Maskers by skole steeds verpligtend

(Argieffoto: Verskaf)

Babelse verwarring het Donderdag geheers oor die kwessie of leerders voortaan steeds maskers in hul klaskamers moet dra.

Dít nadat ʼn verklaring van die departement van gesondheid gelui het dat “kinders by die skool” uitgesluit word van ʼn bepaling dat ʼn gesigmasker steeds gedra moet word wanneer iemand ʼn openbare gebou binnegaan.

Die stelling is deur sommige geïnterpreteer as dat die dra van maskers in klaskamers of binne ander skoolgeboue voortaan laat vaar kan word.

Dis egter nie die geval nie, sê Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU).

“Die SAOU is bewus van verwarring wat ontstaan het na aanleiding van die mediaverklaring deur die minister van gesondheid wat aandui dat dit nie vir leerders verpligtend is nie. Die regsadvies wat SAOU ingewin het, stel dit egter dat die mediaverklaring foutief is en dat die regulasies gevolg moet word, naamlik dat die dra van maskers vir leerders, personeel en besoekers by skole steeds verpligtend is,” sê Klopper.

Die SAOU het ook die departement genader vir verdere duidelikheid, maar Klopper sê daar is nog nie op sy versoek gereageer nie.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van basiese onderwys, het by navraag aan Maroela Media gesê die departement “het nie die regulasies opgestel nie” en dat “geen verwarring heers nie”.

“Ons volstaan by wat in die Staatskoerant afgekondig is,” het Mhlanga gesê. Volgens hom beteken dit ook dat skole nié uitgesluit word nie.

Klopper sê waarvan skole wel uitgesluit is, is die bepaling dat binnenshuise byeenkomste beperk word tot 50% van die kapasiteit (tot ʼn maksimum van 1 000 mense) en dat diegene wat so ʼn byeenkoms bywoon wel ʼn geldige inentingsertifikaat moet hê, of ʼn negatiewe PCR-toets wat nie ouer as 72 uur is nie.

Dieselfde geld vir buitelugbyeenkomste by skole.

“Die dra van maskers by skole deur leerders, onderwyspersoneel en besoekers is steeds verpligtend,” benadruk Klopper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Bernard ·

Net as ons hierdie walglike waansin eerbiedig soos skape.

Mieke ·

Ag liewe aarde!!!! Basta nou met die dra van maskers vir eens en vir altyd!!!

Vanessa ·

Vir my part kan maskers vir altyd gedra word. Ek verkies dit so.

Toy ·

Vanessa dan sal jy later geen weerstand he nie. Nee o genade ons is nie gebore om maskers te dra nie.

Jean ·

Niemand gan jou stop as jy ‘n masker vir altyd wil dra nie, maar maak dit ‘n keuse.

Johann101 ·

Is reg & jou keuse om ‘n masker te dra… maar dit moet nie afgedwing word op ons wat nie meer die masker gaan dra nie…
Ook gaan die masker jou nie verhoed om nogsteeds covid te kry nie…

Marius ·

Dink al die mense met die dik brille en wit jasse regtig dit is veiliger om n masker te dra en jou eie gas die heel tyd in te asem ? Ek vra maar net want dit klink nie vir my goed as jy nie vars lug ook inkry nie.

KatjieDeKat ·

Ek was in my lewe van 57 jaar nog nooit by n dokter wat gedurig elke dag n masker gedra het nie. As jy n chirurg is, dra jy dit gedurende operasies. Waar ek woon dra my dokter nie eens meer n masker in sy ondersoek kamer nie en verwag dit ook nie van pasiente nie.

DieKriek ·

Ag, tog, natuurlik kry jy vars lug in. Die punt is dat jou asem nie so ver trek nie as die volgende persoon wat sosiale afstand hou. Die masker beskerm jou nie want kieme en lug kan nog steeds maklik daardeur gaan. Gaan werk bietjie in n stowwerige plek met jou masker op. Jou neus sal gougou pikswart binne wees. Vra my, ek het n baal gras uitmekaar gehaal so.

Manie ·

Daar hoef geen babelse verwarring te heers indien die regering goed kommunikeer nie, maar tipies soos ons hulle ken, skep hulle ‘n atmosfeer van babelse verwarring op alle terreine.

Johan ·

Interessant dat die Madkermal bende nou stil is. Kom seker ook agter dat dit net n magsvergryp is.

Henri ·

Waansinnig. ‘n Afgewaterde virus se drakoniese maatreëls gaan die oorsaak wees dat ‘n hele aantal mense se immunstelsels erg benadeel gaan word en hulle dus meer vatbaar vir gewone siektes gaan maak. Het iemand ook al opgelet hoe die arme tieners se puisies ook al hoe meer binne die masker area erger is as buite die area wat die masker bedek?

DieKriek ·

As jy jou masker gereeld was of omruil, sal jy nie velprobleme hê nie.

Papsak ·

Nee vra vir dasi idiot van n Phaala dink hy dit is gesond vir ons hy mos slim

johan ·

Ek is elke week by die kinders se sport byeenkomste en NIEMAND het maskers op nie. Nie eers een…. Daar is geen straf of boetes meer verbonde aan maskerlose mense nie. Mense steur hulle doodeenvoudig nie meer daaraan nie

DieKriek ·

Word sport nie buite gespeel nie? Maskers buite is nie meer verpligtend nie.

Johann101 ·

Daar is niks van “verpligtend” om die maskers te dra deur leerders & onderwysers nie…
Stop net om dit te dra, wat gaan teen die mense gedoen word wat nie meer maskers dra nie?…
NIKS NIE… Want dit word deur geen wet ondersteun nie!…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.