Mashaba vra parlement se ingryping by onwettige immigrante-krisis

Die Johannesburgse burgemeester, Herman Mashaba, het die parlement gevra om in te gryp in wat hy “die wanfunksionele toestand van die departement van binnelandse sake” noem.

Hy sê die toedrag van sake by die departement het gelei tot die krisis met onwettige immigrante in die stad.

“Amper drie jaar en vyf ministers van binnelandse sake later, probeer ek nog steeds die departement en ministers sover kry om te praat oor die krisis met onwettige immigrante wat Johannesburg in die gesig staar,” het Mashaba gesê.

Mashaba het vantevore al gesê onwettige immigrante plaas groot druk op die stad se begroting. Hy het hulle ook van misdaad beskuldig.

“As ʼn stad word van ons verwag om proaktief te beplan en te begroot vir die voorsiening van basiese dienste aan al ons inwoners. Hoe is ons veronderstel om dit doeltreffend te doen as ons nie weet wie hier woon nie?

“Die stad se gesondheidsdepartement is een van die slagoffers van dié onvermoë om behoorlik te begroot en te beplan.”

Mashaba het gesê Johannesburg steier onder ʼn behuisingstekort van nagenoeg 300 000 eenhede, wat vererger word deur onwettige immigrasie.

Die burgemeester het ook verwys na verlede week se gewelddadige oproer toe honderde winkeleienaars, die meeste van hulle glo buitelanders, die polisie aangeval het toe dié ʼn klopjag wou doen om op vervalste goedere beslag te lê.

“Dit is duidelik dat die departement [van binnelandse sake] sy plig versuim om te verseker dat mense wat die land inkom se inligting verwerk en hulle betyds van die nodige dokumente voorsien word.”

Mashaba het gesê hy het reeds gevra om ʼn voorlegging oor die probleem aan die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake te doen.

“Ek hoop die komitee kan die departement aanspreeklik hou en verseker dat hy sy grondwetlike verpligting nakom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Anoniem ·

Hoe se hulle welcome in africa. Ons land is n groot grap.

honourable member ·

Die immigrante kwessie is lankal buite beheer. Hulle verbeel hulle al die land behoord aan hulle. Hierdie sogenaamde RDP huise behoord alles aan vreemdelinge. Weereens die regering laat dit toe so sterkte as julle dink hierdie chaos gaan ooit uitgesorteer word. Die hele Lesotho trek dan SASSA grants hier agv onwettige id’s.

Koos de Meyer. ·

Die onwettige immigrante slaan die kitaar soos dit vir my lyk en wie dans. Alles te danke aan die ANC.

Zorro ·

Dit lyk vir my of daar wereldwyd in die rigting beweeg word om grense en burgerskap te verslap. Geleerde mense wat ‘n inkomste verdien vind dit steeds moelik om van land te verwissel met vorms, mediese toetse en allerhande vereistes. Aan die ander kant word mense wat tevoet of in ‘n sinkende skip is, wat enige iets eet wat voorkom en wat onbeheersd in getalle groei, voor die voet wereldwyd toegelaat.

Asmain ·

Die situasie is n direkte gevolg van “Menseregte”….van kriminele tot refugees het meer regte as wetsgehoorsame, belasting betalende burgers van n land. Menseregte is n euwel! Daar was meer wet & orde in die samelewing in die dae voor menseregte n buzz woord geword het.

Poot ·

Amper 26 jaar en BAIE ministers later… en julle struggle nòg.

J ·

Maaaar….hoe is ander “Africans” dan onwettig as dit net die blankes is wat nié hier mag wees nie ? :/

John ·

Die AU het dan net onlangs die riglyn vir geen visums goedgekeur. Wat mens wonder, is hoeveel van ons leiers van elders kom. vandaar die groothartigheid. Arme Mashaba ly aan erge stres… Depressie gaan volg. Die ANC erken dat hulle weer beheer oor Gauteng beoog. CR het onlangs nog saamgespeel om die gruwelike skynheilige Alexandra aan te spoor om die DA vir al hul probleme die skuld te gee.

jaco ·

mashaba se versoek sal op dowe ore val, want hy is nie ANC nie. Ek was al geskok oor waste rassitiese name ANC-mense gee vir swart mense wat in ander politieke partye is.

Gert van Wierdapark ·

Mnr die Burgemeester, moenie kom-kommer nie. Hul woed/sal van dokumente voorsien word onder die stoel deur. Onthou daar moet n insentief wees vir diegene wat die “werk” moet doen. Niks is verniet nie, behalwe om te kla en te kerm by binne-land-se sake!He-he-he!

Reine waarheid ·

Ooo Nonnie! Slaan jy nou dié spyker óp die kop.
Die land sal gereinig word van alle gemors daars baie maar dit kom wiel draai al vinniger.
Hou vas staan sterk HY is met syne bly GLO en VERTROU.

Jerry ·

Voel jy magteloos Mashaba, moenie worry nie, jy voel nie alleen nie, alle opposisiepartye en kiesers voel en is soos jy tandelose, magtelose gyselaars, net blaf, maar geen byt nie! Julle voel so omdat julle, toe julle staatskaping nog kon stop, ongelukkig nie wou luister nie. Soos ek altyd se, spyt kom te laat, want nou sit julle met die gebakte pere!

aj ·

Maak skoon soos Robert Mugabe gemaak het in sy ‘Operation Murambatsvina (Move the Rubbish)’ in Zimbabwe.

Span in die Weermag om Johannesburg op te ruim van al die onwettige plakkers smouse, misdadigers ensovoorts.

Dan stem ek weer DA!

Eddy ·

Ou Cyril en ou Mnangagwa het onlangs saamgekuier en toe sê Mnangagwa nog vir ou Cyril dankie dat still(Zim) mense ‘n heenkome kon vind in RSA.maar ou Cyril het nie vir hom vertel van die moles hier nie.Net so het Good luck Jonathan van Nigeria ook hier kom kuier maar ou Zoompie het nie genoem van die Nigeriese dwelmsmouery hier nie.So hierdie leiers will nie die kwessie aanspreek nie

Eddy ·

Ou Cyril en ou Mnangagwa het onlangs saamgekuier en toe sê Mnangagwa nog vir ou Cyril dankie dat sy(Zim) mense ‘n heenkome kon vind in RSA.maar ou Cyril het nie vir hom vertel van die moles hier nie.Net so het Good luck Jonathan van Nigeria ook hier kom kuier maar ou Zoompie het nie genoem van die Nigeriese dwelmsmouery hier nie.So hierdie leiers will nie die kwessie aanspreek nie

Jessica ·

Ok it’s very easy start of in Mayfair, Fordsburg, that’s where all the immigrants are working, no paper’s married African ladies to help them get paper’s but not living with them and sleep around with other nationalities, while the so called false marriage wife lives in the townships, and get the lousy easy R300-00 a month from them, Some girls documentation ( ID NO ) get stolen from someone inside and help Egyptians to marry
these girls to stay in Johannesburg. Start clearing the streets from the EGYPTIANS, PALLESTIANS, JORDANIANS, MORROCONS, ALGERIANS, INDIANS from Bangladesh, pakistani’s.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.