Masker by begrafnis: Premier erken skuld; betaal boete

Refilwe Mtsweni-Tsipane, premier van Mpumalanga, waar sy sonder ‘n gesigmasker by die begrafnis gesien kan word. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtsweni-Tsipane, het ’n skulderkenning by die polisie afgelê en die toepaslike boete betaal nadat sy sonder ʼn masker by die begrafnis van die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, was.

Dit volg nadat die premier se kantoor aanvanklik gesê het dat haar masker met haar aankoms by die begrafnis in eMalahleni op een of ander manier beskadig was en sy nie daarvan bewus was dat dit geval het nie.

“As ’n openbare figuur moes ek van beter geweet het, veral aangesien ek boonop ’n Covid-19-begrafnis bygewoon het,” sê die premier egter nou.

Maroela Media het vroeër berig ʼn herrie het die naweek losgebars nadat beeldmateriaal van Mtsweni-Tsipane – sonder ʼn gesigmasker by Mthembu se staatsbegrafnis – versprei is. Die ontslape minister se begrafnis is op televisie uitgesaai.

Die premier het Maandagaand in ’n verklaring gesê sy het intussen diep nagedink oor haar “kort oomblik van vergissing”, waaroor sy baie spyt is. Sy het daarom ’n skulderkenning  by die Vosman-polisiestasie in eMalahleni afgelê en die  boete vir die versuim om ’n masker in die openbaar te dra betaal.

Die premier het ook ’n brief aan pres. Cyril Ramaphosa geskryf waarin sy om verskoning vra vir haar gedrag.

“Ek wil weer van die geleentheid gebruik maak om president Cyril Ramaphosa, die adjunkpresident van die republiek, David Mabuza, die Mthembu-familie, die inwoners van Mpumalanga en die res van die land om verskoning te vra.”

Die premier het intussen besluit om vir 14 dae in self-isolasie te gaan en het as ’n teken van haar berou 1 000 maskers aangekoop wat in eMalahleni versprei sal word as deel van die openbare opvoeding- en bewusmakingsveldtog om die ernstige aard van Covid-19 te beklemtoon.

Refilwe Mtsweni-Tsipane het ook haar medelye betuig met die gesinne wat geliefdes weens die Covid-19-pandemie aan die dood afgestaan het en Covid-19-pasiënte ’n spoedige herstel toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Flip ·

Spandeer lekker die belasting betaler se geld. Onthou, ons betaal jou salaris……

Jaco ·

Met haar reusagtige salaris van meer as R2miljoen per jaar, is uitgawe op ‘n boete en op 1000 maskers vir liefdadigheid kleingeld vir haar.

Eiervrug ·

En nou sit sy 14 dae se betaalde “isolasie” verlof in. Lekker man!!!. Since when is self isolasie 14 dae lank??. Ek lag lekker. Hulle werk mekaar en die stelsel deur die ore…..

Wondermaarnet ·

Gewoonte leuenaars die hele spul en net een uit ‘n miljoen betaal ‘n boete of word skuldig bevind.

Juan ·

So beteken dit nou sy het n kriminele rekord soos die res van die C19 mense wat gearresteer was?

Renee ·

Wil graag bevestiging sien van krimenele rekord amper vergeet ek hulle is ontasbaar bedrag is nie eers genoem nie

Anton ·

Het hulle haar gearresteer, in ‘n vangwa gegooi en toegesluit vir die naweek, in die hof laat sit vir drie dae, verhoor en toe die boete opgele? Dis tog wat met gewone mense gebeur en sy word mos oor dieselfde kam geskeer ????

Piet ·

Anton – Regtig, vir nie masker dra nie? Jy kan dadelik die skulderkenningsboete betaal by die polisiestasie en jy moet dan onmiddellik vrygelaat word.

Spekkies ·

Dit sal nie gebeur nie. Sy het dan skuld erken ???????????? en dit verskoon haar van alles skuld

Samuel ·

Natuurlik nie. Die kaders is normaalweg bo die wet verhewe.

Wondermaarnet ·

Nee nog nooit. Kaders beskerm mekaar mos. Ek wonder hoeveel die boete was en of dit regtig uitgereik en betaal is.

Johannes ·

Ek vra ook daai vraag, sal iemand vir onse Generaal Cele daai vraag vra.

Andre ·

Sy is veronderstel om kriminele rekord nou te hê, en moet dus onmiddelike geskors word uit haar posisie, maar dit is mos net op seker mense van toepassing.

KB ·

Oe, maar ons onthou die sambreel vir die reën…!
Ook maar verwaand, nè.

Hannes ·

As jy n ander kleur was sou jy beslis in die tronk gesit het.

Barend ·

Dan kan sy mos ook nie meer Premier wees met die kriminele rekord nie.

Boer ·

“Sy nie daarvan bewus was dat dit geval het nie”. Dan aanvaar sy skuld. Dit is Snert, hier is baie videos wat rond gaan op al die net werke waar die Polisie onmenslik optree en die mense toe sluit of selfs aanrand. Want as Beckie praat dan doen hulle. Net n ou boete ek sal se bring ook maar n nag of twee deur in die tronk net soos al die ander SA burger wat nie masker dra nie. Dit wys jou net daar is wet vir die ANC amptenare en daar is n wet vir die burgers van SA.

Marius ·

As sy n kriminele rekord het na die boete en skulderkenning mag sy mos nou meer in die posissie wees waar sy tans in is nie ???

Piet ·

Hoekom nie? Slegs as parlementslede deur ‘n hof gevonnis word tot gevangenisstraf van langer as 2 jaar sonder keuse van ‘n boete mag hulle nie staan nie. Ek twyfel of die posisie anders sou wees vir provinsiale ministers.

Eragrostis ·

Blykbaar is jou aansien in die ANC hoër hoe meer kriminele rekords jy teen jou het.

Piet ·

Glad nie maar ek moet mense reg help as hulle snert kwytraak anders glo hulle mekaar se snert.

Hennie J ·

Na sy vir ons lieg en dink ons is so stupid om haar te glo, beken sy ewe skielik skuld. Hierdie is n sprekende voorbeeld van die tipe arrogansie wat ons moet verduur van sommige van die anc kaders, in besonder van die brood wat koek geword het. Vir die aanvanklike liegstorie sal sy nooit skuld erken nie en sal g’n haan weer daarna kraai nie.

Andre ·

Die spindokters was weer besig maar ons weet die keiser is kaal. Hoekom dan 14 dae in self-isolasie? Ken die vrou dan nie die protokolle nie? Bevestig net haar onkunde en luiheid!

Genis ·

Dom astrant as jy my vra… Sy moet krimineel aangekla word, dis wat.. Dis by n minister se befragnis, seer sekerlik dra dit water? Sy moet dan dissipliner aangekla word, en haar bevoegtheid hersien word… Soos ons almal weet, ddar is reels vir ons dan is daar reels vir die ANC Elete onbevoegde Kaders…

Marius ·

Net nog ‘n staatsamptenaar met ‘n kriminele Rekord, indien sy nie reeds een het….

Tersia ·

Eintlik was sy baie slim. Nou kan sy nog 14 dae by die huis gaan le en niks doen.

Anel ·

En almal gaan so tekere oor ‘n simpel masker. Wat van al die ernsige misdade, moorde , verkragtings ens wat daagliks gepleeg word?

Zombie ·

As jy die berigte en kommentare aandagtig lees, sal jy moontlik verstaan dat dit nie per se om die dra van ń masker gaan nie. Dit gaan eerder oor die dubbelstandaarde en aanvanklike leuens. Baie sien dus die hantering van die masker-aangeleentheid as ń tipiese voorbeeld van die regerende party se alledaagse optrede.

Aai ·

Boete vir iets wat iemand se lewe kan kos nie aanvaarbaar.Masker sou nie by haar rok pas te Fancy vir dit.

Kosie ·

As jy die Covid wette oortree kry jy n kriminele rekord, wat het van dit geword is sy weer verhewe bo dit

Piet ·

Niks het van enige iets geword nie. Sy het nou ‘n kriminele rekord omdat sy ‘n skulderkenningsboete betaal het. Tevrede?

Die Wolf ·

Wil eers sien? Die boete is dalk in iemand anders se naam.

Spekkies ·

Verskoon my onkunde, self isolasie vir 14dae? Hoekom? Was daar enige iemand daar wat Covid19 onderlede gehad het of positief getoets is? Klink vir my na 14dae se vakansie

Piet ·

Die rassisme le weer vlak onder die dun velletjies van die trompompies wat kommentaar lewer hier.

Elmarie ·

“… Sy het intussen diep nagedink oor haar kort oomblik van vergissing..” ek lag my pap. Haar “kort oomblik” is ‘n hele begrafnisdiens lank nè., en daai klomp kan lank begrafnis hou hoor!

Piet ·

Ek het baie respek vir haar dat sy erken dat sy verkeerd was en die boete betaal het. Baie ander sou dit nie gedoen het nie.

Die Wolf ·

Kan jou waarborg dat die boete nie in haar naam sal wees nie.

Chrisp ·

Lieg eers,word uitgevang (gin mens kan daai verskoning glo nie),se dan dit was verkeerd.
Sy verdien geen respek nie inteendeel haar mede kaders is seker ook verlee omrede sy nie eers goed kan lieg nie.
En dit verdien jou respek?

Eragrostis ·

Hoekom het die polisie nie dieselfde opgetree aan dié wat Bheki Cele op die strande laat arresteer en verkleineer het, nie, self kinders?
Boonop het dié premier eers gelieg voordat sy besef het sy is in ń hoek.

Heinrich ·

En nog steeds gaan die leuens aan: oomblik van vergissing nogal. Daar is toe my Afrikaanse les vir die dag; het nooit geweet ‘vergissing’ beteken toe ‘deur jou tande lieg nie’.

Eragrostis ·

My vraag is steeds,: Hoekom is daar twee stelle reëls in die land? Dit wat vir gewone landsburgers geld, en dit vir die swartes en die ANC geld verskil hemelsbreed. Bheki Cele het, gepantser met TV-kameras, sonder om te skroom mense op strande gaan teister en laat arresteer wat nie aan die regulasies voldoen het nie. Nou wil hy eers ń kommissie van ondersoek instel oor die premier se gedrag en eers die feite kry. Boonop was haar verskoning voldoende vir Bheki. Nou hoekom het hy nie dieselfde opgetree teenoor haar as wat hy teen dié op die strande gedoen het nie? As hy konsekwent is, en bewys hy is nie ń rassis nie, sal hy haar ook ten aanskoue van TV-kameras laat arresteer, sonder om te skroom.

Piet ·

Nie kastig nie, sy het skuld erken en betaal daarvoor. En sy het nou ‘n kriminele rekord. Is jy nou tevrede? Jou stelling dat ander landsburgers met sambokke toegetakel word is ‘n gruwelike veralgemening. Hoeveel kriminele word met sambokke toegetakel?

Persheks Adri ·

Nou wonder ek hoeveel was haar boete mmmmm en wat maak haar so spesiaal om nie soos ons gewone burgers toe te sluit nie gggmmmfff! Laat dit nou ek was dan het ek iets anders beleef, maar nee Adri is mos ‘n gehoorsame burger

AndréS ·

As gangsterhoed en die polisie haar nie aankla nie moet ons maar plan maak en ñ klag indien en kyk of daar iets van gaan kom

Piet ·

Die saak is dan nou reeds afgehandel watse klag wil jy nou indien?

TO ·

Hoe Lekker Lag Ek NOU, syt nie agtergekom masker is af. een hy sit op jou neus, so jy sien hom heel tyd, twee is jy gevoelloos dame dat jy nie voel hy val af. drie is jy blind dat jy hom nie SIEN. Shame jys uutgevang maar so hou jy net aan LIEG, SIES MAN

Simon ·

Ek sal graag die kwitansie en die bedrag wil sien alvorens ek die “skulderkenning” glo. Interessant dat dit eers ‘n wetsoortreding is nadat jy gewaarsku is. Jy kry dus een kans om die wet te oortree.

Persheks Adri ·

Ja hy weet mos alles en vat ons almal persoonlik aan

Adri ·

Is sy gedagvaar en/of gearresteer en toe beboet voordat sy die boete betaal het, of is die “boete” omkoopgeld?

Agge nee ·

Jip, ‘picture this’ Helen Zille daag daar op sonder ‘n masker. Ou hoed sou haar self arresteer het.

Suzette ·

Wat was die boete en waar is die bewys dat dit betaal is…. ek glo geen woord meer waar dit die regering en sy trawante aangaan nie.

Renee ·

Ek is seker Mnr Hoed was ook by die begrafnis maar dit sal n’ geheim bly

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.