hooforganiseerders dien almal in ANC revolusionere strukture en is op botallige poste strukture van SOE’s wie hulle salarisse betaal met belastinggeld! Kyk na die klere, skoene, brille en horlosies wat hulle dra, die karre wat hulle ry en die huise waarin hulle bly. Hulle bly nie in Alex nie, hulle gebruik net die mense in Alex teen betaling en latere kickbacks, wanneer hulle maatskappye gaan inbeweeg met die tenders vir dienslewering, huise bou ens. Hierdie is Afrika, hier verskeur die leeus mekaar lewendig oor n ietsie te ete en n kruisie te trekke!

Andrew ·

In Vryburg kla inwoners oor riool wat al 13 jaar lank deur die strate loop, maar vir 25 jaar al stem hulle daarvoor. Is mos altyd iemand anders se skuld.

willem Botha ·

Die probleem is die onwettige immigrante wat in plakkerskampe bly omrede hulle makliker kan insmelt, hulle ding mee met die suid afrikaanse mense vir hulpbronne en skree dan die hardste ,arresteer en deporteer die verbode immigrante in Alex en helfde die probleem is opgelos.

Jean van der Riet ·

EK dink nou net . Met al die mense wat slegs in 2019 dood is in geweld en proteste is meer as die ” slagting van Sharpville ” saam gesit , maar dis nie meer apartheid nie , so dieslfde protes aksie nou onder die nuwe regering word stilletjies af gemaak as niks . Just my two cents worth …

Johanna ·

Die inwoners van Alex hou glad nie hulle bly areas skoon nie. smyt net neer. nou wil hulle seker he die Burgemeester moet dit gaan skoon maak. ag nee regtig. wat dienslewering betref dit gaan oral dieselfde. daar is nie enige dienslewering nie. Daar waar jy bly, hou dit self skoon.

Skuus ·

n Nuwe beroep: Betogende
Werkgewer: Anc
Hoe lank werk jy daar: Vandat ons begin brand en breek het, tot als vernietig is en o ja goed vuil is.

Bedoel ·

Jy bedoel ANC ondersteuners het geweier dat hy hulle toespreek. Hierdie is so ooglopend duer die ANC beplan. Wonder wat die ANC sal doen as hulle ooit moet verkiesing verloor eendag.

Nettie ·

@Bedoel. Hulle sal nie.

Ek bedoel: die ANC sal NOOIT ‘n verkiesing in SA verloor nie.

Nie omdat hulle getalle-gewys REGTIG wen nie, maar omdat hulle ALTYD die verkiesingsuitslae KOOK. Enige een wat dink dat die OVK REGTIG ONAFHANKLIK, VRY en REGVERDIG is, sal ook glo dat die MAN in die MAAN bestaan en daagliks ‘n RIEL op Sarie Marais dans …..

Johanna Botha ·

Sal nooit met niks tevrede wees nie …dis eintlik n mors van tyd en geld ….dis net sensasie ! Mens kan ook nie n sinvolle gespek het met onredelike mense !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.