Masipa in onderhoud gekap oor Oscar-uitspraak

Regter Thokozile Masipa. Foto: SAPA

Regter Thokozile Masipa. Foto: SAPA

Die hantering van die Oscar Pistorius-hofsaak was Maandag in die kollig tydens regter Thokozile Masipa se onderhoud vir die pos van regterpresident van Limpopo.

Masipa, tans ʼn regter in die Noord-Gautengse hooggeregshof, is een van sewe senior regters wat vir die pos van regterpresident van Limpopo oorweeg word. Die Limpopo-afdeling van die hooggeregshof sal binnekort op die been gebring word.

Die verhoor, wat tot ná middernag geduur het, het op ʼn slegte voet begin toe Masipa meer vrae oor die Pistorius-saak moes antwoord as oor haar vermoë om die pos te beklee. Haar uitspraak, wat nou deur die staat geappelleer word, is wyd gekritiseer omdat dit as té toegeeflik beskou is in ʼn land waar geweld teen vroue en kinders aan die orde van die dag is.

Masipa het gesê mense wat die Pistorius-saak gevolg het, het klaar vir hulself besluit wat die uitspraak moes wees. Sy het die openbare kritiek as onkunde en ʼn wanbegrip van die hofprosesse afgemaak.

Masipa het gesê sy dink nie dat sy gestigmatiseer word nie, maar dat mense bloot haar besluit gekritiseer het. Sy het ook beklemtoon dat sy al op baie ander sake buiten die Pistorius-saak gewerk het en dat sy in regskringe gerespekteer word.

City Press

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

carel ·

nog altyd gedink sy verstaan hoe die saak teen OP gestel word niemaar nou weet ek sy het nie verstaan nie…

Asjas ·

“Die verhoor wat tot na middernag geduur het …” Is sy nou vir ‘n onderhoud of ‘n verhoor gewees? Ek kan verstaan as dit ‘n verhoor was :-)

Neptunus ·

Goeie vraag, iemand het bietjie deurmekaar geraak so tussen die RDK-onderhoude en die Blade Gunner se verhoor. Toemaar, solank dit net vir Haar Edele soos ‘n verhoor gevoel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.