Mashaba voor kommissie gedaag oor inisiasiesterftes

Herman Mashaba (Foto: ANA)

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, is gedaag om voor die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe (CRL) te verskyn wat ondersoek instel na die dood by inisiasieskole rondom die stad.

Die kommissie het verlede jaar begin om inisiasiesterftes in die land te ondersoek.

Verteenwoordigers van Tshwane, Ekurhuleni, Sedibeng en die Wes-Rand het almal verlede maand saam met provinsiale departemente en die polisie met die kommissie vergader. Volgens die kommissie het daar egter nie ʼn enkele verteenwoordiger van Johannesburg opgedaag nie.

“Gedurende die vergadering het die kommissie die onbereidwilligheid opgemerk van die Stad Johannesburg om saam met ander belanghebbendes te werk om kriminele aktiwiteite wat as inisiasies verdoesel word in gebiede soos Orange Farm, Walkerville, Crown Mines en Ennerdale stop te sit,” het die kommissie in ʼn verklaring gesê.

“Die kommissie het gevolglik vir [Mashaba] ooreenkomstig artikel 7 van die Wet op die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe gedaag om voor die kommissie te verskyn.”

Mashaba sal na verwagting vandag voor die kommissie in hul kantoor in Braamfontein verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Judge Dredd ·

Moet julle nie miskien eerder die betrokke inisiasie skole daag om voor julle te verskein?

Frikkie Geld en huis ·

Sou ek ook dink. Wat het die burgemeester met die inwoners se kulture uit te waai ????

velle ·

skuus as ek dom klink. maar kry hy skoolfonds uit die inisiasieskole? so belaglik, kamma christenne wat hulle kinders vir inisiasie stuur. bou n voorvelbrug, kommissie en kom daaroor.

Pop ·

Judge Dredd Ja, en miskien het mnr Mashaba belangriker goed om aandag aan te gee. Hierdie skole moes al lankal op die boeke gesit gewees het as krimineel. Maar dit val mos onder tradisie, so dis ok

Ja nee ·

Ja nee kyk hul doen dit self en dan moet iemand anders met die stok geslaan word. Herman Mashaba staan sterk, dit is maar net pogings om jou appelkar om te gooi. Jy doen goeie werk – verder is dit mos ouers se plig om nie hul kinders in sulke skole te sit nie, dit is ook skole se verantwoordelikheid. Dit is van plig “bucket” oorskuif na ander wat dit gaan soos dit gaan.

Really ·

Neewat hulle sal niks oorkom nie, moet nET NIE DIE K woord gebruik of ‘n ou in ‘n doodskis toemasak nie, jy mag maar sy private parts afsny en hulle mag maar daarvan omkom . solank dit NET NIE WIT IS NIE ~!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.