Mashaba verklaar ‘oorlog’ teen slaggate

Argieffoto

Die burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, het oorlog verklaar teen slaggate.

Mashaba het gesê hy en beamptes van die stad Johannesburg het Dinsdag Ivory Park en Midrand besoek om die agterstand in die herstel van slaggate te hanteer. “Dit is ʼn projek ter waarde van R88 miljoen,” het Mashaba gesê. “Ons prioritiseer van nou af die herstel van slaggate en die padoppervlak.”

Die stad verskaf die R60 miljoen aan die Johannesburgse Padagentskap (JRA) vir die agterstallige herstel van slaggate, terwyl R28 miljoen verskaf word om die 40%-tekort aan instandhoudingswerkers op te los.

Mashaba het gesê ʼn kontrakteur en bykomende werkers is reeds aangestel. “Herstelspanne werk oortyd om die agterstand in te haal en daar word oor naweke ook gewerk.”

Hy het gesê die stad en die JRA maak werk daarvan om mobiliteit in die stad te verseker deur veilige paaie en infrastruktuur te verskaf.

“Inspeksies sal elke twee jaar gedoen word,” het Mashaba gesê. Volgens ʼn vorige inspeksie is 40% van die stad se paaie in ʼn baie goeie toestand, 15% in ʼn goeie toestand, 14% in ʼn gemiddelde toestand en 15% in ʼn baie swak toestand.

Volgens Mashaba is 37 450 slaggate al tussen April 2015 en Februarie 2017 aangemeld. “32 740 van die slaggate is reeds herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

san ·

Ai wens ek mos nou ook dat iemand in Parys se strate oorlog wil verklaar teen die slaggate.!!!!

Johann van Staden ·

Dit is omtrent tyd! Ek het nou onlangs n slaggat geslaan (eintlik nie eers regtig nie, dit was n gat wat gegrou was om “maintenance” te doen, en die gat is net toe gegooi met sand), en dit het baie skade aan my motor se ratkas gedoen, wat my nou R12,500 kos om te herstel!

marous ·

Asseblief tog . Die beloftes is afgesaag. Limpopo het ook ‘oorlog verklaar” en dit hier en daar met grond toegegooi. Almal kontrakteurs met geen ondervinding nie. Geld weg! Daar is gedeeltes op hoof roetes waar die pad weg is en mense se dood veroorsaak is en dit is steeds dieselfde. Die blaam vir die verval van infrastruktuur sal nooit erken word nie.

Jaco ·

Kaapstad het nie vandat die DA oorgeneem het oornag verbeter nie, sulke dinge vat nogaal tyd, DA is nog nie eens n jaar in bewind in JHB nie. Ons almal weet wie regeer in Limpopo, daar sal niks verbeter nie! Gee dit net tyd oor n paar jaar lyk JHB soos n groter weergawe van Kaapstad, skoon en als wat werk!

Johanna ·

Die land se paaie is in n skokkende toestand. vandag maak hulle n gat reg, volgende week is die gat weer daar. swak werk. gaan kyk bietjie hoe lyk die Vaaldriehoek se paaie. n skreiende skande oral!!!

Bs ·

Hy doen goeie werk! As driekwart van die land soos hy was, sou SA weer n sterk ekonomie en vooruitgang gemaak het.

Chriszelda Steyn ·

ag dis nog niks, kom kyk na oudtshoorn se klomp slaggate.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.