Masjinis oorval, met mes gesteek

Metrorail. Argieffoto: Henk Kruger/ANA

Donald Grant, die Wes-Kaapse LUR vir vervoer, het Dinsdag die jongste aanval op ʼn Metrorail-masjinis veroordeel wat Maandagaand tussen die Kraaifontein- en Muldersvleistasie plaasgevind het.

Die masjinis is deur drie mans oorrompel, met ʼn mes gesteek en beroof. Volgens mediaberigte het die voorval gebeur toe die trein onklaar geraak en die masjinis uit die kajuit geklim het om ondersoek in te stel.

“Die slagoffer het onmiddellik ná die voorval mediese behandeling ontvang en sterk gelukkig nou by die huis aan. Ons wens hom ʼn spoedige herstel toe,” het Grant gesê.

“Hierdie aanval bevestig net weer die noodsaaklikheid om die veiligheid van die spoornetwerk op te skerp. Dit is tans die fokus van die werk waarmee die spoorwegbestuurtaakspan, waarvan ek die voorsitter is, die Wes-Kaapse minister van vervoer en van openbare werke besig is.”

Die LUR het bygevoeg die spoorwegbestuurtaakspan is op die been gebring weens die Kaapstadse spoorwegberaad wat op 9 Februarie gehou is. Die taakspan bestaan uit verteenwoordigers van verskeie sektore, onder meer die Wes-Kaapse regering, die Stad Kaapstad, die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, Metrorail en die private sektor.

Grant het gesê die taakspan fokus spesifiek daarop om die veiligheid van die spoorwegnetwerk op te skerp deur in die nabye toekoms bykomende veiligheidspersoneel op te lei en te ontplooi. Die taakspan het op 29 Maart vir die eerste keer vergader en daar is bevestig dat finansiering van die provinsiale regering, die Stad Kaapstad en Prasa verskaf sal word.

“Terwyl ons kyk na maniere waarop ons die veiligheid van die spoorwegnetwerk kan opskerp, moes ons ook standpunt inneem teen kriminele elemente wat die bedieners van ons openbare vervoer gyselaar hou. Hierdie elemente is ʼn bedreiging vir die voorsiening van veilige en betroubare openbare vervoer vir die duisende mense wat daagliks daarop staatmaak, en dit is heeltemal onaanvaarbaar,” het Grant gesê.

Hy het gesê die aanval is aanduidend van die gevare wat Metrorail-werknemers in die gesig staar en het ʼn beroep op die polisie gedoen om die skuldiges vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Irene Myburgh ·

Bring terug die “spoorweg polisie” hulle het altyd die stasies beveilig en dit het gewerk.

Skande ·

Die probleem moes al aangespreek geword het na die vorige aanvalle . HOEKOM beveilig julle nie die drywers nie?? Regtig . julle kan aan belaglike goed aandag gee maar nie aan die veiligheid van julle drywers nie??? Oral in die WERELD is daar polisie op die stasies en selfs op treine spring hulle kort kort op en af om seker te maak dat dissipline gehandhaaf word en onskuldige mense nie aangeval word nie ..Hierdie land is in sy maai in .. met treine en al.

Haan ·

Hierdie voorval bevestig net weer die noodsaaklikheid van n vuurwapen, en om vertroud te wees met die gebruik daarvan.

Nita ·

Hierdie klompie berigte vandag op MM is genoeg om my geheel en al te laat wanhoop vir hierdie land. Moord, doodslag, korrupsie!!! Waar gaan dit ooit eindig?

tamboti ·

Dit is bloot die bewys dat die land verval in wetteloosheid en geen respek vir niks en niemand, daar is nie omdraai of verbetering in sig of moontlik onder huidige landsbestel nie. Net die Chinese of ekstremistiese Moslems kan so ‘n land reg ruk. Demokrasie sal vanself verdwyn en anargie sal volg. Dinges gaan ons dinges, erger as met die ou wet van Transvaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.